Deur : Skriba  /  January 28th, 2019

 

NUWE INTREKKERS / LIDMATE

Baie welkom aan al die nuwe lidmate en intrekkers. Skryf asb u naam in die nuwe

intrekkersboek in die voorportaal sodat ons u kan besoek. Ons nooi u om saam met die predikante , ander nuwe lidmate en kerkraadslede te kuier in Die Sentrum op 28 Januarie om 19:00

 

DOOPKURSUS

‘n Doopkursus word aangebied op Dinsdagaande om 18:00 vanaf 19 Februarie – 5 Maart in die ou jeuglokaal (lokaal vir peuters) in die binnehof vir voornemende doopouers(ook die wat net swanger is) en wat in die verlede nie die kursus kon bywoon nie.

 

BYBELSKOOL (MOEDER)

Daar is Woensdag 6 Feb 10:00 die oggend en 18:30 die aand ‘n Bybelskool in die

Gemeentesentrum van Moedergemeente. Die Tema : Die boek Daniël. Almal welkom.

 

DISSIPELSKAPKURSUS

Van 14 Februarie gaan ons  Donderdagaande om 19:00 wandel in die Woord n.a.v. tekste wat vir ons meer vertel oor hoe ons Jesus kan volg. Vandaar ons tema:

Volg Jesus

 

BYBELSTUDIE KONSISTORIE

Ons is ‘n klein groupie gelowiges wat dit geniet om die Bybel te bestudeer. Tans is ons besig met die  boek Daniël. Ons nooi ander gelowiges om  Dinsdae oggende 7:30—8:30 by ons aan te sluit. Almal is welkom. Ons leier is Dr Eddie Orsmond.

WATTSAPP VANUIT DIE KERK

Om die kerkkantoor te help om meer effektief en ekonomies met die hele gemeente en met groepe te kommunikeer moet u asb die kerkkantoor se selnr op u foon laai

selnr..066 301 2011 Ons gaan broadcast groepe stig. Dit beteken dat die kantoor vir almal die boodskap stuur, maar as jy reageer ontvang net die kantoor die boodskap en nie die ander lede nie.

 

SCHREDDER

Die kantoor s’n het gebreek. Indien u dalk een het wat in onbruik is ,skakel  asb die kerkkantoor.(021) 873 2690

 

NAGMAAL

Die kwartaal se Nagmaal is vandag , 10 Maart is ‘n drukkersfout. Aswoensdag is op 6 Maart en nie op 13 Februarie nie. Op 24 Februarie is daar ‘n Aandnagmaal as deel van die Getuienisnaweek.

 

BELYDENISKAMP 8-10 FEBRUARIE

Ons vetrek Vrydag 16:00 van die Sentrum na Beaverlac .

 

 

TOERUSTING VIR DIENS EN GETUIENIS

Vanaf 1-3 Maart bied die gemeente verskillende toerustingsgeleenthede aan om lidmate te ondersteun in hulle diens en getuienis in die gemeente en die gemeenskap. Boekmerk die naweek en skryf in vir een van die kursusse deur jou besonderhede aan te bring op die lyste in die voorportaal of in die kerkkantoor.

Toegerus vir diens! Opsomming van kursusse

Lukas 10 Tranformasie (L10T)

Doel en uitkomste

L-10-T wat gebaseer is op die opdrag en riglyne van Jesus aan die 72 dissipels in Lukas 10 gegee het, help gelowiges om uitdrukking aan die dieselfde opdrag en riglyne te gee in die konteks waar gelowiges vandag woon en werk.

Kursusgangers sal na die kursus ’n beter begrip hê hoe om op ’n natuurlike en spontane wyse ander mense te seën en die evangelie met hulle te deel in die gang van hulle gewone lewe. L10T help dissipels van Jesus om ’n lewenstyl aan te leer wat hulle lewens “goeie nuus” vir ander mense maak.

Inhoud

Die kursus gee hoofsaaklik aandag aan die volgende sake:

  • Die aanbieding van God se vrede en seën aan alle mense.
  • Verhoudings met nie-Christene
  • Identifiseer behoeftes van mense en raak betrokke
  • Bid vir mense en deel die evangelie op ’n spontane wyse

 

Opset en kursusprogram

Die kursus word oor drie dae aangebied. ’n Handleiding word voorsien en enkele praktiese oefening vind tydens die opleiding plaas.

 

Vrydagaand 1 Maart: 19:00-21:00

Saterdagoggend 2 Maart: 08:30-12:30

Sondag 3 Maart: 17:30-20:00

 

Aanbieder: Francois Griebehouw. Francois is ’n gereelde aanbieder van L10T

Koste:  R 65 per persoon (Handleiding en verversings).

Empower to Influence (ETI) Kursus in Engels

 

Purpose and outcomes

The Empowered to Influence (ETI) course is for all believers but is especially helpful for those in the marketplace.  It is designed to redefine the way believers think about work, worship and the Kingdom of God.  It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.

Nature and program of course

It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.

Friday 1 March: 1900-2100

 

Saturday 2 March: 08:30-10:30

                                11:00-13:00

 

Sunday 3 March:   17:30-19:30

 

Presenter: R van Velden

Cost: R 120

Luistersiklus en Wandel in die Woord

Doel en uitkomste

Wandel in die Woord  is ’n bybelstudie metode wat die deelnemers in groepverband help om self die waarhede in die Skrif te ontdek en toe te pas sonder die leiding van iemand met baie Skrifkennis en geloofservaring. Die metode kan gebruik word met nuwe Christene en volwasse Christene wat bepaalde onderwerpe of gedeeltes in die Bybel wil bestudeer.

Opset en program

Twee sessies waar die aard van die metodiek verduidelik word en die metode prakties ingeoefen word.

 

Saterdag 2 Maart: 08:30-1030

                               11:00-12:30

 

Aanbieder: Ds. Pierre Goosen

Koste: R 30

 

KLEINGROEPE / OMGEEGROEPE / SELGROEPE

Die kerkraad heg groot waarde aan die geestelike groei wat plaasvind in kleingroepe,
selgroepe of omgeegroepe.  Selfs Bybelstudiegroepe.  Lede van hierdie groepe getuig
gereeld van die waarde wat hul put uit hul geesgenote en hoe dit hul bemoedig
en versterk, veral in tye van nood, maar ook in vreugde en blydskap.  Indien jy of jou
gesin betrokke wil raak by so ‘n groep, kontak gerus vir Suzan Wüst – 082 536 0607
of Danie Theart 084 517 2610.  Jy sal nie spyt wees nie.

KOLLEKTEER TYDENS EREDIENSTE

Met die nuwe kerkraadstruktuur is daar nie meer diakens wat tydens eredienste
kollekteer nie.  Ons doen ‘n beroep op lidmate om spontaan te help met die opneem
van bank en deurkollektes.  Die rottangmandjies lê voor op die liturgiese ruimte en elke
mandjie het ‘n kaartjie in waar daar tydens die erediens en by watter deur gekollekteer
word.  Dankie vir jou dienswilligheid.  Selfs die kinders kan kollekteer!!
Neem gerus die mandjie voor die erediens.
WATER VIR BEAUFORT-WES
Indien lidmate water wil stuur vir Beaufort-Wes kan u die houers by die kerkkantoor
aflewer.  Suretha Grobler (071 643 3256) kan op 2 Februarie 700 liter saamneem.Indien u ‘n

Donasie wi gee vir water na Beafort-Wes, kan u dit by die kerkkantoor doen. Baie dankie vir die

Water wat reeds ontvang is.

WYKSBYEENKOMSTE
Ons is op soek na lidmate wat bereid is om wyksbyeenkomste aan te bied.  Ons wil
graag ‘n lys finaliseer en vir wyke beskikbaar stel om byeenkomste aan te bied.
Indien u bereid is, gee asb u naam deur aan die kantoor, leraars of Herman.
 
MUSIEKGROEP
Christiaan Schoonbie het ‘n besonder passie vir musiek en wil graag ‘n musiekbegeleidingsgroep
van die grond af kry.  Indien jy ‘n instrument kan bespeel of ‘n sangtalent het, skakel
asb vir Christiaan by 082 567 7055.  Kom jong(er) lidmate – kom maak ‘n verskil!

 

WEEK VAN VERNUWING – TEMA: DOEN DIE JESUS-LOOP: LEEF DIE JESUS LEWE

Sondag 9:00 en Sondag – Dinsdagaand 19:00 lei Stephan Joubert die Week van Vernuwing. Die aande bied ds Annelet ‘n reeks aan vir ons kinders (gr 1-6) . Woensdagoggend 6:00 praat hy met die sakemanne in die Wimpy.

 

In die Nuus