Deur : Skriba  /  June 6th, 2019

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. By elke deur is ons Junie Dankoffer koevertjies. Neem gerus een. Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

VERLOF

Ds NJ is met verlof van 10-23 Junie. Indien u ‘n leraar benodig, skakel asseblief met Ds Annelet Slazus.

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word.

Met die toer samel hulle geld in vir

Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

Ons moet slaapplek  reël vir die 24 lede van die span vir die aand van die 12de Julie. Enige iemand wat ‘n slaapplek of twee kan aanbied  moet asb vir Hennie van Deventer skakel by 072 433 0085

JEUG MIDWEEK PROGRAMME

Jeug Midweek programme, KIX, Tekkies en Muurprop begin weer die tweede week van die nuwe kwartaal. Mag julle ‘n heerlike vakansie hê en ons sien mekaar weer in die nuwe kwartaal.

LAASTE DAG OM DIE “EARLY BIRD” INSKRYWINGS TE VANG VIR VAKANSIEFEES

Vandag, 9 Junie, is die laaste dag vir die “early bird” inskrywings vir Vakansiefees. As jy iemand ken wat dalk nog belang sal stel om hulle kinders in te skryf, nooi hulle gerus om dit te doen deur die link op die gemeente se facebook blad in te vul.

 

VAKANSIEFEES VOORBIDDING

Die jaarlikse vakansieprogram, Vakansiefees, harloop van 18-21 Junie. Ons is hierdie jaar ongeveer 100 kinders en 30 groepleiers. Ons tema fokus op die verhaal van Saggeus en hoe dit ons help om anders te kyk, leef, doen en gee as dissipels van Jesus. Bid gerus vir hierdie groep, dat ons in hierdie tyd nader aan Jesus sal groei. Bid spesifiek ook asb. vir die groepleiers wat al ‘n week besig is met voorbereiding en opleiding. Hierdie groep tieners is werklik mentors en rolmodelle vir die jongspan.

DS CORNIS BOTHA

Hy en Elsje en sy skoonma Carien trek 20 Junie in. Sy selnr is 078 973 3307 en sy epos is cornisbotha@gmail.com. Hy is In die gemeente se diens van 1 Julie en word op 14 Julie bevestig.

 

In die Nuus