Deur : Skriba  /  May 31st, 2019

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. By elke deur is ons Junie Dankoffer koevertjies. Neem gerus een. Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word.

Met die toer samel hulle geld in vir Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

Ons moet slaapplek  reël vir die 24 lede van die span vir die aand van die 12de Julie. Enige iemand wat ‘n slaapplek of twee kan aanbied  moet asb vir Hennie van Deventer skakel by 072 433 0085

VERLOF

Ds NJ is met verlof van 10-23 Junie. Indien u ‘n leraar benodig, skakel asseblief met Ds Annelet Slazus.

DUVET PROJEK

Oom Koos en tannie Susan kon op Hexberg plaas 26 pragtige duvets wat vrouens van NG Wellington-Oos          gemaak het uitdeel vir al die permanente werkers se kinders!!! Wat ‘n groot BLESSING is dit nie vir daai kinders om onder ‘n mooi warm duvet te slaap nie.Oom Koos kon al die afgelope paar jaar ‘n paar honderd duvets uitdeel vir kinders wat van NG Kerk Wellington-Oos kom.

BESOEKE AAN GEMEENTES

 Ons gaan op Pinkstersondag ‘n paar gemeentes besoek waarmee ons in die afgelope tyd geskakel het. Ons gaan die  Chechewa gemeente besoek  en die AGS gemeentes besoek. Indien u wil saamgaan na die Chechewa (Malawi) gemeente skakel asb met Ryk van Velden  sel 082 857 4368 en as u na die AGS gemeente 9:00 wil gaan skakel met Suzan Wüst 082 536 0607.

         PINKSTER  30 MEI –  9 JUNIE

Die tema van die reeks is :

Beloftes van God. 

Daar sal om 10:00 in die oggende van 3-6 Junie pinksterdienste wees by Wellington-Oos asook kinderpinkster in die aande van 2-6 Junie.

BELOFTES VAN GOD  

REEKS:

DONDERDAG 30 MEI

God se beloftes : Gal 3:26-29

VRYDAG 31 MEI

Sorg: Heb 13:5-6

SATERDAG 1 JUNIE

Bekommernis: Fil 4:4-7

SONDAG 2 JUNIE

Beskerming: Ps 23

MAANDAG 3 JUNIE

Gebed: 1 Sam 1:10-20

DINSDAG 4 JUNIE

Ewige Lewe: 1 Joh 5:1-2;11-13

WOENSDAG 5 JUNIE

Vreugde: Rom 14:17

DONDERDAG 6 JUNIE

Wysheid: Jak3:13-18

VRYDAG 7 JUNIE

Vergifnis: Ps 51

SATERDAG 8 JUNIE

Trou: Jes 43:1-5

SONDAG 9 JUNIE

Die Heilige Gees: Joh 16:5-15 (7)

Elke aand na die pinksterdiens geniet ons sop en broodjies in die saal of onder die afdak.

BYBELVERSPREIDING:Van 3-6 Junie is daar kollekte vir Bybelverspreiding.

VOORBIDDING:  Daar sal voorbidding om 06:30 in die konsistorie gedoen word vanaf Maandag 27 Mei-Woensdag 29 Mei en elke aand van pinkster vanaf 18:45 in die konsistorie.

BOEKE VERKOPE TYDENS PINKSTER

Suzanne Fabricius sal weer ‘n boek verkope hou in die saal na die pinksterdienste in die aand. Indien daar enige iemand is wat dalk geestelike boeke het wat hulle nie meer gebruik nie kan u dit vir ons asseblief by die kerkkantoor kom afgee wat ons dan ook tydens pinkster beskikbaar sal stel.

 

VAKANSIEFEES 18-21 JUNIE

Laaste dag vir Tieners om in te skryf vir Vakansiefees as leier

Vandag, 2 Junie, is die laaste dag wat groepleiers kan inskryf vir Vakansiefees. Whatsapp sommer vir Annelet direk na kerk vir die inskrywingsvorm.

Vakansiefees benodig nog Stasieleiers

Ons kort nog 4 volwassenes wat sal help as stasieleiers by Vakansiefees. Al die voorbereiding word voor die tyd vir jou gedoen, jy hoef net op die dag jou stasie voor te berei en aan te bied vir die verskillende groepe wat jou kom besoek.

Kontak gerus vir Annelet as die Here dit op jou hart om op so ‘n manier in die jong mense se lewens te belê.

 

INSTANDHOUDINGSFONDS

Na vele gesprekke oor die skade van die droogte aan die kerktuin, het die briljante idee ontstaan dat ons as kantoordames geld moet insamel vir tenke. Ons kon baie gou 3 tenke koop vir plasing in die binnehof. Die inisiatief kry vinnig momentum toe ‘n weldoener besluit om die res van die tenke te skenk.  Sjoe, ons was sooooooooo opgewonde!  Ons insamelingswerk was verby.

Soos dit maar in die kerkkantoor gebeur het ons egter deeglik bewus geraak dat ons kerkgebou besig is om agteruit te gaan en dat fondse vir broodnodige instandhouding net nie beskikbaar is nie. Uit die finansiële kantoor se verslae raak dit ook al meer duidelik dat daar nie binnekort groot bedrae beskikbaar sal wees vir hierdie doel nie.  Met dit in gedagte het ons weer ‘n insamelingspoging van stapel gestuur – hierdie keer om ‘n Instandhoudingsfonds op die been te bring.

Die eerste geleentheid is ‘n afval-aand wat gehou word op VRYDAG 5 JULIE 2019. Vir diegene wat nie afval eet nie sal daar kerriehoender wees. Kaartjies R150.00 per persoonKaartjies is beskikbaar of besprekings kan gedoen word by Mariska Pool (083 235 1248) of Grietha van Zyl (084 245 1695).  Ons wil graag sien dat lidmate hul familielede of vriende motiveer om saam ‘n tafel te neem of kleingroepe kan besluit om ‘n slag informeel ook saam te kuier. Tafels van tien is beskikbaar vir ‘n heerlike saamkuier.

Ons 2de projek later in die jaar is ‘n dans-met-‘n-tema aand wat ‘n ongelooflike lekker familie-aand beloof te wees. Almal gaan aantrek volgens ‘n tema en daar sal tonne pryse te wen wees.  Hou gerus hierdie ruimte dop!!

Ons hoor gereeld by ons ouer lidmate dat ons kerk gebou is met pannekoek- en koeksister-verkope. Ons is van opinie dat ons weer as lidmate die kerkgebou kan opknap met die spreekwoordelike pannekoek en koeksisters of dalk net afval of ‘n draai op die dansbaan.  Ja, die kerk beskou nie meer dans as sonde nie 😊

Die fonds staan reeds op R52,220.00 wat verkry is deur nog ‘n weldoener se skenking asook verkope van afval-etes.  Ons droom egter groot en mik hoog en wil graag ieder en ‘n elk motiveer om deel te word van ons R1,000,000 uitdaging.

Ons steel graag by die Wildsfees-komitee met hul leuse:  WELLINGTON-OOS KAN!

Groete:  Mariska en Grietha (en elkeen wat gaan deel word van ons inisiatief)

 

In die Nuus