Deur : Skriba  /  March 8th, 2019

VERLOF

Ds NJ van As is met verlof vanaf 21-28 Maart 2019

Ds Annelet Slazus is met verlof vanaf 16-20 Maart 2019

 

SONDAE EREDIENS TYE

Let asseblief daarop dat  Sondae se eredienste vanaf 7 April  in die oggende 9:30 begin.

 

LERAARSBIDUUR

Die Leraarsbidure op Dinsdagaande vind nou in die konsistorie plaas. Al die wyke wat op die kalender aangedui word, kom daar bymekaar.

 

OMGEE GROEP BEJAARDES

Daar is tans behoefte by Silwerkruin vir 6 “omgee kinders” vir bejaarde mense wat werklik baie eensaam is. Daar is 4 Afrikaanse tannies, 1 oom, en 1 Nederlandse

tannie. Die behoefte is nie  finansieël nie, maar vir aandag en tyd.  Dalk ‘n weekliikse kuiertjie, nou en dan uitneem vir teetjies, of ‘n uitstappie, net wat Jesus op jou hart sit om te doen. Indien jy belangstel, kontak asseblief vir Chantelle by 072 437 9758

 

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel

Danie Theart 084 517 2610.

 

JEUG

#Imagine 29-31 Maart Bredasdorp

Kan julle dit voel? Die #imagine brander is op ons, en hierdie jaar gaan ons dit vang met groot gees. 4 Feeste oor Suid-Afrika, 10 000 jong mense met ‘n hart wat Jesus wil volg, is jy ook deel van hierdie groep wat ‘n verskil wil maak in Suid-Afrika? Kom sluit aan by die samekoms van duisende Suid-Afrikaanse tieners vir ‘n naweek van lofprysing, lewensverrykende toerusting, en die opbou van ’n beter Suid-Afrika vir almal!

Enige iemand van enige gemeente is welkom. Kostes is R450 p/p. Dit sluit kos en toegang in. Bring jou tent saam of deel met vriende.

#Imagine is ook nie net ‘n beweging vir jonger mense nie, maar ‘n beweging wat fokus om die hele gemeente in te sluit en saam die pad te laat stap. Vir elke 10 tieners wat gaan, moet daar een groepleier, ouer as 18, saam gaan. Volwassenes kan inskakel as groepsleiers, vrywilligers of omgeespan. Kostes is R450 p/p.

Kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161 as jy wil saam kom, of as die Here dit op jou hart druk om iemand vir hierdie fees te borg.

 

  LIG TYDSKRIF

In LiG se April-uitgawe inspireer Lindie Strydom ons met haar

lewensblyheid en deursettingsvermoë. Ons gesels met Reynardt

Hugo van Binnelanders wie se lewe ‘n totaal nuwe rigting ingeslaan het.

Gewone mense vertel hul besielende stories: Eens oorgewig en moedeloos, nou inspireer sy draf-draf. En ‘n 19-jarige vertel hoe sy arm kinders leer droom.

Ons gee raad as jou maat aan dobbel verslaaf is. En as ‘n groot geheim dreig om jou huwelik te verwoes.

Kry raad oor beroepsvoorligting, en hoe om dit te hanteer as jou kind foute maak.

 

PASSIESPEL 11-14 APRIL 2019

NG Gemeente Suider-Strand – Alex pienaarstraat, Strand

Toegang: Gratis (Offergawes sal opgeneem word)

Tyd: 18:30 vir 19:00

Bespreek jou sitplek by 021 854 5076

In die Nuus