Deur : Skriba  /  March 15th, 2019

VERLOF

Ds NJ van As is met verlof vanaf 21-28 Maart 2019

Ds Annelet Slazus is met verlof vanaf 16-20 Maart 2019

 

SONDAE EREDIENS TYE

Let asseblief daarop dat  Sondae se eredienste vanaf 7 April  in die oggende 9:30 sal begin.

 

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel

Danie Theart 084 517 2610.

 

MAKHATHINI VENNOOTSKAPSVERGADERING

Ons gemeente is deel van n vennootskap van gemeentes wat betrokke is by die Makhathini gemeente in Kwa-Zulu Natal. Die volgende Makhathini Vennootskapsvergadering is op 30 Maart 2019 te NGK Mosselbaai-Suid. Die program begin om 09:00 en eindig om 14:30

Ons benodig lidmate wat ons gemeente by die vergadering kan verteenwoordig. Indien enige iemand beskikbaar is, kontak asb. vir Ryk van Velden: 0828574368

 

  VROUEBEDIENING WES-KAAPLAND

Ons Sinodale Byeenkoms vir Vrouelidmate vind plaas op 10 April 2019, by Eensgezind, net buite Durbanville. Ons nooi alle Vrouelidmate om hierdie dag saam met ons te geniet. Ons begin om 9h00 (registrasie van 8h15) tot 13h00 (Koste R150 per persoon) Dit sluit ontbyt in. Die Taakspan Vrouebediening fokus op vroue se geloofsreis en sien uit daarna dat ons vir ‘n wyle saam reis. Ons wil julle aanmoedig om vroue te nooi en sommer ‘n motor vol te maak en die dag saam met ons deur te bring. Inskrywingsvorms en  is bekikbaar by u kerkkantoor.

RSVP voor of op 2 April 2019

Die taakspan: Vrouebediening Wes-Kaapland

 

BEROEPINGSVERGADERING

Die kerkraad vergader DV Woensdag 3 April om 19:00 om ‘n medeleraar vir Wellington – Oos te beroep. U voorbidding  word waardeer.

 

STAP VIR BYBELS

Baie dankie vir almal se bydraes, ondersteuning en saamstap. R11 000 is ingesamel vir Bybelverspreiding.

 

IMAGINE KAMP

Die naweek van 29-31 Maart is dii Annelet en NJ beide by Imagine op Bredasdorp.

 

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE           

Die Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sendelinge) ontmoet weer op Sondag 17 Maart om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Dringende en vars gebedsonderwerpe sal beskikbaar wees. Daar is nog voorbidders nodig. Bring jou eie gebedsonderwerpe saam. Vir enige navrae, bel ds Attie van Wijk, 082 557 9796.

 

IMAGINE

Ons kort ook 4 tente en 12 kamp matrasse om te leen vir die fees. As enige iemand bereid is om vir ons te leen, kan julle gerus vir Annelet kontak of by die kerkkantoor aflaai.

As enige volwassenes en tieners nog wil inskryf…Daar is nog tyd! Inskrywings sluit 21 Maart 2019. Indien jy as tiener wil saam gaan, maar dit nie kan bekostig nie, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161. Inskrywings is beskikbaar op Facebook of by die Kerkkantoor.

Ons kort ook nog 3 volwassenes om te dien op die Omgee Span wat verantwoordelik is vir die omgee en pastorale versorging van die tieners op die fees. Kom maak so ‘n verskil in die tieners se lewens.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Aan al die Vriende/vriendinne

Maartmaand is die begin van die mooiste seisoen herfs …. En so het ons ook iemand wat die inleiding van die koue maande vir ons sommer warm gaan praat oor ’n baie relevante en

insiggewende onderwerp :

HOEKOM IS JY WAAR JY IS EN WAT IS DIE OPLOSSING…

MY STORIE IN DIE STOFPAD

Karin Coetzee

Karin is ‘n gekwalifiseerde:

“Negative Emotional Therapy Practitioner”, “NLP Practitioner” en sy gee ‘n paar ge-dagtes solank aan ons om te oordink :

Wanneer depressie begin? Hoekom die interne dialoog verander? Hoe word gedagtes ontleed? Waarom is stilword so belangrik? Watter waar-borg het ek?

In Jeanne Els se boek oor Depressie : Ligdans skryf Ruda Landman die voorwoord o.a. “…as ons almal net makliker, sonder vooroordeel of stigma, oor depressie kon praat ….. En mense is nie net skaam daarom te sê nie, hulle is bang ook—dis soos “kanker” ‘n paar dekades gelede, so erg, so ‘n onverstaanbare en vrees-aanjaende diagnose, dat ‘n mens dit nie by die naam wou noem nie.

DATUM:

19 Maart 2019

19 h 15

MARTHA ZAAL

Moedergemeente

WELLINGTON

Jan van Riebeeckstr, Wellington

Gryp hierdie geleentheid aan om jouself of iemand na aan jou met ‘n uur se opbouende gesprek met ‘n deskundige te verryk en toe te rus vir een van die uitdagings in ons lewe vandag

IMAGINE

Gedink jy is te oud om saam te gaan?

Dink weer!!!! Kom saam as groepleier, vrywilliger of deel vna die Omgee Span. Ons kort veral mense om te dien op die Omgee Span

Borg ‘n tank petrol/of ‘n tiener

Kan jy nie die naweek saam gaan nie? Gee iemand anders wel die geleentheid. Inbetalings kan in die gemeente rekening betaal word met die verwysing #imagine

Leen ‘n tent en kamp matrasse

Tydens die fees, kamp almal in tente. Ons kort egter ‘n paar tente en kamp matrasse vir ons tieners. Kontak gerus vir Annelet as jy vir ons kan leen of laai dit by die kerkkantoor af.

Annelet 082 337 2161 (Kontak vir enige navrae)

In die Nuus