Deur : Skriba  /  July 4th, 2019

G-VOUCHER PROJEK

Ons gemeente se teenwoordiger vir die G-Voucher projek is Johan Carstens

Sy kontakbesonderhede is 0842435273

 

BESOEK VAN ATLETE VIR CHRISTUS

12  JULIE 2019

Die Atlete vir Christus besoek Wellington vanjaar op hulle jaarlikse draftoer. Hulle kom Vrydagmiddag die 12de Julie hier in Wellington aan en vertrek weer die  volgende oggend. Hulle sal die Vrydagaand ‘n program van sang en getuienisse aanbied waarna ons hele gemeente uitgenooi word.

Met die toer samel hulle geld in vir Bybel-media se bediening aan gevangenes. Verlede jaar het hulle die fantastiese bedrag van R120 000 ingesamel vir die doel.

 

DS CORNIS BOTHA

Ds Cornis en sy vrou Elsje is nou amptelik deel van ons gemeente.

Ons wil u daaraan herinner dat sy bevestiging  volgende Sondag 14 Julie sal plaasvind tydens ons oggenddiens.

Ds Cornis se  selnr is 078 973 3307

 

VROUEKAMP 2019 

Dames dit is alweer daardie tyd van die jaar. Ons vrouekamp gaan baie besonders wees saam met Aneen Naudé. Moet dit nie misloop nie.

Ons maak die jaar weer gebruik van eie vervoer, maar ons sal weer saamry geleenthede onder mekaar reël. Indien u bereid is om met u voertuig te ry kontak vir Mariska by die kerkkantoor of vir Karen Van As by 082 446 7002 / (021) 873 5222.

DATUM: 26-28 Julie

PLEK: Kleinmond

KOSTE: R500 pp

TEMA: Die Here is my vaandel

 

VERLOF

Ds Annelet is met verlof tydens die volgende datums:  29 Junie-1 Julie en 5-8 Julie.

 

KERRIE AFVAL/HOENDER ETE VERSKUIF

Die afval/hoenderete skuif na 2 Augustus a.g.v. baie mense wat dit graag wil bywoon , maar tans op vakansie is.

Voel u lus om ‘n senior burger te borg vir ‘n wegneemete kontak gerus vir Grieta Van Zyl by 084 245 1695.

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

JULIE:

14 Julie  – Bevestiging van Ds Cornis Botha

15-18 Julie  – Jeugweek by Hugenote

21 Julie  – Hugenote Hoërskool se koor tree op tydens oggenddiens

26-28 Julie  – Vrouekamp te Kleinmond

27-28 Julie  – Getuienisnaweek

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

4 Augustus  –  40 Dae begin

23-25 Augustus  –  Gemeentekamp te Kampala

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

20-22 September  – Fietstoer

 

In die Nuus