Deur : Skriba  /  June 28th, 2019

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons gee dankoffers omdat ons dankbaar is teenoor die Here wat ons verlos
het van ons sondeskuld en vir ons die ewige lewe gee. By elke deur is ons Junie Dankoffer koevertjies. Neem gerus een. Paulus in 2 Kor 9 : 7 sê :” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word.

Met die toer samel hulle geld in vir Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

Ons moet slaapplek  reël vir die 24 lede van die span vir die aand van die 12de Julie. Enige iemand wat ‘n slaapplek of twee kan aanbied  moet asb vir Hennie van Deventer skakel by 072 433 0085

 

DS CORNIS BOTHA

Baie  welkom aan Ds Cornis en sy vrou ElsjeDs Cornis se  selnr is 078 973 3307 en sy epos is cornisbotha@gmail.com.

Hy is In die gemeente se diens van 1 Julie en word op 14 Julie bevestig.

 

VROUEKAMP 2019 

Dames dit is alweer daardie tyd van die jaar. Ons vrouekamp gaan baie besonders wees saam met Aneen Naudé. Moet dit nie misloop nie.

Ons maak die jaar weer gebruik van eie vervoer, maar ons sal weer saamry geleenthede onder mekaar reël. Indien u bereid is om met u voertuig te ry kontak vir Mariska by die kerkkantoor of vir Karen Van As by 082 446 7002 / (021) 873 5222.

DATUM: 26-28 Julie

PLEK: Kleinmond

KOSTE: R500 pp

TEMA: Die Here is my vaandel

 

VERLOF

Ds Annelet is met verlof tydens die volgende datums:  29 Junie-1 Julie en 5-8 Julie.

 

KERRIE AFVAL/HOENDER ETE VERSKUIF

Die afval/hoenderete skuif na 2 Augustus a.g.v. baie mense wat dit graag wil bywoon , maar tans op vakansie is.

Voel u lus om ‘n senior burger te borg vir ‘n wegneemete kontak gerus vir Grieta Van Zyl by 084 245 1695.

 

In die Nuus