Deur : Skriba  /  May 24th, 2019

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. Omdat Hy vir ons lief en goed is en vir ons sorg gee ons uit dankbaarheid ‘n gedeelte van ons inkomste vir Hom  terug . Ons beplan dit elke maand soos Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. Ons gee daar waar ons bedien word, sodat nog meer mense en ook hulle buite die kerk bedien kan word met die goeie nuus. Juniemaand is tradisioneel ons dankoffermaand waar ons ons offers kerk toe bring. Indien dit nie moontlik is nie, kan u dit elektronies doen. Baie dankie
vir u getroue bydrae wat dit vir die gemeente moontlik maak om sy verpligtinge na te kom en ook by te dra tot die verspreiding van die evangelie.

VARS KOEJAWELS 

Daar is vars koejawels beskikbaar vir gemeentelede wat koejawels sou verlang. Die fondse sal aangewend word vir die opknapping van die vierkant tussen die saal en die sondagskool klasse, wanneer genoeg fondse ingesamel is.

7kg Kartonne @ R25/karton (Koejawels)

Bestelling kan geplaas word by die kerkkantoor of Tinus Broodryk (082 920 2290) voor of op Maandag 3 Junie. Koejawels sal beskikbaar wees by sentrum op  Woensdag 5 Junie 2019

 

NUWE MODERATUUR VAN WES EN SUID KAAP SINODE

Moderator: Nelis Janse van Rensburg

(Voorsitter)

Assessor: Nioma Venter

(Ondervoorsitter)

Skriba: Francois Herselman (Sekretaris)

Aktuaris: Charl  Stander (Kerkregkundige)

Addisionele lede: Nadia Marais &  Michelle

Boonzaaier

 

RINGKOMMISSIE VAN SWARTLAND

Voorsitter:  Ds Lettie Buchner

Ondervoorsitter:  George Prinsloo

Skriba: Ds Annelet Slazus

Addisionele Lid: Johan Crouse

 

BEROEP

Ds. Cornis Botha van Klawer is beroep na Wellington-Oos en het

aanvaar. Hy begin 1 Julie by ons en word op 14 Julie bevestig.

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

30 Mei – 09 Junie –  Pinkster  (Tema:  “Beloftes van God”)

2 – 6 Junie –     Kinderpinkster

18 – 21 Junie – Vakansiefees

 

PINKSTER  30 MEI –  9 JUNIE

Die tema van die reeks is :

Beloftes van God. 

Daar sal om 10:00 in die oggende van 3-6 Junie pinksterdienste wees by Wellington-Oos asook kinderpinkster in die aande van 2-6 Junie.

BELOFTES VAN GOD  

REEKS:

DONDERDAG 30 MEI

God se beloftes : Gal 3:26-29

VRYDAG 31 MEI

Sorg: Heb 13:5-6

SATERDAG 1 JUNIE

Bekommernis: Fil 4:4-7

SONDAG 2 JUNIE

Beskerming: Ps 23

MAANDAG 3 JUNIE

Gebed: 1 Sam 1:10-20

DINSDAG 4 JUNIE

Ewige Lewe: 1 Joh 5:1-2;11-13

WOENSDAG 5 JUNIE

Vreugde: Rom 14:17

DONDERDAG 6 JUNIE

Wysheid: Jak3:13-18

VRYDAG 7 JUNIE

Vergifnis: Ps 51

SATERDAG 8 JUNIE

Trou: Jes 43:1-5

SONDAG 9 JUNIE

Die Heilige Gees: Joh 16:5-15 (7)

 

Elke aand na die pinksterdiens geniet ons sop en broodjies in die saal of onder die afdak.

BYBELVERSPREIDING:Van 3-6 Junie is daar kollekte vir Bybelverspreiding.

VOORBIDDING:  Daar sal voorbidding om 06:30 in die konsistorie gedoen word vanaf Maandag 27 Mei-Woensdag 29 Mei en elke aand van pinkster vanaf 18:45 in die konsistorie.

BOEKE VERKOPE TYDENS PINKSTER

Suzanne Fabricius sal weer ‘n boek verkope hou in die saal na die pinksterdienste in die aand.

Indien daar enige iemand is wat dalk geestelike boeke het wat hulle nie meer gebruik nie kan u dit vir ons asseblief by die kerkkantoor kom afgee wat ons dan ook tydens pinkster beskikbaar sal stel.

G-VOUCHER

G-Voucher projek maak warm baadjies en komberse bymekaar wat hulle die winter kan uitdeel aan Wellington se haweloses.  Dit kan tweedehands ook wees.  Baadjies en komberse kan by kerkkantoor of G-Voucher gebou afgelaai word.  Vir aflaai by G-Voucher gebou, kontak Clifford by 078 866 2439.

VAKANSIEFEES 18-21 JUNIE

Dit is weer sulke tyd! Tyd vir Vakansiefees! Merk solank die datum. Inskrywings is R150 per kind vir Gr RR-Gr 6 is beskikbaar by die kerkkantoor of op facebook. Alle tieners (Gr 7-12) is ook welkom om te kom dien as groepleier. Watsapp vir Annelet by 082 337 2161 as jy ’n groepleier wil wees

 

INSTANDHOUDINGSFONDS

Na vele gesprekke oor die skade van die droogte aan die kerktuin, het die briljante idee ontstaan dat ons as kantoordames geld moet insamel vir tenke. Ons kon baie gou 3 tenke koop vir plasing in die binnehof. Die inisiatief kry vinnig momentum toe ‘n weldoener besluit om die res van die tenke te skenk.  Sjoe, ons was sooooooooo opgewonde!  Ons insamelingswerk was verby.

Soos dit maar in die kerkkantoor gebeur het ons egter deeglik bewus geraak dat ons kerkgebou besig is om agteruit te gaan en dat fondse vir broodnodige instandhouding net nie beskikbaar is nie. Uit die finansiële kantoor se verslae raak dit ook al meer duidelik dat daar nie binnekort groot bedrae beskikbaar sal wees vir hierdie doel nie.  Met dit in gedagte het ons weer ‘n insamelingspoging van stapel gestuur – hierdie keer om ‘n Instandhoudingsfonds op die been te bring.

Die eerste geleentheid is ‘n afval-aand wat gehou word op VRYDAG 5 JULIE 2019. Vir diegene wat nie afval eet nie sal daar kerriehoender wees. Kaartjies R150.00 per persoonKaartjies is beskikbaar of besprekings kan gedoen word by Mariska Pool (083 235 1248) of Grietha van Zyl (0842451695).  Ons wil graag sien dat lidmate hul familielede of vriende motiveer om saam ‘n tafel te neem of kleingroepe kan besluit om ‘n slag informeel ook saam te kuier. Tafels van tien is beskikbaar vir ‘n heerlike saamkuier.

Ons 2de projek later in die jaar is ‘n dans-met-‘n-tema aand wat ‘n ongelooflike lekker familie-aand beloof te wees. Almal gaan aantrek volgens ‘n tema en daar sal tonne pryse te wen wees.  Hou gerus hierdie ruimte dop!!

Ons hoor gereeld by ons ouer lidmate dat ons kerk gebou is met pannekoek- en koeksister-verkope. Ons is van opinie dat ons weer as lidmate die kerkgebou kan opknap met die spreekwoordelike pannekoek en koeksisters of dalk net afval of ‘n draai op die dansbaan.  Ja, die kerk beskou nie meer dans as sonde nie 😊

Die fonds staan reeds op R52,220.00 wat verkry is deur nog ‘n weldoener se skenking asook verkope van afval-etes.  Ons droom egter groot en mik hoog en wil graag ieder en ‘n elk motiveer om deel te word van ons R1,000,000 uitdaging.

Ons steel graag by die Wildsfees-komitee met hul leuse:  WELLINGTON-OOS KAN!

Groete:  Mariska en Grietha (en elkeen wat gaan deel word van ons inisiatief)

 

SINODE 2019 OORSIG
Sinodegangers was dit eens dat Sinode 2019 ’n atmosfeer en gees met ’nverskil gehad het. Deurlopende treffende simboliek, spiritualiteitsessies met
aangrypende lofprysing het bygedra tot ’n stemming van gewydheid en geestelike verryking. Breda Ludik van die NG gemeente Helderberg het dit
soos volg verwoord: “Dit was vanjaar anders by die sinode. Aanvanklik was dit moeilik om presies te sê wat anders is, maar algaande het dit duidelik geword: Daar is ’n deurlopende bewustheid van die teenwoordigheid van God, meer as voorheen. Die dag is opgebreek in kleiner momente wat versprei is deur die hele dag – hier ’ngebed, daar ’n paar liedere, dan weer ’n oomblik van stilword voor ons Here. En so word die sinode toe ’n liturgie, ’n vyf-daglange erediens. En so is ons deurlopend bewus gehou van die Here se wonderlike teenwoordigheid.”
Die tema van vanjaar se sinode was Volg Jesus met Waagmoed en elke dag het ’n spesifieke tema gehad met deurlopende
ondersteunende spiritualiteitsessies. Maandag is gewy aan VERWONDERING en Gielie Loubser neem die gehoor op ’n terugblik oor
wat tydens die afgelope vier jaar deur die verskillende taakspanne en diensgroepe vermag is. Die SinodeNuus is saamgestel om verhale
en getuienisse te deel oor die beweging van God in ons midde en hoe ons God daarin volg. Stories is vertel oor vrouebediening, nuwe
gemeenteontwikkeling, predikantebegeleiding en publieke getuienis. Die nuwe tweelingverhoudings tussen NG Gemeentes en gemeentes in Khayalitsha het die sinode in verwondering gehad. Daarmee saam het Nioma Venter van Diaconia vertel van hulle nuwe ooreenkoms met
Badisa. ’n Unieke eenstopdiens vir vroeëkindontwikkeling genaamd Little Seeds in die Wes-Kaap het daaruit voortgespruit, ‘n nuutskepping en wonderwerk wat God aan die oprig is. Daaris ook begin met die verkiesing van die moderatuur en dit was met vreugde dat Nelis Janse van
Rensburg (Welgemoed-gemeente) as moderator verkies is, Nioma Venter (PSD Diakonia) asassessor en Charl Stander (Parke-gemeente in Kraaifontein) as aktuarius. Dinsdag se tema was VEROOTMOEDIGING en tydens die eerste sessie word daar gesels
oor menswaardigheid. Die waardes van die sinode is bevestig om elke tafel: “Ingenooi deur God en daarom een in die Gees en gelyk langs Christus, wil ons sensitief en respekvol wees teenoor: Verskillende teologiese vaardighede, verskillende geslagte, verskillende
seksuele oriëntasies, verskillende kulture, verskillende rasse, verskillende klasse, verskillende liggaamlike vermoëns, verskillende geestestoestande, verskillende ouderdomme. Ons wil dit wys in: Hoe ons praat, hoe ons na mekaar kyk, hoe ons aan
mekaar raak, hoe ons luister. Hiertoe verbind ons ons”. Die direkteur van die Stellenbosch Bestuurskool, Piet Naudé, beklemtoon dat die kerk ‘n belangrike rol in die ekonomie speel.
Op sy kenmerkende manier het die harde feite en realiteite waarin ons kerk is, uitgelig.
Kobus Odendaal stuur die tafelgesprekke na ekologie deur die vraag te vra: “Wat het ons met die aarde aangevang?” Die Taakspan vir
Ras-en-Versoening kyk na die uitdagings van gemeentewees in ’n tyd soos hierdie, terwyl Braam Hanekom vyf kritiese areas uitlig wat
ons toekoms as kerk gaan bepaal. Die saakgelastigde Bossie Minnaar kom aan die woord oor verantwoordelike rentmeesterskap en
die bepaling van die sinodale aandeel, aanwending van reserwe fondse. Hy gee ook ’n oorsig oor die aktiwiteite van die Sinodale
Diensgroep vir Ondersteuningsdienste se onderskeie taakspanne. Dit was ook aangenaam om die nuutaangestelde
kommunikasiebestuurder, Ronelda Visser te verwelkom. Francois Herselman (Parow Panorama-gemeente) is gedurende die dag as
die nuwe skriba aangewys en Nadia Marais (Stellenbosch Welgelegen-gemeente) as die eerste addisionele lid.
Woensdag se dagtema was VERTROUE. Frederick Marais het die dag ingelei met die nuwe
bedeling vir teologiese opleiding, terwyl Elna Mouton uitgebrei het oor die Andrew Murray
Sentrum vir Spiritualiteit wat onlangs in Wellington geopen is. Die regskommissie het onder
leiding van Charl Stander en Quintus Heine die sinode gehelp om die belangrikheid en
waarde van ‘n sinodaal-presbiteriale stelsel te verstaan. Hier is ruimte gebied om die
funksionering en belangrikheid van die onderskeie ampte van die kerk te belig. Die sinode
het die voorgestelde reglemente goedgekeur. Gemeentes kan na die afloop van die Algemene Sinode op die uitkyk wees vir die nuwe reglementebundel wat saam met die
Kerkorde sal verskyn. Tydens hierdie sessie is Michelle Boonzaaier (Brackenfell kry die regte
naam van die gemeente hier) verkies as die tweede addisionele lid van die moderatuur. Die
Vir meer inligting, die SinodeNuus, fotos, videoinsetsels en die notule van elke dag gaan na https://kaapkerk.co.za/sinodenuus-sinode-2019/
verslag van die moderamen het gehandel oor die 16 fokusareas waaraan die moderamen die afgelope vier jaar aandag geskenk het.
Die omvang van hierdie verslag dui op die hoë gehalte werk, deursettingsvermoë en toewyding wat daar in die sinode is. Van die
hoogtepunte in die verslag was evangelisasie, die rol van millenials in die kerk, leierskapsontwikkeling, ekologie, kerkeenheid en
selfdegeslagverhoudings. Pieter van der Walt en Heerden van Niekerk hou hierna ‘n omvattende verslag van STLAS se werk oor
selfdegeslagverhoudings aan die sinode voor. Die kern van die verslag handel oor identiteit, eenheid, liggaamlikheid en geregtigheid.
Na indringende tafelgesprekke en besprekings is die volgende besluit goedgekeur:
1. Die sinode neem kennis dat ’n toenemende aantal gemeentes aan die hand van STLAS se gespreksmateriaal en versoeke, gesprekke
oor selfdegeslagverbintenisse begin voer het en dat dit tot groter begrip vir mekaar se standpunte gelei het.
2. Die sinode neem verder kennis dat gemeentes, ongeag die posisie wat ingeneem word, daarin slaag om:
2.1 met integriteit, openheid, broosheid en respek aan die gesprek deel te neem,
2.2 waardering te kry vir die kompleksiteit en sensitiwiteit van die saak,
2.3 te besef dat dit uiteindelik oor die lewens en menswaardigheid van mede-broers en -susters in Christus gaan.
3. Die sinode neem kennis dat verskille in die kerk ten opsigte van Skrifhantering en Skrifuitleg in hierdie saak tot ’n vasgelooptheid in
die gesprek gelei het, en dat voortgaande besinning oor verantwoordelike Skrifuitleg steeds nodig is.
4. Die sinode bely egter dat die eenheid van die kerk gefundeer is in ’n eenheid met Christus en die belydenisgrondslag, en dat hierdie
eenheid nie verbrokkel wanneer daar oor Skrifhantering en Skrifuitleg ten opsigte van hierdie saak verskil word nie, maar verryk en
verdiep word.
5. Die sinode is verbind tot ’n voortgaande en nederige diepe luister na mekaar, met respek vir mekaar se uiteenlopende benaderings,
Skrifhantering en hermeneutiek.
6. Die sinode moedig gemeentes aan om voort te gaan met die skep van gesprekruimtes vir gesonde geloofsonderskeidende gesprekke
oor hierdie (en ander) teologies-etiese kwessies, en toe te sien dat:
6.1 hierdie ruimtes inklusief en divers bly;
6.2 nie oor ánder te praat nie, maar eerlik en broos vanuit die eie posisie, en
6.3 daar werklik erns gemaak word met die Woord van God.
7. Die sinode respekteer kerkrade se reg om geloofsonderskeidende gesprekke in hulle eie kontekste te voer en moedig kerkrade aan
om deurdagte en verantwoordelike besluite te neem.
8. Die sinode moedig kerkrade aan, om by die aanwysing van persone in die ampte, lidmate se:
8.1 doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe,
8.2 toegang tot die sakramente,
8.3 integriteit van verhoudings, en
8.4 geskiktheid vir die spesifieke rol in ag te neem
8.5 ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie en -identiteit.
Prosesvoorstel vir die Algemene Sinode
9. By die legitimasie van teologiese studente, moet die studente se:
9.1 doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe,
9.2 toegang tot die sakramente,
9.3 integriteit van verhoudings, en
9.4 teologiese- en bedieningsvorming in ag geneem word, ongeag ras, geslag, klas, of seksuele oriëntasie en -identiteit.
Donderdag word volgens die tema ’n reis van VERBEELDING. Anriëtte de Ridder het die sinode op ‘n smaaklike reis van verbeelding
en kreatiwiteit oor Jeugbediening gelei. Die gesprek oor die kerk van die toekoms saam met jong volwassenes het sinodegangers
uitgedaag om tydens die tafelgesprekke met vindingryke voorstelle vorendag te kom wat kan help om die kerk van die toekoms te vorm.

Nioma Venter het die gesprek verder geneem en die realiteit van kerkwees in ‘n land wat daagliks nood het, uitgebeeld. ‘n Aangrypende dokumentêr is gemaak oor hoe die kerk ‘n spiraal van hoop vir elkeen in nood is. Die harde feite oor
aardverwarming, klimaatsverandering en ekologie is verder belig deur Prof. Bob Scholes van WITS Universiteit. Hy het die sinode gehelp om te besef dat elke gelowige ‘n getuienisrol kan speel in die wyse waarop ons die aarde beskerm. Gustav Meyer het die sinode se fokus geskuif na “Vars Maniere van Kerkwees” en verhale vertel waar geloofsgemeenskappe gevorm word in baie unieke situasies.
Die dag is verder in verbeelding geneem toe Pieter van der Walt, Gielie Loubser en Karlien Becker ʼn nuwe produk vir evangelisasie bekend gestel het. “VERTEL: Dra die Goeie nuus” is werklik goeie nuus vir gemeentes en die wêreld. Dit wil gemeentes
Vir meer inligting, die SinodeNuus, fotos, videoinsetsels en die notule van elke dag gaan na https://kaapkerk.co.za/sinodenuus-sinode-2019/
help om met vertroue, nuwe motivering en goeie vaardighede die goeie nuus van die evangelie met ander mense te deel. Gemeentes
kan Bybel-Media kontak vir meer inligting. Die dag is afgesluit met nuwe verbeelding oor teologiese opleiding. Die eerste kerkraadslid
wat verkies is tot die moderatuur is Riana Furniss (Tulbagh-gemeente).
Die laaste dag se tema was VERBINTENIS. Die laaste sake is afgehandel en Hendri Niehaus (Boesmanland-gemeente) is verkies tot die
tweede addisionele kerkraadslid van die moderatuur. Daarna is begin met die gesprek oor kerkeenheid. Nelis Janse van Rensburg het
die totstandkoming van die tussen-orde verduidelik. Dit is ʼn dokument wat deur die Algemene Sinode van die NG Kerk sowel as die
Algemene Sinode van die VGKSA goedkeur is. ʼn Kopie (Pilgrimage to Unity) is aan elke gemeente uitgedeel. Dit stel kerkrade,
gemeentes, ringe en sinodes in staat om te kan verenig. Die sinode het die volgende besluit oor kerkeenheid goedgekeur:
Die Sinode besluit om:
1. sy diepe spyt uit te spreek oor die feit dat die NG Kerk se huidige kerkregtelike bedeling dit onmoontlik maak vir die sinode om die
Belydenis van Belhar as ’n vierde belydenisskrif kerkregtelik te aanvaar.
Die Sinode besluit om:
2. die Belydenis van Belhar by hernuwing te onderskryf omdat dit:
2.1 sy oortuiging en identiteit verwoord,
2.2 gelowiges inspireer om die evangelie te beliggaam in al ons verhoudings.
Die Sinode besluit ook om:
3. die tussen-orde (van die VG Kerk in Suider-Afrika en die NG Kerk) te benut om dringend die eenheid tussen die NG Kerk in Wes-
Kaapland en die VGKSA (Kaapland) te implementeer, deur:
3.1 gemeentes aan te moedig om met VGK- gemeentes in gesprek te tree oor eenheid en met behulp van die tussen-orde te verenig;
ringe aan te moedig om, met behulp van die tussen-orde, met hul naasliggende VG Kerk-ringe te verenig;
3.2 ringe aan te moedig om, met behulp van die tussen-orde, met hul naasliggende
VG Kerk-ringe te verenig;
3.3 bestaande verenigde ringe aan te moedig om formeel hulle eenheid te bekragtig in terme van die tussen-orde.
4. Die sinode spreek die wens uit om ons verhouding met die VGKSA (Kaapland) te verinnig en versoek die moderatuur om met die
VGKSA (Kaapland) se leierskap in gesprek te tree oor die moontlikheid om op sinodale vlak met die VGKSA (Kaapland) te verenig deur:
4.1 die besture en taakspanne van die diensgroepe/bedieninge van die onderskeie kerke se werksaamhede saam te voeg;
4.2 die moderamen van die Sinode van Wes-Kaapland en die Sinodale Kommissie van die VGKSA (Kaapland) gesamentlik te laat
vergader.
4.3 die moderature van beide kerke word versoek om ondersoek te doen na die moontlikheid om oor vier
jaar saam sinodesitting te hou.
4.4 die moderamen te versoek om, waar daar sulke vergaderings gehou word, deurgaans in gesprek te wees
met gemeentes wat verenig het, en op die eenheidspad is.
Dit was deurgaans tekenend van die sinode hoe die waardes sinodegangers gehelp het om ‘n veilige ruimte
om tafels en in gesprekke te vorm. Gesprekke oor ‘n verskeidenheid van temas is gevoer. Sommige was
makliker en ander meer uitdagend.

Die waardes, die verbintenis aan mekaar en die waagmoed om die Here
te volg het ook die sinode gehelp om die volgende besluit te neem:
1. Die sinode erken:
1.1 dat daar kerkrade en predikante is wat nie hulle weg oopsien om burgerlike verbintenisse
tussen persone van dieselfde geslag te bevestig nie,
1.2 dat daar ook kerkrade en predikante is wat wel hulle weg oopsien om burgerlike verbintenisse
tussen persone van dieselfde geslag te bevestig.
2. Die sinode wil graag die ruimte wat in Besluit 25 van hierdie vergadering vir almal geskep word, om volgens hulle oortuiging op te
tree, bevestig.
3. Die sinode besluit om gemeentes in te lig dat die Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode met die Departement van
Binnelandse Sake oor die registrasieprosedure vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag in
gesprek is, ten einde uitvoering te gee aan die 2015-besluit van die Algemene Sinode.
4. Die sinode versoek die Saakgelastigde om gemeentes in te lig wanneer die registrasie afgehandel is.
5. Die sinode dra dit aan STLAS op om ‘n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van
dieselfde geslag.
6. Die sinode
6.1 betreur dat die verloop van die debat en die besluite in die kerk die afgelope jare lidmate verwar en seergemaak het;
6.2 vra gay-lidmate en hulle families wie se menswaardigheid wetend en onwetend misken is, uitdruklik om verskoning vir die pyn wat
hulle in die kerk beleef het;
Vir meer inligting, die SinodeNuus, fotos, videoinsetsels en die notule van elke dag gaan na https://kaapkerk.co.za/sinodenuus-sinode-2019/
6.3 verbind hom daartoe om in die gees van Besluit 25 ruimtes te skep vir gesprek waarin almal se menswaardigheid gerespekteer
word.
7. Die sinode bedank gay-lidmate wat volgehou het met waagmoedige en konstruktiewe gesprekke in die kerk.
8. Die sinode dra dit aan STLAS op om voort te gaan met studie oor die huwelik en menslike seksualiteit met die oog op terugvoer aan
die volgende sinode.
Die sinode is afgesluit met ‘n nagmaalsgeleentheid waar elkeen met die ontvang van die brood en wyn herinner is dat ons aan God
behoort. Nadat die sinode die volgende verbintenis gemaak het, is sinodegangers terug na hul huise, gemeentes, gemeenskappe en
leefwêreld om Jesus te volg met waagmoed!
Verbintenis Sinode 2019
Ons is in verwondering oor die verlossende werk van die Vader en die Seun en die Gees
in ons gemeenskappe
en hoe God ons deel maak daarvan as kerk.
In verootmoediging waag ons om eerlik te wees oor ons vrees en huiwering.
Ons vertrou met broosheid die evangelie van die
lewende Here Jesus Christus by wie daar geen
onderskeid is tussen mense.
Ons verbind ons om verbeeldingryk as gestuurdes aan
God se helende werk deel te neem tot florering van sy skepping,
wetende dat die Gees vir ons pleit met onuitspreeklike versugtinge.

OM BY VRYDAGNUUS IN TE TEKEN

U kan of ’n epos stuur met naam/van en e-pos adres na kommunikasie@kaapkerk.co.za of gaan na www.kaapkerk.co.za en die vorm wat sal opwip, voltooi.

In die Nuus