Deur : Skriba  /  May 10th, 2019

Ons eer vandag alle moeders, ma’s en ouma’s, en moedersfigure. Ons vier saam met julle jul kinders en kleinkinders – biologies, aangeneem, of geestelik. Ons dank en eer julle vir wat julle doen in ons lewens. Ons eer en waardeer ook vandag almal wat hul ma’s, ouma’s en vrouens verloor het, asook alle enkel pa’s, en ons ondersteun julle. Ons staan ook saam met julle wat nooit ’n ma of moederfiguur geken het nie, en ons bied ons bystand aan waar nodig. Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders, en ons vier dit, of treur jou verlies, saam met jou.

SPEELGOEDTAFEL

Ons is opsoek na handige afgetredenis om vir ons speelgoed te maak vir ons speelgoedtafel by die basaar .  Ons sal dit ook waardeer indien u ons  kan help met 2de handse speelgoed en 2de handse sporttoerusting wat tans nie meer in  gebruik  is  nie.  Vir verdere navrae kan u gerus vir Obie Prins skakel by 082 566 7567

 

SINODE 13-17 MEI TE GOUDINI

Volg Jesus met waagmoed”

Die afgevaardiges na die Sinode is : NJ ,Ds Annelet Slazus, Dr Eddie Orsmond, Dr Ryk van Velden, Jannie Fourie, Toit Fourie, Danie Theart en Ronel van Wyk. Kom ons bid Paulus se gebed in Ef 1: 17 vir die Sinode :” dat God deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.”

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word

Met die toer samel hulle geld in vir Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

Ons moet slaapplek  reël vir die 24 lede van die span vir die aand van die 12de Julie. Enige iemand wat ‘n slaapplek of twee kan aanbied  moet asb vir Hennie van Deventer skakel by 072 433 0085

NCLS VRAELYSTE

Verwerking van die vraelyste is nou beskikbaar by kerkkantoor

VOUCHERPROJEK

Voucherkaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, Wilmar Bouhandel en by Riaan en Ronel Buys se Trailer Hire en houtverkope. ‘n Pakkie van 5 kaartjies kos R30 Rand. Indien iemand op straat of by u huis kos of geld vra , gee dan liewer vir die persoon ‘n voucher ete kaartjie wat hy /sy van Maandag  tot Vrydag kan gebruik om agter die Moederkerk by duifklub te gaan eet. Hulle moet dan tussen 8:30 en 10:00 hul kaartjie
gaan inhandig (twv getalle vir kosvoorbereiding) en weer 11:30  aanmeld vir ete. Sondagoggende  7:00 is daar straatkerk op die parkeerterrein agter Shoprite waar hulle ook ‘n worsbroodjie kry.

BOEPENSBROODJIES TE KOOP

Daar sal op 23 Mei boepensbroodjies “ Jaffles” kerrie of gewoon te koop wees by die kerk. Die koste per broodjie is R15. U kan u bestelling voor die tyd gaan plaas by die kerkkantoor of skakel Hetta Cloete by 0827173062. Aflewering is beskikbaar. Laaste dag van bestellings sal wees  17 Mei 2019. Alle broodjies moet voor 13:00 afgehaal word by die kerk op die 23ste Mei.

 

 PINKSTER  30 JUNIE  –  9 JUNIE

Die tema van die reeks is :

Beloftes van God. 

Ons gaan ‘n bietjie stilstaan by die beloftes in die Bybel wat handel oor onder andere – beskerming, bekommernis, die trou van God, sondevergifnis, die ewige lewe en die Heilige Gees.

Die beloftes waaraan ons kan vashou omdat God getrou is en nooit teruggaan op sy beloftes nie.

Daar sal ook weer gedurende die week om 10:00 Pinksterbidure wees.
Kinderpinkster is van 2-6 Junie

JEUG@6 SONDAGAANDE IN

SENTRUM

Tienersel slaan ‘n nuwe blaadjie om en gaan van nou af bekend staan as Jeug@6. Jeug@6 is ‘n bymekaarkom geleentheid vir tieners waar ons saam die Here aanbid met Praise & Worship, Encounter Stations en aktuele sake vanuit die Bybel. Kom kuier saam

VAKANSIEFEES 18-21 JUNIE 2019

Dit is weer sulke tyd! Tyd vir Vakansiefees! Merk solank die datum. Inskrywings is R150 per kind vir Gr.RR-Gr.6 en sal teen Woensdag beskikbaar wees by die kerkkantoor of aanlyn.

Alle tieners (Gr.7-12) is ook welkom om te kom dien as groepleier.

Whatsapp vir Annelet by 082 337 2161 as jy ‘n groepleier wil wees, dan sal sy die verdere inligting vir jou gee. Groepleier kostes is R70 (vir jou T-hemp) en die inskrywings vir groepleier sluit al      Sondag 2 Junie. Moenie laat slaap nie!

Ons kort ook ‘n paar volwassenes wat sal uithelp deur stasieleiers te wees. Die stasies is Bybel Avonture, Munchies, Kuns, Speletjies, Fliektyd en Verskilmaak (wat fokus op uitreik en dienaksies). As enige iemand wil kom deel in die pret, kontak gerus vir Annelet.

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. Omdat Hy vir ons lief en goed is en vir ons sorg gee ons uit dankbaarheid ‘n gedeelte van ons inkomste vir Hom  terug . Ons beplan dit elke maand soos Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. Ons gee daar waar ons bedien word, sodat nog meer mense en ook hulle buite die kerk bedien kan word met die goeie nuus. Juniemaand is tradisioneel ons dankoffermaand waar ons ons offers kerk toe bring. Indien dit nie moontlik is nie, kan u dit elektronies doen. Baie dankie
vir u getroue bydrae wat dit vir die gemeente moontlik maak om sy verpligtinge na te kom en ook by te dra tot die verspreiding van die evangelie.

 

FINANSIELE BEAMPTE

Therena Orsmond is aangestel vanaf 1 Junie. Ons wens haar ‘n aangename en gelukkige tyd toe in ons Gemeente.

 

WINTER PROJEK

Help ‘n kindjie in die koue winter deur ons winterprojek te ondersteun. Saam met die koue weer wat vir ander warm winterkos en kaggel beteken, is daar baie uitdagings wat meeste van ons Ma’s-vir-Wellington  kinders in die gesig moet staar. Baie van ons kindertjies slaap in ’n houthuisie en dit hou nie die koue winterweer buite nie! Help ons asseblief om vir elke kindjie ’n sweetpakkie & sokkies te gee. Die sweetpak hou die lyfie warm op koue dae, maar dien ook as slaapklere.

Bankbesonderhede:

Ma’s vi Wellington Bediening NPC

Absa Bank, Spaarrekening: 919 322 0237

Bankkode: 632 005

Verwysing: Winter+epos adres/selfoonnommer

Skenk asb R150 en ons koop dit namens jou of bring jou sweetpakkie en sokkies

(3-6 jarige seun of dogter) na ons Kantoor by Blignautpark voor/op 3 Junie 2019.

Kontak Lizette by admin@masvirwellington.co.za of skakel Kantoor 021 864 1889

 

 

In die Nuus