Deur : Skriba  /  May 20th, 2019

BOEPENSBROODJIES TE KOOP

Daar sal op 23 Mei boepensbroodjies “ Jaffles” kerrie of gewoon te koop wees by die kerk. Die koste per broodjie is R15. U kan u bestelling voor die tyd gaan plaas by die kerkkantoor of skakel Hetta Cloete by 0827173062. Aflewering is beskikbaar. Alle broodjies moet voor 13:00 afgehaal word by die kerk op die 23ste Mei. Indien daar enige iemand beskikbaar is om te kom help bak kan u gerus vir Hetta Cloete skakel. Hulle is ook opsoek na 2 liter en 5 liter roomysbakke indien u dalk het om weg te maak.

VARS KOEJAWELS 

Daar is vars koejawels beskikbaar vir gemeentelede wat koejawels sou verlang. Die fondse sal aangewend word vir die opknapping van die vierkant tussen die saal en die sondagskool klasse, wanneer genoeg fondse ingesamel is.

7kg Kartonne @ R25/karton (Koejawels)

Bestelling kan geplaas word by die kerkkantoor of Tinus Broodryk (082 920 2290)voor of op Maandag 3 Junie. Koejawels sal beskikbaar wees by sentrum op  Woensdag 5 Junie 2019

 

NUWE MODERATUUR VAN WES EN SUID KAAP SINODE 

Moderator: Nelis Janse van Rensburg

(Voorsitter)

Assessor: Nioma Venter

(Ondervoorsitter)

Skriba: Francois Herselman (Sekretaris)

Aktuaris: Charl  Stander (Kerkregkundige)

Addisionele lede: Nadia Marais &  Michelle

Boonzaaier

RINGKOMMISSIE VAN SWARTLAND

Voorsitter:  Ds Lettie Buchner

Ondervoorsitter:  George Prins

Skriba: Ds Annelet Slazus

Addisionele Lid: Johan Crouse

 

LIG TYDSKRIF (JUNIE)

In ons Junie-uitgawe vier ons Pinkster, en vra: “Wie is Hy, hierdie Heilige Gees?”

Ons verwonder ons oor die genade van sondebelydenis. En skryf ‘n spesiale brief aan jong pa’s. Ons gee ook blink idees om jou pa met Vadersdag te bederf (selfs al het jy min tyd!).

LiG gesels met Albert en Viljé Maritz oor die seën van pa-en-seun-wees. Ons nooi drie skrywers vir tee – Maretha Maartens, Lizette Murray en Elsa Winckler deel hul wysheid. ‘n Skrywer wie se hekelwoorde help heelmaak deel ook haar storie. Ons voorbladnooi Leah inspireer ons met haar deursettingsvermoë en hardwerkendheid.

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet hierdie maand op 19 Mei om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Vars gebedsonderwerpe sal voorsien word oor Wellington se sendelinge. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. Omdat Hy vir ons lief en goed is en vir ons sorg gee ons uit dankbaarheid ‘n gedeelte van ons inkomste vir Hom  terug . Ons beplan dit elke maand soos Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. Ons gee daar waar ons bedien word, sodat nog meer mense en ook hulle buite die kerk bedien kan word met die goeie nuus. Juniemaand is tradisioneel ons dankoffermaand waar ons ons offers kerk toe bring. Indien dit nie moontlik is nie, kan u dit elektronies doen. Baie dankie
vir u getroue bydrae wat dit vir die gemeente moontlik maak om sy verpligtinge na te kom en ook by te dra tot die verspreiding van die evangelie.

 

 PINKSTER  30 MEI –  9 JUNIE

Die tema van die reeks is :

Beloftes van God. 

Ons gaan ‘n bietjie stilstaan by die beloftes in die Bybel wat handel oor onder andere – beskerming, bekommernis, die trou van God, sondevergifnis, die ewige lewe en die Heilige Gees.

Die beloftes waaraan ons kan vashou omdat God getrou is en nooit teruggaan op sy beloftes nie.

Daar sal ook weer gedurende die week om 10:00 Pinksterbidure wees.
Kinderpinkster is van 2-6 Junie

 

ONDERSTEUNINGSGROEP

Ek lees in ‘n artikel in Sarie Tydskrif van die Mei uitgawe oor die sangeres Nadine “Ek glo mense is ook net mense  – almal beleef soms ‘n moeilike tyd…. Wanneer iemand vertel en hulle insigte van hulle uitdagings en hoe hulle dit oorkom deel, kan dit hulle en iemand anders sterker maak.

Kom luister na ons gesprek op 21 Mei om 19:00 in die Martha Saal. Die tema is WHO IS THE PASTOR’S PASTOR? Die Sprekers is Ds. Bennie en Susan Janse van Rensburg.

 

VAKANSIEFEES 18-21 JUNIE 2019

Dit is weer sulke tyd! Tyd vir Vakansiefees! Merk solank die datum. Inskrywings is R150 per kind vir Gr.RR-Gr.6 en sal teen Woensdag beskikbaar wees by die kerkkantoor of aanlyn.

Alle tieners (Gr.7-12) is ook welkom om te kom dien as groepleier.

Whatsapp vir Annelet by 082 337 2161 as jy ‘n groepleier wil wees, dan sal sy die verdere inligting vir jou gee. Groepleier kostes is R70 (vir jou T-hemp) en die inskrywings vir groepleier sluit al      Sondag 2 Junie. Moenie laat slaap nie!

Ons kort ook ‘n paar volwassenes wat sal uithelp deur stasieleiers te wees. Die stasies is Bybel Avonture, Munchies, Kuns, Speletjies, Fliektyd en Verskilmaak (wat fokus op uitreik en dienaksies). As enige iemand wil kom deel in die pret, kontak gerus vir Annelet.

 

G-VOUCHER

G-Voucher projek maak warm baadjies en komberse bymekaar wat hulle die winter kan uitdeel aan Wellington se haweloses.  Dit kan tweedehands ook wees.  Baadjies en komberse kan by kerkkantoor of G-Voucher gebou afgelaai word.  Vir aflaai by G-Voucher gebou, kontak Clifford by 078 866 2439

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

26 Mei –           Aanddiens in Kapel by Andrew Murray Sentrum (18:00)

30 Mei – 09 Junie –  Pinkster  (Tema:  “Die Belofte van God”)

2 – 6 Junie –     Kinderpinkster

18 – 21 Junie – Vakansiefees

 

In die Nuus