Deur : Skriba  /  June 14th, 2019

VERKOPE UIT KANTOOR

Daar is nog artikels oor van die snoekfees te Middelburg. Die volgende is beskikbaar: Blikkies “Fruit Cocktail” / R8 vir 420g en R12 vir 825g. Daar is ook wyn,  droëvrugte en ingelegde koejawels beskikbaar. Skakel gerus die kerkkantoor by 021 873 2690 vir verdere navrae.

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. By elke deur is ons Junie Dankoffer koevertjies. Neem gerus een. Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

VERLOF

Ds NJ is met verlof van 10-23 Junie. Indien u ‘n leraar benodig, skakel asseblief met  Ds Annelet Slazus.

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word

Met die toer samel hulle geld in vir Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

Ons moet slaapplek  reël vir die 24 lede van die span vir die aand van die 12de Julie. Enige iemand wat ‘n slaapplek of twee kan aanbied  moet asb vir Hennie van Deventer skakel by 072 433 0085

VAKANSIEFEES VOORBIDDING

Die jaarlikse vakansieprogram, Vakansiefees, harloop van 18-21 Junie. Ons is hierdie jaar ongeveer 100 kinders en 30 groepleiers. Ons tema fokus op die verhaal van Saggeus en hoe dit ons help om anders te kyk, leef, doen en gee as dissipels van Jesus. Bid gerus vir hierdie groep, dat ons in hierdie tyd nader aan Jesus sal groei. Bid spesifiek ook asb. vir die groepleiers wat al ‘n week besig is met voorbereiding en opleiding. Hierdie groep tieners is werklik mentors en rolmodelle vir die jongspan.

 

In die Nuus