Deur : Skriba  /  January 18th, 2019

VERLOF 

Die koster Chris Bester sal met verlof wees vanaf 21 Januarie  –  3 Februarie. Suzanne Fabricius los af is sy plek. Haar kontak nommer is (021) 8641122 / 072 244 3931

WEEK VAN VERNUWING – TEMA: DOEN DIE JESUS-LOOP: LEEF DIE JESUS LEWE

Ons jaarlikse Week van Vernuwing vind plaas vanaf 3-5 Februarie. Die bekende Stephan Joubert sal die byeenkoms waarneem. Teken solank aan en nooi u bure en vriende na die besondere geleentheid op ons jaarkalender. Daar sal ook ’n reeks vir die kinders aangebied word. Dus kan u hulle gerus saambring. Ons vra dat u solank voorbidding sal doen vir die geleentheid.

WATER VIR BEAUFORT-WES
Indien lidmate water wil stuur vir Beaufort-Wes kan u die houers by die kerkkantoor
aflewer.  Suretha Grobler (071 643 3256) kan op 2 Februarie 700 liter saamneem.
 
WYKSBYEENKOMSTE
Ons is op soek na lidmate wat bereid is om wyksbyeenkomste aan te bied.  Ons wil
graag ‘n lys finaliseer en vir wyke beskikbaar stel om byeenkomste aan te bied.
Indien u bereid is, gee asb u naam deur aan die kantoor, leraars of Herman.
 
MUSIEKBEGELEIDINGSGROEP
Christiaan Schoonbie het ‘n besonder passie vir musiek en wil graag ‘n musiekbegeleidingsgroep
van die grond af kry.  Indien jy ‘n instrument kan bespeel of ‘n sangtalent het, skakel
asb vir Christiaan by 082 567 7055.  Kom jong(er) lidmate – kom maak ‘n verskil!

KLEINGROEPE / OMGEEGROEPE / SELGROEPE

Die kerkraad heg groot waarde aan die geestelike groei wat plaasvind in kleingroepe,
selgroepe of omgeegroepe.  Selfs Bybelstudiegroepe.  Lede van hierdie groepe getuig
gereeld van die waarde wat hul put uit hul geesgenote en hoe dit hul bemoedig
en versterk, veral in tye van nood, maar ook in vreugde en blydskap.  Indien jy of jou
gesin betrokke wil raak by so ‘n groep, kontak gerus vir Suzan Wüst – 082 536 0607
of Danie Theart 084 517 2610.  Jy sal nie spyt wees nie.


KOLLEKTEER TYDENS EREDIENSTE

Met die nuwe kerkraadstruktuur is daar nie meer diakens wat tydens eredienste
kollekteer nie.  Ons doen ‘n beroep op lidmate om spontaan te help met die opneem
van bank en deurkollektes.  Die rottangmandjies lê voor op die liturgiese ruimte en elke
mandjie het ‘n kaartjie in waar daar tydens die erediens en by watter deur gekollekteer
word.  Dankie vir jou dienswilligheid.  Selfs die kinders kan kollekteer!!
Neem gerus die mandjie voor die erediens.

In die Nuus