Deur : Skriba  /  August 16th, 2019

40 DAE LEESROOSTER

WEEK 4 – LUKAS 22:7-23

WEEK 5  – HANDELINGE 10:1-11:18

WEEK 6  – HANDELINGE 2:41-47

 

HOE OM IN TE TEKEN OP VRYDAGNUUS

1.Tik in by Google die volgende: kaapkerk.co.za

2.‘n Blad van Sinode van Wes-Kaapland sal oopmaak.

3.Klik op Nuus.

4.‘n “Dropdown” sal verskyn.

5.Klik heelonder op Vrydagnuus.

6.Klik dan op Teken in

7.Voltooi die vormpie en druk “send”

8.Jy sal ‘n epos terug ontvang wat bevestig dat jy nou ingeteken is.

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

23-25 Augustus  –  Gemeentekamp te Kampala Lodge Bonnievale

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

15 September  – Ons kyk na die “Ds Tienie” fliek en gesels daaroor  (18:00)

20-22 September  – Fietstoer

23-29 September – Nieuwoudtville Tiener Uitreik

WILDSFEES STEAKETE

Kom geniet ‘n heerlike ete saam met ons op Saterdag 31 Augustus om 18:00 by die kerk. Die kaartjies beloop R100pp.

Die spyskaart lyk as volg: 250g Sirloin of Kudu steak, chips, slaai en die heerlikste nagereg en koffie!!!

Die kaartjies sal vanaf Maandag 19 Aug. beskikbaar wees by die kerkkantoor. Indien u ‘n inbetaling doen moet die verw. as volg toon: Naam & Van (steakete).

AKKOMODASIE AAN MIDDELBURGERS

Ons verwag weer 20 of meer Middelburgers as werkers by die komende Wildsfees 30-31 Aug. Ons vra dat u weer soos voorheen u harte en huise vir die vriende sal oopmaak om hulle te huisves. Feitlik al die etes sal hulle by die kerk geniet word sodat daar vir u nie veel moeite sal wees nie. Skakel asb. die kantoor of vir Danie Theart 084 517 2610 indien u bereid is om een of meer te neem

GEMEENTEKAMP TE KAMPALA  LODGE BONNIEVALE         

23-25 AUGUSTUS

Kom ontspan saam met jou gade, gesin of vriende in ‘n luukse kamer of
huis met beddegoed en handdoeke vir R250 per volwassene en R150 per
kind vir die hele naweek. In die oggende maak ons self ontbyt en ander
etes maak ons saam. Gedurende die naweek gesels en wandel ons deur die
Woord, verken die plaas en geniet die natuurskoon en mekaar se
geselskap. Dinsdagaand 18:00 ontmoet ons in die konsistorie om die
nodige ete- reëlings te tref. Inskrywings sluit Woensdag 14:00.

KERKRAADSVERKIESING 19 AUGUSTUS

U kan kerkraadslede per e-pos nomineer of die ingeslote blaadjie invul (voeg net ook u naam daarby as nomineerder). Ons wil lidmate aanmoedig om moontlike kandidate te nomineer sodat die hele gemeente verteenwoordig kan wees op die kerkraad. Bid asseblief vir die verkiesing en vir die huidige kerkraad.

 

DANIËLKONFERENSIE SATERDAG 14 SEPTEMBER

Op 14 September is ‘n geleentheid vir manne om geestelik geïnspireer te word. Tyd 7:45-14:30. Skakelpersoon Roelof Prins sel: 082 414 8338

 

AANDDIENS SONDAG 15 SEPTEMBER

Ons gaan die fliek “Ds Tienie” kyk 18:00 in die kerk. Dit sal deel vorm van ons       erediens die aand.

 

AUGUSTUS OMGEE MAAND

Augustus is Omgeemaand. In hierdie maand dink ons aan mense wat ons hulp nodig het. U kan ‘n bydrae lewer deur ‘n koevertjie te neem (by u vat 5’er/kerkkantoor of kerk) of d.m.v. EFT. Hierdie bydrae help met ons maandelikse bydraes aan Silwerkruin, ACVV en die dienssentrum, ons sinodale bydrae en om kos aan te koop vir kospakkies om in nood te voorsien.

“Vir sover julle dit aan een van die geringste (onbelangrikste) van hierdie broers (mense wat saam met my kinders van God is) gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” Matteus 25:40

 

FIETSTOER 20-22 SEPTEMBER

Stof solank jou fiets af, want hierdie jaar trap Wellington fiets t.b.v. Ma’s vir Wellington. Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, tannie Lida by HHS en by Ds. Annelet. Vir navrae of om ‘n bydrae te lewer kontak gerus vir Ds. Annelet by 082 337 2161

WIT OLIFANTTAFEL

Dit is alweer die tyd van die jaar om kaste uit te sorteer. Alles wat u nie meer wil gebruik nie kan u na die kerkkantoor neem. Ons vra dat u nie gebreekte of stukkende artikels bring nie. Dit moet asseblief heel en nog bruikbaar wees. Enige iets is welkom

BOEKE GEMEENTEFEES

Ons is opsoek na 2de handse boeke vir die basaar. Verkieslik baie kinderboeke, cd’s en dvd’s. Enige ander boeke is ook baie welkom. Ons vra u om nie die jaar tydskrifte te bring nie. U kan die boeke na die kerkkantoor neem. By voorbaat baie dankie.

FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK

Hou asseblief datum oop van 12         Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.

Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.

Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief  baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.

GR.1-3 OORSLAAP KAMP 13-14 SEPTEMBER MERK SOLANK DIE DATUM

Kry jou slaapsak en tent reg vir ‘n aand vol pret. Die Gr.1-3 groep trek by die kerksaal in vir ‘n aand en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos. Die kamp begin om 17:00 Vrydag 13 September en 10:00 Saterdag 14:00 September is dit oplaai tyd. Meer inligting sal volg. Nooi gerus al jou maatjies van die skool ook saam.

Vir navrae kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

NIEUWOUDTVILLE TIENER UITREIK 23-29 SEPTEMBER

Het jy ‘n hart vir kinders en wil ander jongmense ook bemagtig om die kinders in hulle dorp te bedien? Kom dan saam op die uitreik! Dis 7 dae van ver pad, baie eet, lekker lag, min slaap, groot verskil maak en Jesus se liefde deel! Kostes beloop R 550 per persoon (Borgvorms is beskikbaar).Vir vorms, om ‘n bydrae te lewer en meer inligting, kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

CHRISTENWEES EN DIE SKEPPING

Ons wil mekaar in die gemeente en die gemeenskap help met ons verantwoordelikhede en geleenthede  teenoor die skepping ten opsigte van besoedeling, herwinning, die benutting van ons natuurlike hulpbronne en aardverwarming. Indien jy belangstel om deel van so ‘n inisiatief te wees, kontak asb. vir Ryk van Velden

 

 

 

In die Nuus