Deur : Skriba  /  April 12th, 2019

BEROEP

Ds.. Cornis Botha van Klawer is op 03 Maart as medeleraar beroep na Wellington- Oos. Ons bid vir hom en sy vrou Elsje sterkte en leiding toe in hul besluit. Volgens die kerkorde moet sy naam twee agtereenvolgende Sondae afgekondig word. Indien gemeentelede enige besware teen die beroepene het , het u tyd tot 16 April om u besware skriftelik aan die kerkraad te rig. Daarna ontvang hy die beroepsbrief en het hy ‘n maksimum van 14 dae om die beroep te aanvaar of te bedank.

VERLOF

Ds Annelet Slazus vanaf 19 April – 01 Mei

Mariska (Skriba) vanaf 23-26 April

JAGKOMPETISIE

Die kaartjies vir die Jagkompetisie is beskikbaar. Eerste prys ter waarde van R30 000, tweede pryse R3 000 en derde prys R2 000. Kaartjies R200 elk. Skakel Danie Theart 084 517 2610.

KISVRIESKAS

Die gemeente benodig ‘n kisvrieskas vir die wildsfees en plaasbasaar. Indien u een wil skenk wat in onbruik is, skakel asb. met kerkkantoor.

LERAARSBIDUUR

Wyke  30, 31, 25 en 34 ontmoet  saam met wyke  27, Hertzog, Onder Berg en Dal en Richelieu op 16 April in die konsistorie om 19:00.

BREIPROJEK

Hierdie jaar wil ons graag vir Smart Start beertjies, truitjies, mussies en bedsokkies (2-5 jr) brei. Ons benodig wol en stopsel. Vir verdere inligting, kontak :  Suzanne Fabricius by 021 8641122 / 072 244 3931

“Fishy Fashions”

Ons benodig mense wat vir ons die “Fishy Fashion” stalletjie kan beman tydens die basaar en so ook die lekker en speelgoed tafel. Indien u belangstel kontak vir Karen van As by 082 446 7002 / 021 873 5222

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

APRIL 2019

19 April            09:00 Goeie Vrydag Nagmaaldiens

20 April            09:30 Paasfees Diens

MEI  2019

1 Mei –  WATERPUNT/ SAFARI HALFMARATHON

Ons het  die jaar weer ons watertpunt hier by die kerk vir die Safari halfmarathon. Kom help gerus. Kontak Roelof Prins by 082 414 8338.

12 Mei  –  Prof Elna Mouton kapelmeester van die Andrew Murray Sentrum preek by ons. (Bekenstelling vam Adrew Murray Sentrum)

25 Mei –  Getuienis Ete

26 Mei –  Aanddiens in Kapel by Andrew Murray Sentrum (18:00)

30 Mei – 09 Junie –  Pinkster  (Kinderpinkster 2-6 Junie)

 

ONDERSTEUNINGSGROEP

WELLINGTON

Ds. Fanie Kriel is ‘n bekende pastorale sielkundige van Strooidakkerk in die Paarl. Hy kom spreek ons toe op 23 April om 19:00 in die Martha Saal, Wellington. Die tema vir die aand is “ Narsisme en ’n afhanklike persoonlikheid wat saam ’n “fatal attraction” vorm. Vir verdere navrae kan u vir: Riana Conradie skakel by 084 585 3650.

 

GEMEENTE-ETE

U word hartlik uitgenooi na ‘n gemeente-ete ten bate van verskillende getuienisinisiatiewe van ons gemeente.

Spyskaart: Hoofdis (R 70)

Gebakte vis (250 gr hake), Aartappelskyfies (chips), Plaasbrood, Botter en Konfyt, Kerrie piekel / atjar, Wyn

Kinders (R 30)

Worsbroodjie, Aartappelskyfies (chips)

Sap. Roomyspoeding (R 10) addisioneel.

Wanneer:   1 Mei 2019

Hoe laat:     18:00 by die saal

Vir wegneem-etes of eet by die saal.

Kaartjies: Kaartjies vir die ete is beskikbaar by die kerkkantoor en enige lede van die Getuienisbediening.  U kan u name vandag by die deure ook opgee vir kaartjies. Nooi u vriende en geniet ‘n ete saam op Werkersdag

 

Huisgeloof en Gebedsbulletin

Van nou af is daar ‘n weeklikse Huisgeloof en Gebedsbulletin. Gebruik hierdie bladsy vir Huisgodsdiens met die hele gesin van jonk tot oud, persoonlike tyd met God of  in kleingroepe.

 

VAKANTE POS: FINANSIELE BEAMPTE

Die ideale kandidaat is pro-aktief, akkuraat,  syfervaardig  en is bogemiddeld bekwaam om die finansiële aspekte van die gemeente te bestuur tot op oorhandiging aan die ouditeure. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en verantwoordelik te werk, asook die effektiewe bestuur van tyd is ononderhandelbaar. Uitstekende vaardigheid van Excel en Pastel is noodsaaklik. Ervaring in ‘n finansiële posisie sal in jou guns tel. Daar word verwag dat die susksesvolle kandidaat ‘n lidmaat van Wellington-Oos sal wees/word.

Die pligte behels onder andere:

  • Hantering van alle inkomste hetsy kontant of elektronies. Sluit in alle lidmaat betalings, kollektes, alle kerk aktiwiteite soos bv die basaar, fietstoere, bybelskool, kampe, ens., asook alle rekordhouding wat daarmee saamgaan.
  • Personeel aangeleenthede m.b.t. betaling van salarisse en lone tesame met die statutêre betalings op SARS e-filing, asook hantering van verlof en die bestuur van die byvoordele.
  • Voorbereiding van alle begrotings asook maandelikse finansiële state aan al die relevante partye.
  • Bankrekonsiliasies
  • Hantering van die krediteure, maandelikse sinodale betalings, ongevalle versekering en ander betalings aan bv Silwerkruin, ACVV, ens.
  • Tree op as skriba van die finansiële kommissie.
  • Alle ander take verwant aan die pos.
  • Rig u gedetaileerde CV aan: herman@lintonparkwines.co.za teen Woensdag 17 April 2019

 

 KATEGESE

Kategese is ‘n veilige ruimte waar ‘n groep mense saam reis om geloof te vorm, oor geloofstemas en vrae gesels en waar jongmense met mekaar en met God kan connect.

Kategese is nie iets wat net toevalling gebeur nie en dis veral nie skoling wat jy eers moet deurkom om ‘n lidmaat te raak nie, maar dit is ‘n plek waar ons daarop fokus dat jongmense ‘n hart vir God en die wêreld ontwikkel en waar jongmense bemagtig word om met hul vriende en familie oor God te gesels om so hulself te verbind aan die liggaam van Christus, van jongs af en nie eers in hulle belydenis jaar nie.

By Wellington-Oos is kategese een van die hoof kontak tye wat ons met die Jeug het. Daar is slegs 30 ontmoetings hierdie jaar. Hierdie tyd is vir ons kosbaar en ons wil dit graag optimaal gebruik om die jongmense te bemagtig, bemoedig en te ondersteun.

As ouer(s) vra ons dat u asb. saam met ons sal bid vir jou kind(ers) se kategese en dat julle hierdie tyd ernstig sal opneem aangesien dit ‘n belangrike rol in jou kind se geloofsvorming speel. Kom saam met jou gesin kerk toe, drink ‘n koppie tee na die erediens terwyl daar kategese is vir 45min en gesels in die week met gesin oor Sondag se erediens deur die Huisgeloof blaadjie te gebruik.

Ons kinders leef ons voorbeeld en is afhanklik van ons leiding.

Indien jou kind(ers) nie op ‘n betrokke Sondag by kategese kan wees, maak asb. verskoning by jou kind se kategeet:

Gr. 4       Danita van Zyl 083 462 7356 Marlene Erasmus 065 129 1715

Gr. 5       Helma Nel 082 707 2337 Anna-Marie Mellet 082 941 6923

Gr. 6       Alice van Zyl 082 337 0280 Marlene Hugo 079 930 8123

Gr. 7       Theresa Wilbers 076 413 5066 Aletha Hugo 083 280 3398

Gr. 8       Jowilca Matthee 083 318 8255 Lianne van Rooyen 072 258 0146

Gr. 9       Toit Fourie 082 375 3244 Kobus Oosthuizen 082 492 2022

Gr. 10     Drikus Kotze 076 810 9276 André Visser 082 775 1062

Gr. 10     Stoffel Pretorius 079 089 0934

As jy enige navrae, kommentaar, kritiek of voorstelle oor die kategese het, kontak gerus vir

Ds. Annelet by 082 337 2161.

Kleuterkerk

Kleuterkerk is ‘n veilige spasie vir ons woelige lidmate, waar hulle op ‘n ouderdomsgepaste manier die Here kan loof en aanbid en deel kan vorm van ons gemeente.

Ons nooi alle 2-5jariges om by hierdie groep in die Jeuglokaal te kom aansluit. Ons kort nog ‘n paar hande wat sal help met die aanbieding van Kleuterkerk. Jy sal ongeveer elke vierde week ‘n aanbiedingsbeurt kry en die raamwerk van die ont -moeting en die aankope van die aktiwiteit word vir jou gedoen.

Kontak gerus vir Ds. Annelet by 082 337 2161 as jy belangstel.

 

In die Nuus