Deur : Skriba  /  February 8th, 2019

 

WYKSBYEENKOMSTE
Dinsdag 19 Februarie is daar wyksbyeenkomste in alle wyke. U wyksverteenwoor-

diger of Vat 5’er sal u in kennis stel waar en wanneer u wyksbyeenkoms plaasvind.

 

VROUEKUIERAAND DONDERDAG 21 FEBRUARIE

Kom kuier en geniet die aand saam met Stories van Hoop  onder die groot boom by Bovlei kelder om 19:00. Indien moontlik, bring asb ‘n toiletpapierrol vir Ma’s vir Wellington of ’n koevertjie vir die Droogtehulpfonds.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE!!!!

DAAR WAG VIR ELKEEN ‘N VERASSING!!!

 

 

WELLINGTON-OOS GEMEENTE ETE !!!!!

GEEN WEGNEEM ETES

KAARTJIES TE KOOP SONDAG NA EREDIENS IN DIE SENTRUM. KAARTJIES KAN OOK GEDURENDE DIE WEEK BY KERKKANTOOR GEKOOP WORD. DIT GAAN ‘N HEERLIKE AAND VAN SAAMKUIER EN GESELS WEES. MOET DIT NIE MISLOOP NIE!!!!

Datum: 22 Februarie 2019

Tyd:19:00

Spyskaart:

1. Broodtafel met vars gebakte brode en konfyt

2. Slaaibuffet met ‘n groot verskeidenheid slaaie

3. 2x Sosaties

4. Ietsie Soets!!!!!

 

DOOPKURSUS

Beplan julle om binne die volgende 6 maande te doop? Het julle onlangs gedoop en nog nie die doopkursus bygewoon nie? Kom sluit aan by die groep Dinsdag 19 Februarie 18:00 in die Jeuglokaal.

 

MAANDELIKSE DANKOFFER

Indien u nie by wyse van aftrekorder/debietorder/elektroniese oorplasing bydra nie en graag in kontant u bydrae wil maak en daar nie ‘n Vat 5er u bydrae ontvang het nie, wil ons u tog vra om u bydrae saam te bring kerk toe of by die kantoor in te betaal. Indien u ‘n kontantbydrae maak , moet daar ‘n kwitansie aan u uitgereik word. Indien u ‘n behoefte het dat iemand van die gemeente u moet besoek , laat weet asb die kerkkantoor.

 

SMARTSTART

Tydens die gemeente ete op Vrydag, 22 Februarie  gaan ‘n aantal Smartstarters die

geleentheid bywoon. Indien enige lidmaat ‘n Smartstarter se etekaartjie van R100 wil borg, kan u die kerkantoor skakel of hul klubleier Eureka Smit by 084 461 4028

OMGEE GROEP KORT DRINGEND HULP

Daar is tans 21 behoeftige mense in ons gemeente.

Ons kort asseblief DRINGEND onbederfbare kos en toiletware, sowel as skoonmaakmiddels, sodat ons die las kan verlig.  Wat kan ek skenk:

Blikkies kos, pap, bokse melk, pasta, rys, 2min noodles, konfyt, grondboontjie botter, Bovril, koffie, tee, suiker, meel, olie, opwasmiddel, handy andy, toilet papier, deodorant, sjampoo, ENIGE iets wat onbederfbaar is sal ons kan gebruik. Daar is 9 kinders… koekies, chippies, sweeties….

Bring na die kerkkantoor of kontak Helandie 083 548 0757

 

MAYONNAISE BOTTELS

Ons is nog opsoek na leë glas Mayonnaise flesse. Indien u enige het wat u nie gebruik nie kan u dit gerus by die kerkkantoor aflewer. Ons waardeer dit opreg.

KURSUSSE

3 Kursusse vind gelyklopend plaas op die naweek van 1-3 Maart

  1. LT 10 ; Hoe kan ek  tot seën en vrede wees vir ander wees
  2. Hoe kan ek ‘n invloed hê  op die wêreld om my(Empower to Influence)
  3. Wandel in die Woord – Hoe om die Bybel sinvol saam met ander te lees

    Vir meer inligting sien ons webwerf by NG Kerk Wellington-Oos

SENIOR KAPPERJOLLE

Ons nooi al ons Seniors hartlik uit na ons “valentine brunch” op Donderdag 14 Februarie om 10:30 in ons kerksaal. Indien jy nog nie ‘n skriftelike uit-nodiging ontvang het nie en jy wil graag kom kontak vir Hetta Cloete by

082 717 3062 / (021) 873 3158

 

DRIES VOLSCHENK MADAGASKAR

  1. Dries en Marlee Volschenk kom besoek ons op 10 Maart en hy preek die oggend. Indien

iemand hul wil nooi vir middagete, kan jul net met NJ skakel.

  1. Besoek aan Dries Volshenck in Madagaskar

Dries Volschenk, ons sendling in Madagaskar, besoek ons gemeente weer op 10 Maart. Ons ondersoek die moontlikheid om hulle later n die jaar te besoek.  Dit sal baie waarskynlik n klein spannetjie wees van nie meer as 3-4 persone nie. Indien jy sou belangstel om deel van so n span te wees, kontak vir R van Velden: 0828574368. Die moontlikheid van so n besoek sal op 10 Maart verder met Dries bespreek word.

TOERUSTING VIR DIENS EN GETUIENIS

Vanaf 1-3 Maart bied die gemeente verskillende toerustingsgeleenthede aan om lidmate te ondersteun in hulle diens en getuienis in die gemeente en die gemeenskap. Boekmerk die naweek en skryf in vir een van die kursusse deur jou besonderhede aan te bring op die lyste in die voorportaal of in die kerkkantoor.

Toegerus vir diens! Opsomming van kursusse

Lukas 10 Tranformasie (L10T)

Doel en uitkomste

L-10-T wat gebaseer is op die opdrag en riglyne van Jesus aan die 72 dissipels in Lukas 10 gegee het, help gelowiges om uitdrukking aan die dieselfde opdrag en riglyne te gee in die konteks waar gelowiges vandag woon en werk.

Kursusgangers sal na die kursus ’n beter begrip hê hoe om op ’n natuurlike en spontane wyse ander mense te seën en die evangelie met hulle te deel in die gang van hulle gewone lewe. L10T help dissipels van Jesus om ’n lewenstyl aan te leer wat hulle lewens “goeie nuus” vir ander mense maak.

Inhoud

Die kursus gee hoofsaaklik aandag aan die volgende sake:

  • Die aanbieding van God se vrede en seën aan alle mense.
  • Verhoudings met nie-Christene
  • Identifiseer behoeftes van mense en raak betrokke
  • Bid vir mense en deel die evangelie op ’n spontane wyse

Opset en kursusprogram

Die kursus word oor drie dae aangebied. ’n Handleiding word voorsien en enkele

praktiese oefening vind tydens die opleiding plaas.

Vrydagaand 1 Maart: 19:00-21:00

Saterdagoggend 2 Maart: 08:30-12:30

Sondag 3 Maart: 17:30-20:00

Aanbieder: Francois Griebehouw. Francois is ’n gereelde aanbieder van L10T

Koste:  R 65 per persoon (Handleiding en verversings).

Empower to Influence (ETI) Kursus in Engels

Purpose and outcomes

The Empowered to Influence (ETI) course is for all believers but is especially helpful for those in the marketplace.  It is designed to redefine the way believers think about work, worship and the Kingdom of God.  It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.

Nature and program of course

It is a four-session facilitated course using videos by Singaporean businessman, Mr. Ken Chua, who speaks on seven paradigm shifts to impact as salt and light in our places of influence, such as our workplaces and communities.

Friday 1 March: 1900-2100

 

Saturday 2 March: 08:30-10:30

                                11:00-13:00

 

Sunday 3 March:   17:30-19:30

Presenter: R van Velden

Cost: R 120

Luistersiklus en Wandel in die Woord

Doel en uitkomste

Wandel in die Woord  is ’n bybelstudie metode wat die deelnemers in groepverband help om self die waarhede in die Skrif te ontdek en toe te pas sonder die leiding van iemand met baie Skrifkennis en geloofservaring. Die metode kan gebruik word met nuwe Christene en volwasse Christene wat bepaalde onderwerpe of gedeeltes in die Bybel wil bestudeer.

Opset en program

Twee sessies waar die aard van die metodiek verduidelik word en die metode prakties ingeoefen word.

Saterdag 2 Maart: 08:30-1030

                               11:00-12:30

Aanbieder: Ds. Pierre Goosen

Koste: R 30

In die Nuus