Deur : Skriba  /  March 22nd, 2019

VERLOF

Ds NJ van As is met verlof vanaf 21-28 Maart 2019

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel Danie Theart

084 517 2610.

MAKHATHINI VENNOOTSKAPSVERGADERING

Ons gemeente is deel van n vennootskap van gemeentes wat betrokke is by die Makhathini gemeente in Kwa-Zulu Natal. Die volgende Makhathini Vennootskapsvergadering is op 30 Maart 2019 te NGK Mosselbaai-Suid. Die program begin om 09:00 en eindig om 14:30. Ons benodig lidmate wat ons gemeente by die vergadering kan verteenwoordig. Indien enige iemand beskikbaar is, kontak asb. vir Ryk van Velden: 0828574368

  VROUEBEDIENING WES-KAAPLAND

Ons Sinodale Byeenkoms vir Vrouelidmate vind plaas op 10 April 2019, by Eensgezind, net buite Durbanville. Ons nooi alle Vrouelidmate om hierdie dag saam

met ons te geniet. Ons begin om 9h00 (registrasie van 8h15) tot 13h00 (Koste R150 per persoon) Dit sluit ontbyt in. Die Taakspan Vrouebediening fokus op vroue se geloofsreis en sien uit daarna dat ons vir ‘n wyle saam reis. Ons wil julle aanmoedig om vroue te nooi en sommer ‘n motor vol te maak en die dag saam met ons deur te bring. Inskrywingsvorms en  is bekikbaar by u kerkkantoor.

RSVP voor of op 2 April 201

Die taakspan: Vrouebediening Wes-Kaapland

  

BEROEPINGSVERGADERING

Die kerkraad vergader DV Woensdag 3 April om 19:00 om ‘n medeleraar vir

Wellington – Oos te beroep. U voorbidding  word waardeer.

 

SONDAE EREDIENS TYE

Let asseblief daarop dat  Sondae se eredienste vanaf 7 April  in die oggende 9:30 sal begin.

 

IMAGINE KAMP

Die naweek van 29-31 Maart is dii Annelet en NJ beide by Imagine op Bredasdorp.

Liewe vriende ons kort nog tente en kampmatrasse vir 12 van ons HAM tieners vir die #Imagine kamp. As jy dalk hiermee kan help, laat weet asseblief vir Annelet (082 337 2161) en sy sal reël om dit by jou te kry en weer veilig terug aan jou te besorg. Baie dankie

 

In die Nuus