Deur : Skriba  /  December 7th, 2018

NB!!!

INDIEN U ‘N LERAAR BENODIG VAN 18-26 DESEMBER SKAKEL ASSEBLIEF VIR

DS ANNELET SLAZUS BY 082 337 2161.

EN VIR DR EDDIE ORSMOND VANAF 27 DESEMBER- 06 JANUARIE BY 084 580 3013  

 

VERLOF:

Ds Annelet is met verlof van 10-17 Desember en van 27 Desember  –  06 Januarie .

Ds NJ  is met verlof van 18 Desember  – 06 Januarie Indien u ‘n Leraar benodig van 27 Desember-06 Januarie skakel asb vir Dr Eddie Orsmond by 084 580 3013.

 

KERKKANTOOR

Die kerkkantoor sluit 21 Desember en heropen weer op 07 Januarie 2019.

 

 

PA & KIND KAMP TE JAMAKA

Ons het weer pa en kind kamp te Jamaka op 15-17 Februarie 2019. Teken solank die datum aan. Vir navrae kontak vir Wouter Viljoen 0828027209.

 

JEUGBAND VIR MUSIEKBEDIENING

Indien jy ‘n musiekinstrument kan bespeel of wil sing skakel asseblief met ChristiaanSchoonbee by 082 567 705

KATEGETE BENODIG VIR 2019

Die jeug is die hartklop van ons Gemeente en kategese is die plek waar jong mensebemagtig word om met hulle vriende en families oor God te kan gesels. As die Here dit op jou hart druk kom speel ‘n mentor rol in 2019 in ‘n groep jongmense se lewens. Ons  benodig nog kategete vir verskeie jaargroepe. Kontak gerus vir Annelet by

082 337 2161

PREEKBEURTE VANAF 23 DESEMBER 2018  – 06 JANUARIE  2019

23 Des : Ds Annelet Slazus
25 Des : Ds Annelet Slazus (Kersdagdiens) 8:00 
30  Des : Ds Hans Linde

31 Des : Dr  Eddie Orsmond  (Middernagdiens) 23:30 (Oos)
6 Jan : Dr Eddie Orsmond
Aand : Dr Eddie Orsmond

 

BEROEPING VAN MEDELERAAR

Die advertensie is geplaas in die kerkbode van 16 November en is ook op ons webwerf.

Lidmate kan ook nominasies indien by die kerkkantoor of by Margaux Reitsma (083 444 1926)  epos (margaux@ulumahr.co.za) of Pe Marais (078 710 1353) epos (pvemarais@gmail.com) voor 4 Januarie 2019.  Die kerkraad kyk na iemand wat verkieslik kerf 6-8 is (ongeveer 30-34 of jonger) Die preadvieskommissie ontvang die aansoeke en nominasies  en beoog om gedurende  eindeJanuarie en Febraurie onderhoude te voer en dan 3 persone aan die kerkraad voorlê te lêwaaruit die kerkraad dan een persoon kies/beroep.

Die Pre-advieskomissie vergader weer op 14 Januarie 2019

 

NG GEMEENTE WELLINGTON–OOS

 VAKATURE : VOLTYDSE MEDELERAAR

 Die NG Gemeente Wellington-Oos stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ‘n vakature bekend vir ’n geskikte aansoeker om as voltydse medeleraar in die gemeente te kom dien.

 Gemeenteprofiel: Die gemeente is geleë in die skilderagtige en vinnig groeiende Bolandse dorp Wellington. Die gemeente is 45 jaar oud en bestaan uit ongeveer 1400 belydende lidmate en 400 dooplidmate. Twee voltydse leraars, bygestaan deur ʼn vastetermyn-leraar(internskap) verantwoordelik vir kinder- en jeugbediening, sien om na die geloofsgemeenskap.  ‘n Sterk familie en missionêre gerigtheid, ondersteun deur die visie en missie, dring lidmate om ‘n verskil in die wêreld te maak. Die gemeente is in ʼn proses van bedieningsvernuwing waar dissipelmakende kleingroepe die kern vorm van geestelike formasie asook missionale betrokkenheid binne die gemeenskap en in die res van die wêreld.

Ons visie: Wellington-Oos is ʼn Geesvervulde gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg.

Ons missie: Om mense aan Jesus te bind, om mense aan mekaar te bind en om onder leiding van die Gees ‘n verskil in die wêreld te maak.

Leraarsprofiel:

Artikel 9 van die kerkorde word beskou as die vertrekpunt vir die taakomskrywing.

Verantwoordbare en aktiewe betrokkenheid binne die gemeenskap om lidmate te begelei tot hul missionale identiteit in die gemeenskap;

Dinamies en vaardig om ‘n gemeente in ‘n tyd van bedieningsvernuwing te lei;

Sterk onderleg in pastorale versorging;

Lidmate toe te rus deur die bevordering van dissipelmakende prosesse;

Ywerig om saam met ander God se koninkryk in Wellington te dien;

Passievol oor Christus, sy kerk en dinamiese woordverkondiging;

Spanspeler wat gemaklik met mense van verskillende ouderdomsgroepe kan omgaan.

Vergoeding: Pakket volgens sinodale aanbeveling. Verkieslik kerf 6-8. Pastorie is beskikbaar.

Aansoeke: U aansoek moet ʼn volledige CV en minstens 3 referente met kontaknommers insluit. Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan: Margaux Reitsma by margaux@ulumahr.co.za

Sluitingsdatum: 4 Januarie 2019

Diensaanvaarding: Verkieslik 1 April 2019

Navrae: Mnr Pé Marais (voorsitter van Pre-advies) – Selnommer 078 710 1353

(Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak uit die beskikbare aansoeke nie.)

 

In die Nuus