Deur : Skriba  /  March 29th, 2019

 

SONDAG 14 APRIL

IETS OM NA UIT TE SIEN:

19:30 Oggend : ‘n Monoloog oor Johannes deur prof Herman Breytenbach. Hy vertel die evangelie volgens Johannes asof hy Johannes is.

19:00 Aand: ‘n Passiespel deur Sunfield – ‘n belewenis om te beleef.

 

VERLOF

Ds Annelet Slazus is met verlof vanaf 19 April – 01 Mei 2019

 

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel Danie Theart

084 517 2610.

 

BEROEPINGSVERGADERING

Die kerkraad vergader  Woensdag 3 April om 19:00 om ‘n medeleraar vir

Wellington – Oos te beroep. U voorbidding  word waardeer.

 

SONDAE EREDIENS TYE

Let asseblief daarop dat  Sondae se eredienste vanaf 7 April  in die oggende 9:30 sal begin.

 

STEAK ETE 1 MEI 2019

Wildsfees bied n heerlike steak ete aan Woensdag aand 1 Mei 2019 vanaf 19h00 by die kerk. Dit is n publieke vakansie dag en n heerlike bymekaar kom geleentheid vir gemeente lede met musiek om die aand geselliger te maak.

Spyskaart

250g steak

Skyfies

Pepper of Sampioen sous

Slaai

Nagereg

Koffie of Tee

Prys – R100\persoon

Bring asb eie eetgerei glase en drinkgoed.

 

GLASFLESSE

Ons wil aan almal wat vir ons 750ml (Mayonnaise) glasflesse gebring het baie dankie sê. Ons benodig egter nog so 50 flesse.

 

In die Nuus