Deur : Skriba  /  May 3rd, 2019

BEROEP

Ds. Cornis Botha van Klawer is beroep na Wellington-Oos aanvaar. Hy begin 1 Julie by ons en word op 14 Julie bevestig.

SPEELGOEDTAFEL

Ons is opsoek na handige afgetredenis om vir ons speelgoed te maak vir ons speelgoedtafel by die basaar .  Ons sal dit ook waardeer indien u ons  kan help met 2de handse speelgoed en 2de handse sporttoerusting wat tans nie meer in  gebruik  is  nie.  Vir verdere navrae kan u gerus vir Obie Prins skakel by 082 566 7567

BAIE DANKIE

Baie dankie aan almal wat gehelp by die waterpunt. Dit was sommer ‘n fees. Baie dankie aan alma l wat gehelp en ondersteun het om van die vis- ete ‘n baie smaaklike en gesellige aand te maak. 180 kaartjie is verkoop ten bate van die Getuienisbediening.

AANSOEK OM HULP VAN VOORNEMENDE  SENDELING

Eben en Sally Smith het by die Getuienisbediening aansoek gedoen om gemeentelike ondersteuning vir hulle roeping om in Argentinië sendingwerk te doen. Die Getuienisbedieing kan nie finansiële ondersteuning gee nie, maar maak graag hulle bediening aan die gemeente bekend vir gebeds- en finansiële ondersteuning. Vir meer inligting oor die egpaar en hoe u met hulle in verbinding kan kom, skakel   R van Velden .

 

“SAVE THE DATE”

RE-IMAGINE MATRIEKFEES

NOORDHOEK  27 November – 4 Desember 2019

Matrieks—het jy planne vir die einde van die jaar?  Hoe klink `n wegbreekweek met jou tone in die sand? Matrieks van regoor die land kom bymekaar vir `n week van son en see, kuier en ontspan, vriende maak en sommer net “chill” naby die natuur en naby God.

 SNOEKFEES

Die Snoekfees is van 6-10 Junie te Middelburg. Die voorbereidingspan vertrek reeds Woensdag 5 Junie en die bussie ry Donderdag 6 Junie. Donderdagaand is daar ‘n wynproe en saamkuiergeleentheid. Vrydag is daar verkope van ons produkte, en voorbereiding vir middagvisgereg- ete en  Saterdagaaand is die snoekete. Navrae kan gerig word na Johann Swart, voorsitter van die Snoek en wildsfeeskomitee. Sel: 0798731493 

 LAAT WIEL VIR LEES!

As deel van ons sinode se oortuiging dat armoede en ongelykheid in ons land op die mees effektiewe manier deur ’n fokus op vroeëkindontwikke-ling aangespreek kan word, neem ons deel aan ’n boeke-insameling  tydens die sinodesitting van 13-17 Mei 2019. Ons rig ‘n versoek dat gemeentelede boeke na die eredienste of kantoor sal bring, sodat ons dit kan saamneem na die sinodesitting.Die versoek is dat dit boeke sal wees vir kinders onder die ouderdom van 10. Die boeke sal na NG Kerk Koringberg geneem word. Daar is geen biblioteek in Koringberg nie. Die Gemeente daar het besluit om met ’n fokus op voorskoolse kinders, iets hieraan te doen. Baie dankie vir die oorweging van die versoek.

JEUG@6 SONDAGAANDE IN SENTRUM

Tienersel slaan ‘n nuwe blaadjie om en gaan van nou af bekend staan as Jeug@6. Jeug@6 is ‘n bymekaarkom geleentheid vir tieners waar ons saam die Here aanbid met Praise & Worship, Encounter Stations en aktuele sake vanuit die Bybel. Sondagaand skop ons af met ‘n Praise and Worship aand. Kom join ons!

 

VAKANSIEFEES 18-21 JUNIE 2019

Dit is weer sulke tyd! Tyd vir Vakansiefees! Merk solank die datum. Inskrywings is R150 per kind vir Gr.RR-Gr.6 en sal teen Woensdag beskikbaar wees by die kerkkantoor of aanlyn

Alle tieners (Gr.7-12) is ook welkom om te kom dien as groepleier. Whatsapp vir Annelet by 082 337 2161 as jy ‘n groepleier wil wees, dan sal sy die verdere inligting vir jou gee. Groepleier kostes is R70 (vir jou T-hemp) en die inskrywings vir groepleier sluit al Sondag 2 Junie. Moenie laat slaap nie!

Ons kort ook ‘n paar volwassenes wat sal uithelp deur stasieleiers te wees. Die stasies is Bybel Avonture, Munchies, Kuns, Speletjies, Fliektyd en Verskilmaak (wat fokus op uitreik en dienaksies). As enige iemand wil kom deel in die pret, kontak gerus vir Annelet.

 

BEDANKING VIR DONASIES & SKENKINGS

Die kerkraad spreek sy dank uit aan die annonieme  skenking van R50 000 vir die instandhouding van die kerk. Graag wil ons u meedeel dat die broodnodige instandhouding na die winter sal begin.

Verder ook ons opregte dank aan die annonieme skenking van die watertenke vir die opvang van reënwater, wat aangewend sal word vir die tuin vervraaiing en instandhouding van ons tuine.

Die kantoorpersoneel sê ook baie dankie vir die papiersnippermasjien wat  vir hulle geskenk is en wat die lewe vir hulle aansienlik vergemaklik het.

Ons bedank ook Wellington/Paarl Munisipaliteit wat aan ons  die bedrag van R10 000 geskenk het. Dit is aangewend om tenke aan te koop  vir die opgaar vir reënwater.

Daar is baie ander donasies waarvan ons onbewus is en daarvoor wil ons ieder en elk bedank vir enige bydrae wat gemaak is aan die kerk.

Die Omgee bediening wil hul dank uitspreek vir die mense wat kos aan die  behoeftige mense voorsien.

BAIE DANKIE !!!

 

In die Nuus