Deur : Skriba  /  April 5th, 2019

SONDAG 14 APRIL 2019

09:30 Oggenddiens: Prof Herman Breytenbach

Johannes Monoloog

19:00 Aanddiens: Sunfield passiespel

 

NEEM KENNIS

Ds NJ is van Dinsdag tot Donderdag betrokke by Predikantebegeleiding by die Andrew Murray Sentrum.

 

BEROEP

Ds Cornis Botha van Klawer is Woensdagaand as medeleraar beroep na Wellington- Oos. Ons bid vir hom en sy vrou Elsje sterkte en leiding toe in hul besluit. Volgens die kerkorde moet sy naam twee agtereenvolgende Sondae afgekondig word. Indien gemeentelede enige besware teen die beroepene het , het u tyd tot 16 April om u besware skriftelik aan die kerkraad te rig. Daarna ontvang hy die beroepsbrief en het hy ‘n maksimum van 14 dae om die beroep te aanvaar of te bedank.

VERLOF

Ds Annelet Slazus is met verlof vanaf 19 April – 01 Mei  2019

 

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel Danie Theart

084 517 2610.

 

OMGEE GROEP BEJAARDES

Daar is tans behoefte by Silwerkruin vir  bejaarde mense wat werklik baie eensaam is. Die behoefte is nie  finansieël nie, maar vir aandag en tyd.  Dalk ‘n weekliikse kuiertjie, nou en dan uitneem vir teetjies, of ‘n uitstappie, net wat Jesus op jou hart sit om te doen. Indien jy belangstel, kontak asseblief vir Chantelle by 072 437 9758

KISVRIESKAS

Die gemeente benodig ‘n kisvrieskas vir die wildsfees en plaasbasaar. Indien u een eil skenk wat in onbruik is ,skakel asb met kerkkantoor.

LERAARSBIDUUR

Wyke  30,31,25 en 34 ontmoet  saam met wyke  27, Hertzog, Onder Berg en Dal en Richelieu op 16 April in die konsistorie om 19:00.

PLAASBASAARVERGADERING

Maandag 8 April in die konsistorie om 18:00. Almal wat graag wil help met die beplanning of insette wil lewer is baie welkom.

BREIPROJEK

Hierdie jaar wil ons graag vir Smart Start beertjies, truitjies, mussies en bedsokkies (2-5 jr) brei. Ons benodig wol en stopsel. Vir verdere inligting, kontak Suzanne Fabricius by 021 8641122 /

072 244 3931

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

 

APRIL 2019

19 April

09:00 Goeie Vrydag Nagmaaldiens

20 April  (Sondag)

09:30 Paasfees Diens

 

MEI  2019

  • 1 MEI –  WATERPUNT/ SAFARI HALFMARATHON

Ons het  die jaar weer ons watertpunt hier by die kerk vir die Safari halfmarathon. Almal

wat wil kom help op hierdie dag is baie welkom om met Roelof Prins kontak te maak by

082 414 8338

 

  • 12 MEI –  Prof Elna Mouton kapelmeester van die Andrew Murray Sentrum preek by ons.

(Bekenstelling vam Adrew Murray Sentrum)

  • 25 MEI –  Getuienis Ete
  • 26 MEI –  Aanddiens in Kapel by Andrew Murray Sentrum
  • 30 MEI – 09JUNIE –  Pinkster

JUNIE 2019

  • 18-21 JUNIE –  Vakansiefees (Bybelskool)

 

ONDERSTEUNINGSGROEP WELLINGTON

Ds Fanie Kriel is ‘n bekende pastorale sielkundige van Strooidakkerk in die Paarl. Hy kom spreek ons toe op 23 April om 19:00 in die Martha Saal, Wellington. Die tema vir die aand is “ Narsisme en ’n afhanklike persoonlikheid wat saam ’n “fatal attraction” vorm. Moet dit nie misloop nie. Vir verdere navrae kan u vir Riana Conradie skakel by 084 585 3650.

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS

Vakante Pos: Finansiële Beampte (08:00 tot 14:00)

Die ideale kandidaat is pro-aktief, akkuraat,  syfervaardig  en is bogemiddeld bekwaam om die finansiële aspekte van die gemeente te bestuur tot op oorhandiging aan die ouditeure. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en verantwoordelik te werk, asook die effektiewe bestuur van tyd is ononderhandelbaar. Uitstekende vaardigheid van Excel en Pastel is noodsaaklik. Ervaring in ‘n finansiële posisie sal in jou guns tel. Daar word verwag dat die susksesvolle kandidaat ‘n lidmaat van Wellington-Oos sal wees / word.

Die pligte behels onder andere:

  • Hantering van alle inkomste hetsy kontant of elektronies. Sluit in alle lidmaat betalings, kollektes, alle kerk aktiwiteite soos bv die basaar, fietstoere, bybelskool, kampe, ens asook alle rekordhouding wat daarmee saamgaan.
  • Personeel aangeleenthede mbt betaling van salarisse en lone tesame met die statutêre betalings op SARS e-filing, asook hantering van verlof en die bestuur van die byvoordele.
  • Voorbereiding van alle begrotings asook maandelikse finansiële state aan al die relevante partye.
  • Bankrekonsiliasies
  • Hantering van die krediteure, maandelikse sinodale betalings, ongevalle versekering en ander betalings aan bv Silwerkruin, ACVV, ens.
  • Tree op as skriba van die finansiële kommissie.
  • Alle ander take verwant aan die pos.
  • Rig u gedetaileerde CV aan: marais@ifm.co.za teen Woensdag 17 April 2019.

 

 

 

In die Nuus