Deur : Skriba  /  August 8th, 2019

 

40 DAE REEKS

WEEK 3  – LUKAS 14:15-24

WEEK 4 – LUKAS 22:7-23

WEEK 5  – HANDELINGE 10:1-11:18

WEEK 6  – HANDELINGE 2:41-47

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

23-25 Augustus  –  Gemeentekamp te Kampala

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

15 September  – Ons kyk na die “Ds Tienie” fliek en gesels daaroor  (18:00)

20-22 September  – Fietstoer

GEMEENTEKAMP TE KAMPALA            23-25 AUGUSTUS

Kom kamp saam by die luukse Kampala naby Bonnievale teen R250 per volwassene en R150 per kind vir die hele naweek. Jy hoef nie beddegoed en handdoeke saam te bring nie. Jy is net verantwoordelik vir jou eie etes wat ons nader aan die tyd met  mekaar bespreek. Inskrywings tot 12 Augustus by kerkkantoor. Navrae kan gerig word aan Ds NJ.

AKKOMODASIE AAN MIDDELBURGERS

Ons verwag weer 20 of meer Middelburgers as werkers by die komende Wildsfees 30-31 Aug. Ons vra dat u weer soos voorheen u harte en huise vir die vriende sal oopmaak om hulle te huisves. Feitlik al die etes sal hulle by die kerk geniet word sodat daar vir u nie veel moeite sal wees nie. Skakel asb. die kantoor of vir Danie Theart 084 517 2610 indien u bereid is om een of meer te neem.

AUGUSTUS OMGEE MAAND

Augustus is omgeemaand. In hierdie maand dink ons aan mense wat ons hulp
nodig het. U kan ‘n bydrae lewer deur’n koevertjie te neem (by u vat 5’er/kerkkantoor of kerk) of d.m.v. EFT. Hierdie bydrae help met ons maandelikse bydraes aan Silwerkruin, ACVV en die dienssentrum, ons sinodale bydrae en om kos aan te koop vir kospakkies om in nood te voorsien.

“Vir sover julle dit aan een van die geringste (onbelangrikste) van hierdie broers (mense wat saam met my kinders van God is) gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” Matteus 25:40

KERKRAADSVERKIESING 19 AUGUSTUS

Gemeentelede kan nominasies indien by die kerkkantoor/of  tydens die erediens (sien vorm in afkondiginge) vir die volgende portefeuljes: Manne, vroue, seniors, jong werkendes, groepleiers en kleingroepe. U kan u nominasie ook epos na skriba@wellingtonoos.co.za. Sit asseblief ook u naam onder aan nominasie blaadjie.

 

DANIËLKONFERENSIE SATERDAG 14 SEPTEMBER

Op 14 September is ‘n geleentheid vir manne om geestelik geïnspireer te word. Tyd 7:45-14:30. Skakelpersoon Roelof Prins sel: 082 414 8338

 

AANDDIENS SONDAG 15 SEPTEMBER

Ons gaan die fliek “Ds Tienie” kyk 18:00 in die kerk. Dit sal deel vorm van ons  erediens die aand.

 

Ds. Annelet is 13-14 Augustus by Algemene Sinodale Kategese Taakspan.

KLERE VERKOPE PROJEK 2019

Baie dankie vir almal wat klere skenk vir ons klere verkope projek t.b.v. die Omgee en Jeugbediening. Die fonse wat hiermee gemaak word gaan vir omgee en uitreik projekte. Ons versamel steeds klere en julle is welkom om enige skoon, heel en bruikbare klere, skoene, beddegoed en handdoeke kerkkantoor toe te bring. Ons volgende verkope is 7 September en 30 November.

40 DAE KLEINGROEP

Dinsdae om 10:00 in die konsistorie kan enigeen  inskakel by ‘n groep wat oor Sondag se preektema gesels.

PANNEKOEKVERKOPE

Die Vreugdedienskomitee bak Donderdag 15 Augustus pannekoek teen slegs R5 per pannekoek.  Plaas asb. jou bestelling betyds by ‘n komiteelid, kerkkantoor of by Hetta Cloete 021 873 3158.

Ons vra asseblief hulp met die bak, want dis ‘n lang dag en ons oues van dae kan nie meer so lank aanmekaar staan nie!! Laat weet aseblief indien jy kans sien om te help, al is dit net vir ‘n kort rukkie.

Ons begin reeds om 06:00 bak. Indien jy wil help, kan jy enige tyd kom wat jou pas. By voorbaat dankie vir jul hulp.

SPAAR ASSEBLIEF DIE NOMMER OP JOU FOON!

Ons wil graag uit die kantoor met julle kommunikeer via eenrigting bood-skappe (broadcast). Spaar dus asseblief sommer nou, onder Wellington-Oos Kerkkantoor die volgende no.: 066 301 2011

PREDIKANTSWYKE

Ds NJ-  9-10, 14-25, 32-34, Richelieu, Albatros, Onder Berg en Dal, Groenberg, Blouvlei, Dukes, Krommerivier.

Ds Cornis–1-8, 11-13, 26-31, Patatskloof, Spruitrivier, Uitsig-Suid, Uitsig, Uitsig-Noord, Hertzog, Les Hugenot A & B, Sunfield, Diemersfontein.

Ds Annelet– 7, 9, Bordeux, Laer Uitsig

Skakel asseblief die leraar wat verantwoordelik is vir u wyk indien u ‘n leraar benodig.

 

AFVALETE

R12 147.00!!!!  Dit is die bedrag wat ons ingesamel het met ons afvalete. Ons wil vir almal wat ons ondersteun het ongelooflik baie dankie sê. Dankie vir al julle bydraes, borge, harde werk en bystand. Dit is vir ons ‘n eer om saam met so ‘n dinamiese gemeente die pad te stap.

Mariska & Grieta

 

TEKS VIR DIE WEEK: Ps 119:27

Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel.

 

GR.1-3 OORSLAAP KAMP 13-14 SEPTEMBER MERK SOLANK DIE DATUM

Kry jou slaapsak en tent reg vir ‘n aand vol pret. Die Gr.1-3 groep trek by die kerksaal in vir ‘n aand en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos. Die kamp begin om 17:00 Vrydag 13 September en 10:00 Saterdag 14:00 September is dit oplaai tyd. Meer inligting sal volg. Nooi gerus al jou maatjies van die skool ook saam. Vir navrae kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

 

 

In die Nuus