Deur : Skriba  /  July 19th, 2019

PREDIKANTSWYKE

Ds NJ-  10, 14-25, 32-34, Richelieu, Albatros, Onder Berg en Dal, Groenberg,      Blouvlei, Dukes, Krommerivier.

Ds Cornis– 1-8, 11-13, 26-31, Patatskloof, Spruitrivier, Uitsig-Suid, Uitsig,          Uitsig-Noord, Hertzog, Les Hugenot A & B, Sunfield, Diemersfontein.

Ds Annelet– 7, 9, Bordeux, Laer Uitsig

Skakel asseblief die leraar wat verantwoordelik is vir u wyk indien u ‘n leraar      benodig.

Ds Cornis se sel nommer is: 078 973 3307 / Epos: cornis@wellingtonoos.co.za

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

JULIE:

22-24 Julie  – Jeugweek by Hugenote

26-28 Julie  – Vrouekamp te Kleinmond

27-28 Julie  – Getuienisnaweek

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

4 Augustus  –  40 Dae begin

23-25 Augustus  –  Gemeentekamp te Kampala

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

15 September  – Ons kyk na die “Ds Tienie” fliek en gesels daaroor  (18:00)

20-22 September  – Fietstoer

ANGS EN DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Heleen en Mike Pretorius se lewe het onherroeplik verander deur ‘n verskriklike motorongeluk op pad terug van hulle wittebrood…. 30 Jaar later is hulle tevrede/content met hulle lewe en hulle gaan ons deur hierdie reis neem en ook wat dit verg om “content” te wees.

Tema: Om tevrede te wees

Datum: 23 Julie 2019

Waar: Marthasaal (NG Moeder-Gemeente Wellington)

Tyd: 19h15

 

DS CORNIS LANDLYN

Ons wil dit onder u aandag bring dat Ds Cornis se landlyn foutief is en dat u hom asseblief op sy selfoon sal kontak tot verdere kennisgewing.

Sy sel no: 078 973 3307

 

DOOP KURSUS

Beplan julle om binne die volgende 6 maande te doop, hetsy julle tans swanger is en of die klein ding reeds gebore is. Ons volgende doopskursus begin 6 Augustus. Kontak die Kerkkantoor om aan te sluit by hierdie geleentheid.

 

NUWE INTREKKERS /LIDMATE

Kom kuier saam met die predikante en kerkraadslede op 29 Julie in die Sentrum van 19:00-20:00 . Dis ‘n      kuiergeleentheid om nuwe mense te ontmoet en meer van ons gemeente te hoor. Ons sien uit daarna om u te ontvang.

4 AUGUSTUS – 8 SEPTEMBER  40 Dae Reeks: 

Aan Tafel Jesus verhale uit Lukas en Handelinge

Ons 40 dae reeks skop 4  Augustus af. Soos oudergewoonte sluit ons aan by die ander Wellington NG Kerke vir ‘n 40 dae reeks. Hierdie jaar kyk ons na tafelgesprek verhale vanuit Lukas en   Handelinge. Ons moedig julle aan om ‘n kleingroep te vorm vir hierdie 40 dae om so ook dieper en wyer met mekaar te gesels en nader aan God te groei. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy wil inskakel by ‘n kleingroep of vir Suzan Wust (082  536 0607) / Danie Theart (084 517 2610).

GETUIENIS NAWEEK SONDAG 28 JULIE

Ons is ‘n familie sonder grense wat uitreik oor alle grense, maar soms is hierdie grense moeilik om te oorkruis of te benader.

Sondag 28 Julie tydens die oggend diens kom gesels Ds. Gerhard Pietersen met ons oor hoe ons in vriendskap kan uitreik na Moslem vriende en kollegas. Sondagaand tydens die aanddiens vier ons saam met Edmund O’Ehley 30 jaar in die plaasbediening. Kom leef ons gemeente se     roeping saam uit.

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (intergemeentelike gebedsgroep vir herlewing en Wellington se sendelinge) ontmoet weer DV op Sondagmiddag, 21 Julie om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Daar sal weer vars gebedsnuus uit die sendingvel-de wees. Kom sluit asb by ons aan! Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

4 AUGUSTUS 19:00 ONS GESELS OOR  DEPRESSIE 101

Depressie is nie net die “buzz woord” van die dag nie. Dit is ‘n realiteit waarmee meer as 80% van mense daagliks moet saamleef, direk of indirek. Kinders so jonk as 3 jaar oud kan tekens van depressie wys.  Sondagaand 4 Augustus om 19:00 tydens die aanddiens kom gesels Johan Laten van Depressie 101 met ons oor die tekens en uitdagings van hoe om met Depressie te leef en te floreer. Ons nooi almal, jonk en oud na hierdie geleentheid. Ons nooi ook veral al die Blackies om hierdie geleentheid by te woon.

DIE LIG

In LiG se Augustus-uitgawe sprankel Rina Hugo, en haar twee kinders, Anri en    Riaan, op die voorblad. Rina het pas haar 70ste verjaarsdag gevier.

Die krieketskeidsregter, Marais Erasmus, gesels met ons – sy gesin wen elke keer die loot. En plattelandse vroue vertel hoe hul drome anderkant die dorpsgrense vlerke kry. Lees ook die 10 vat-dit-rustig-wenke om die platteland tot in jou huis te bring. Ons ondersoek die effek van emigrasie op dié wat agterbly. Stephan Joubert help ons om “laat u koninkryk kom …” beter te verstaan. Ons skryf ook oor die vroue in Jesus se lewe. Leer jou kind speel-speel van woorde, en gee vir hom ‘n  lewenslange voorsprong. Kry ook raad vir jou huwelik – as jou salaris groter as jou man s’n is.

Lig – vol inspirasie wat jou geloof verdiep, en jou lewe verryk.

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

SMARTSTART

Speelgroepies van Wellington hou “n Winter-Mark ten bate van hul “Skooltjies” op    Saterdag 3 Augustus in die Colibri-Gemeenskapsaal. Indien u enige produk bv. cupcakes, muffins, lekkergoed, klei ens. wil skenk vir hul verkope kan u vir Eureka Smit  skakel by 084 461 4028 of 021-8735730.

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING 5 AUGUSTUS

Ons gaan die nuwe kerkraadstruktuur evalueer en kyk na nominasies vir nuwe kerkraad.

KERKRAADSVERKIESING 19 AUGUSTUS

Gemeentelede kan nominasies indien by die kerkkantoor /of  tydens die erediens (sien vorm in afkondiginge)vir die volgende portefeuljes : Manne, vroue,seniors, jong werkendes, groepleiers en kleingroepe.

 

GEMEENTEKAMP TE KAMPALA

23-25 AUGUSTUS

Kom kamp saam by die luukse Kampala naby Bonnievale teen R250 per volwassene en R150 per kind vir die hele naweek. Jy hoef nie beddegoed en handdoeke saam te bring nie. Jy is net verantwoordelik vir jou eie etes wat ons nader aan die tyd met mekaar bespreek. Inskrywings tot 12 Augustus by kerkkantoor.

 

DANIELKONFERENSIE 14 September

Kom benut die geleentheid om saam met die manne geestelik te groei van 7:45-14:30

TERUGVOERING OOR NCLS VRAELYSTE

Die uitslag van die vraelyste wat tydens ’n vorige erediens deur u ingevul is, word bespreek op Sondag 28 Julie om 17:00 in die konsistorie. Almal is welkom om saam te luister en te beplan hoe ons op die uitslae gaan reageer en in gemeente se behoeftes te voorsien.

 

SPAAR ASSEBLIEF DIE NOMMER OP JOU FOON!

Ons wil graag uit die kantoor met julle kommunikeer via eenringting boodskappe (broadcasts). Hierdie boodskappe word egter slegs ontvang as die nommer van wie dit kom op die foon gespaar is. Spaar dus asb. sommer nou, onder Wellington-Oos Kerkkantoor die volgende no.: 066 301 2011

KLEINGROEPE TYDENS 40 DAE

Ons wil u graag aanmoedig om by ‘n kleingroep aan te sluit of ‘n nuwe groep te vorm tydens die 40 dae. Anton Nel het sy eie selgroep gestig en nooi mense met hulle kinders uit om deel te word van hulle groep. Indien u sou belangstel kan u hom kontak by 073 424 0628.

 

In die Nuus