Deur : Skriba  /  December 3rd, 2018

VERLOF:

Ds Annelet is met verlof van 10-17 Desember en van 27 Desember  –  06 Januarie .

Ds NJ  is met verlof van 18 Desember  – 06 Januarie

Indien u ‘n Leraar benodig van 27 Desember-06 Januarie skakel asb vir Dr Eddie

Orsmond by 084 580 3013.

 

KERKKANTOOR

Die kerkkantoor sluit 21 Desember en heropen op 07 Januarie 2019.

BELYDENIS 2019

Almal wat in 2019 belydenis van geloof wil aflê , ontmoet vir ds NJ saam met hul ouers in ouderlingsbank net na die oggenddiens.

GLAS MAYONNAISE BOTTELS

Indien u enige glas mayonnaises bottels het wat u nie gebruik nie, kan u dit

enige tyd by die kerkkantoor gaan aflewer.Ons benodig heelwat vir die inlê van vrugte

vir snoekfees te Middelburg

 

OMGEE GROEP SOEK HULP!!!

Daar is tans 25 behoeftige mense in ons gemeente. Ons kort asseblief DRINGEND onbederfbare kos en toiletware, sowel as skoonmaakmiddels,sodat ons die las oor die

feestyd kan verlig.Bring na die kerkkantoor voor of op 7 Desember. Vir navrae, of indien u meer betrokke wil raak by die projek, kontak asseblief vir Helandie Smith (083 548 0757)

of die kerkkantoor.

 

HAM – HUIS MOPANIE BEHOEFTES

Na ‘n oorweldigende reaksie op die Skoendoosprojek, kan diegene wat uitgemis het,

betrokke raak deur die volgende skenkings te maak:

Toiletware vir seuns

Skryfbehoeftes (Pritt, penne, potlode, kryte, skryfboeke, ens)

Sakgeld. Bydraes kan gemaak word deur inbetalings direk aan die kinderhuis.

Merk dit duidelik:  Huis Mopanie sakgeld.

Bankbesonderhede: ABSA bank

Rekeningnaam: Huis Andrew Murray

Reknr : 430560107

Kode: 632005

In die kerk sal daar bokse wees waarin die skryfbehoeftes en toiletware geplaas

kan word. Vir meer inligting kontak Kobus en Ansa Oosthuizen 082 562 3604

 

BEROEPING VAN MEDELERAAR

Die advertensie is geplaas in die kerkbode van 16 November en is ook op ons webwerf.  Lidmate kan ook nominasies indien by die kerkkantoor of by Margaux Reitsma (083 444 1926)  epos

(margaux@ulumahr.co.za) of Pe Marais (078 710 1353) epos (pvemarais@gmail.com) voor 4 Januarie 2019.  Die kerkraad kyk na iemand wat verkieslik kerf 6-8 is (ongeveer 30-34 of jonger) Die preadvieskommissie ontvang die aansoeke en nominasies  en beoog om gedurende  einde

Januarie en Febraurie onderhoude te voer en dan 3 persone aan die kerkraad voorlê te lê waaruit die kerkraad dan een persoon kies/beroep. Die preadvieskommissie is saamgestel uit die Diensteverhoudinge, ou en nuwe Dagbestuur en gekoöpteerde lede. ( Pe Marais(voorsitter), Herman le Roux, Jaco Breedt, Lappies Labuschagne, Roelof Prins ,Pieter du Toit , Ronel van Wyk, Kobus Oosthuizen, DanieTheart, Jannie Fourie, ds Hans Linde, Suzan Wust, Drikus Kotze, Henry

Jonker, NJ van As en Margaux Reitsma

JEUG

 

Gr.4-7 Kuierkamp 7-9 Desember

Die Tekkies en # groep nooi alle Gr.4-7 om saam met hulle te kom kamp op Hermanus 7-9 Desember. Op hierdie Kuierkamp gaan ons tonne pret hê, lekker kuier en sommer net die jaar saam vier. Kostes beloop R250 p/p en almal moet hul eie tent, matras en al die gewone kamp dinge saambring. Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar op Facebook of kontak vir Annelet by 082 337 2161

Kersliedpiekniek 9 Desember 19:00

9 Desember se aanddiens gaan ons heerlik piekniek hou in die vierkant terwyl ons kersliedere sing. Bring gerus jou piekniek, kombers, kampstoel en al jou vriende saam.

Gr 8-11 Chill-Kamp – Te Hermanus op 4-6 Desember.Inskrywings kan verkry word by kerkkantoor en facebook. Kontak Annelet by 082 337 2161 vir verdere inligting.

PA & KIND KAMP TE JAMAKA

Ons het weer pa en kind kamp te Jamaka op 15-17 Februarie 2019. Teken solank die datum aan. Vir navrae kontak vir Wouter Viljoen 0828027209.

 

JEUGBAND VIR MUSIEKBEDIENING

Indien jy ‘n musiekinstrument kan bespeel of wil sing skakel asseblief met Christiaan Schoonbee by 082 567 705

 

KATEGETE BENODIG VIR 2019

Die jeug is die hartklop van ons Gemeente en kategese is die plek waar jong mense bemagtig word om met hulle vriende en families oor God te kan gesels. As die Here dit op jou hart druk kom speel ‘n mentor rol in 2019 in ‘n groep jongmense se lewens. Ons benodig nog kategete vir verskeie jaargroepe. Kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161

 

In die Nuus