Deur : Skriba  /  July 12th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

JULIE:

22-24 Julie  – Jeugweek by Hugenote

21 Julie  – Hugenote Hoërskool se koor tree op tydens oggenddiens

26-28 Julie  – Vrouekamp te Kleinmond

27-28 Julie  – Getuienisnaweek

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

4 Augustus  –  40 Dae begin

23-25 Augustus  –  Gemeentekamp te Kampala

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

20-22 September  – Fietstoer

DOOP KURSUS

Beplan julle om binne die volgende 6 maande te doop, hetsy julle tans swanger is en of die klein ding reeds gebore is. Ons volgende doopskursus begin 6 Augustus.      Kontak die Kerkkantoor om aan te sluit by hierdie geleentheid.

PREDIKANTSWYKE

Ds NJ-  10, 14-25, 32-34, Richelieu, Albatros, Onder Berg en Dal, Groenberg, Blouvlei, Dukes, Krommerivier.

Ds Cornis– 1-8, 11-13, 26-31, Patatskloof, Spruitrivier, Uitsig-Suid, Uitsig,    Uitsig-Noord, Hertzog, Les Hugenot A & B, Sunfield, Diemersfontein.

Ds Annelet– 7, 9, Bordeux, Laer Uitsig

Skakel asseblief die leraar wat verantwoordelik is vir u wyk indien u ‘n leraar      benodig.

Ds Cornis se sel nommer is: 078 973 3307 / Epos:cornis@wellingtonoos.co.za

SPAAR ASB DIE  NOMMER OP JOU FOON!    

Ons wil graag uit die kantoor met julle kommunikeer via eenringting boodskappe (broadcasts).

Hierdie boodskappe word egter slegs ontvang as die nommer van wie dit kom op die foon gespaar is. Spaar dus asb. sommer nou, onder Wellington-Oos Kerkkantoor die volgende no.: 066 301 2011

4 AUGUSTUS 19:00 ONS GESELS OOR  DEPRESSIE 101

Depressie is nie net die “buzz woord” van die dag nie. Dit is ‘n realiteit waarmee meer as 80% van mense daagliks moet saamleef, direk of indirek. Kinders so jonk as 3 jaar oud kan tekens van depressie wys.  Sondagaand 4 Augustus om 19:00 tydens die aanddiens kom gesels Johan Laten van Depressie 101 met ons oor die tekens en uitdagings van hoe om met Depressie te leef en te floreer. Ons nooi almal, jonk en oud na hierdie geleentheid. Ons nooi ook veral al die Blackies om hierdie geleentheid by te woon.

VAT 5

Elke lidmaat van die gemeente behoort by n vat 5 groep ingeskakel te wees. Indien u vat 5 er nog nie met u kontak gemaak het nie , skakel asb met kerkkantoor of leraar van u wyk.  om te weet wie u vat 5 verteenwoordiger is , kyk asb op u kalender onder ” vat 5 vertenwoordigers”. U kan ook met die groepleier skakel. Sien vat 5 – groepleiers in kalender.

ACVV MARKDAG

Die ACVV dienssentrum Wellington hou die eerste Vrydag van die maand (die eerste een is 2 Augustus) ‘n markdag, op die hoek van Bainsstraat en fonteinstraat.  Ons nooi graag almal uit om te kom kyk, koop en proe aan alles wat te koop aangebied word.  Ons open om 09:00 die oggend en hou aan tot so 13:00.  Hoop ons sien julle daar. Vir verdere navrae kontak Hetta Cloete by (021) 873 3158

4 AUGUSTUS – 8 SEPTEMBER 40 Dae Reeks: 

Aan Tafel :Jesus verhale uit Lukas en Handelinge

Ons 40 dae reeks skop 4  Augustus af. Soos oudergewoonte sluit ons aan by die ander Wellington NG Kerke vir ‘n 40 dae reeks. Hierdie jaar kyk ons na tafelgesprek verhale vanuit Lukas en   Handelinge. Ons moedig julle aan om ‘n kleingroep te vorm vir hierdie 40 dae om so ook dieper en wyer met mekaar te gesels en nader aan God te groei. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy wil inskakel by ‘n kleingroep of vir Suzan Wust (082  536 0607) / Danie Theart (084 517 2610).

KATEGESE HARDLOOP WEER STERK IN DIE DERDE KWARTAAL

Kategese is ‘n veilige ruimte waar ‘n groep mense saam reis om geloof te vorm, oor geloofstemas en vrae gesels en waar jongmense met mekaar en met God kan connect.

Kategese is nie iets wat net toevalling gebeur nie en dis veral nie skoling wat jy eers moet deurkom om ‘n lidmaat te raak nie, maar dit is ‘n plek waar ons daarop fokus dat jongmense ‘n hart vir God en die wêreld ontwikkel en waar jongmense bemagtig word om met hul vriende en familie oor God te gesels om so hulself te verbind aan die liggaam van Christus, van jonks af en nie eers in hulle belydenis jaar nie.

By Wellington-Oos is kategese een van die hoof kontak tye wat ons met die Jeug het. Daar is slegs 30 ontmoetings hierdie jaar. Hierdie tyd is vir ons kosbaar en ons wil graag dit optimaal gebruik om die jongmense te bemagtig, bemoedig en te ondersteun.

As ouer(s) vra ons dat u asb. saam met ons sal bid vir jou kind(ers) se kategese en dat julle hierdie tyd sal ernstig opneem aangesien dit ‘n belangrike rol in jou kind se geloofsvorming speel. Kom saam met jou gesin kerk toe, drink ‘n koppie tee na die erediens terwyl daar kategese is vir 45min en gesels in die week met gesin oor Sondag se erediens deur die Huisgeloof blaadjie te gebruik.

Ons kinders leef ons voorbeeld en is afhanklik van ons leiding.

KLEUTERKERK

Kleuterkerk is ‘n veilige spasie vir ons woelige lidmate, want nog nie gemaak is om stil te sit nie waar hulle op ‘n ouderdomsgepaste manier die Here kan loof en aanbid en deel kan vorm van ons gemeente.

Ons nooi alle 2-5jariges om by hierdie groep in die Jeuglokaal te kom aansluit. Ons kort nog ‘n paar mamma’s en pappa’s of enige iemand met ‘n hart vir die jong klomp  wat sal help met die aanbieding van Kleuterkerk. Jy sal ongeveer elke vierde week ‘n aanbiedingsbeurt kry en die raamwerk van die ontmoeting en die aankope van die aktiwiteit word vir jou gedoen.

Kontak gerus vir Ds. Annelet by 082 337 2161 as jy belangstel.

HUISGELOOF EN GEBEDSBULLETIN

Binne elke aankondingblaadjie is daar ‘n weeklikse Huisgeloof en Gebedsbulletin wat mens verder laat dink en gesels oor die teks en tema van die familiediens. Haal gerus hierdie bladsy uit die blaadjie en sit dit in jou Bybel om so te gebruik vir Huisgodsdiens met die hele gesin van jonk tot oud, persoonlike tyd met God of in kleingroepe.

KLERE VERKOPE VRYDAG 19 JULIE EN SATERDAG 20 JULIE

Ons verkoop weer klere t.b.v. die Omgee en Jeug bedienings. Kom snuffel gerus deur die klere vir winskopies Vrydag 17:00-18:00 by die kerk of Saterdag tot 13:00 voor Moederkerk se kerksaal.

JEUGWEEK

Jeugweek verskuif na 22-24 Julie by Hugenote Hoërskool.

VROUEKAMP

Kom kuier saam met Aneen Naudé

26-28 Julie

Plek: Kleinmond

Tema: Die Here is my vaandel

Koste:R500 pp

Sluitingsdatum: 19 Julie 2019

Kontak die kerkkantoor vir besprekings.

 

In die Nuus