Deur : Skriba  /  August 23rd, 2019

40 DAE LEESROOSTER

WEEK 5  – HANDELINGE 10:1-11:18

WEEK 6  – HANDELINGE 2:41-47

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

AUGUSTUS:

Augustus is Omgeemaand (Barmhartigheid)

30-31 Augustus  – Wildsfees

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie

15 September  – Ons kyk na die “Ds Tienie” fliek en gesels daaroor  (18:00)

20-22 September  – Fietstoer

23-29 September – Nieuwoudtville Tiener Uitreik

 

WILDSFEES STEAKETE

Kom geniet ‘n heerlike ete saam met ons op Saterdag 31 Augustus om 18:00 by die kerk. Die kaartjies beloop R100pp.

Die spyskaart lyk as volg: 250g Sirloin of Kudu steak, chips, slaai en die heerlikste nagereg en koffie!!!

Die kaartjies sal vanaf Maandag 19 Aug. beskikbaar wees by die kerkkantoor. Indien u ‘n inbetaling doen moet die verw. as volg toon: Naam & Van (steakete

 

PROGRAM WILDSFEES:

Donderdagaand –  Aankoms Middelburgers

Vrydag vanaf 16:00 tot 21:00 – Vleisverkope en stalletjies

Saterdagoggend vanaf 08:00 tot 11:00 – Plaasontbyt, vleisverkope en stalletjies

Saterdagaand vanaf 18:00 – Steakete R100 pp koedoe en bees

Kaartjies vir steakete; Kerkkantoor en Wildsfees komitee

Kaartjies vir  Plaasontbyt R50 en Breakfastbun R30

Sondag: Sommige vertrek vroeg, ander bly vir erediens.

 

DANIËLKONFERENSIE SATERDAG         14 SEPTEMBER

Op 14 September is ‘n geleentheid vir manne om geestelik geïnspireer te word. Tyd 7:45-14:30. Skakelpersoon Roelof Prins sel: 082 414 8338

 

AANDDIENS SONDAG 15 SEPTEMBER

Ons gaan die fliek “Ds Tienie” kyk 18:00 in die kerk. Dit sal deel vorm van ons       erediens die aand.

 

PLAASBASAARLYSTE IS AAN DIE LOOP

Die jaarlikse Plaasbasaar van 26 Oktober is om die draai en dit beloof om weereens ’n hoogtepunt van die jaar te wees. Hierdie jaar is ons basaarlyste skriftelik, sowel as elektronies (via Whatsapp of e-pos) beskikbaar. Jou Vat 5’er sal jou kontak om uit te vind of jy die basaarlys skriftelik of elektronies wil invul. U kan ook die kerkkantoor kontak vir die elektroniese basaarlys. Op die basaarlys is daar spasie om u bydrae in te vul, kontant sowel as produkte. Neem gerus ook genoeg tyd om te besin of u kan diens doen by ‘n sekere tafel en dui dit gerus aan. Baie dankie vir u bydrae en bereidwilligheid om hierdie jaar se Plaasbasaar weereens ‘n heerlike saam-kuier geleentheid te maak.

 

TIENERKAMP 11-13 OKT 2019 @ BETTIESBAAI R450 P/P

Sit solank hierdie naweek uit vir een groot kuier. Hierdie jaar hou ons weer ‘n community kamp waar Wellington skakel met Hermanus en Durbanville. Ons gaan gesels oor hoe maak ons spasie vir mense wat anders is. Kry jou hele squad en kom kuier saam. Kostes is R450 p/p en dit sluit kos, verblyf en vervoer in. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op Facebook. Vir navrae, Whatsapp Ds. Annelet by 082 337 2161

 

FIETSTOER 20-22 SEPTEMBER

Stof solank jou fiets af, want hierdie jaar trap Wellington fiets t.b.v. Ma’s vir Wellington in die Pris Aflfred Hamlet Area. Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, tannie Lida by HHS en by Ds. Annelet. Elke trapper moet tenminste R450 insamel op jul borgvorms. Vir navrae of om ‘n bydrae te lewer kontak gerus vir Ds. Annelet by 082 337 2161

 

WIT OLIFANTTAFEL

Dit is alweer die tyd van die jaar om kaste uit te sorteer. Alles wat u nie meer wil gebruik nie kan u na die kerkkantoor neem. Ons vra dat u nie gebreekte of stukkende artikels bring nie. Dit moet asseblief heel en nog bruikbaar wees. Enige iets is welkom.

 

BOEKE GEMEENTEFEES

Ons is opsoek na 2de handse boeke vir die basaar. Verkieslik baie kinderboeke, cd’s en dvd’s. Enige ander boeke is ook baie welkom. Ons vra u om nie die jaar tydskrifte te bring nie. U kan die boeke na die kerkkantoor neem.

 

FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK

Hou asseblief datum oop van 12         Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.

Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.

Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief  baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.

AUGUSTUS MAAND IS OMGEE MAAND

In hierdie maand dink ons aan mense wat ons hulp nodig het. U kan ‘n bydrae lewer deur ‘n koevertjie te neem (by u vat 5’er/kerkkantoor of kerk) of d.m.v. EFT. Hierdie bydrae help met ons maandelikse bydraes aan Silwerkruin, ACVV en die dienssentrum, ons sinodale bydrae en om kos aan te koop vir kospakkies om in nood te voorsien.

ROAR!!! Gr.1-3 OORSLAAP KAMP 13-14 SEPTEMBER! 

Wie is die Koning van jou oerwoud? Kom gesels saam op die Gr.1-3 kamp. Kry jou slaapsak en tent reg vir ‘n aand vol pret. Die Gr.1-3 groep trek by die kerksaal in vir ‘n aand en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos. Kostes beloop R60p/p. Die kamp begin om 17:00 Vrydag 13 September en 10:00 Saterdag 14 September is dit oplaai tyd (kinders kan vroeër opgelaai word, reël net vooraf). Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of op Facebook. Nooi gerus al jou maatjies van die skool ook saam. Vir navrae kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

NIEUWOUDTVILLE TIENER UITREIK 23-29 SEPTEMBER

Het jy ‘n hart vir kinders en wil ander jongmense ook bemagtig om die kinders in hulle dorp te bedien? Kom dan saam op die uitreik! Dis 7 dae van ver pad, baie eet, lekker lag, min slaap, groot verskil maak en Jesus se liefde deel! Kostes beloop R 550 per persoon (Borgvorms is beskikbaar).Vir vorms, om ‘n bydrae te lewer en meer inligting, kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

CHRISTENWEES EN DIE SKEPPING

Ons wil mekaar in die gemeente en die gemeenskap help met ons verantwoordelikhede en geleenthede  teenoor die skepping ten opsigte van besoedeling, herwinning, die benutting van ons natuurlike hulpbronne en aardverwarming. Indien jy belangstel om deel van so ‘n inisiatief te wees, kontak asb. vir Ryk van Velden (0828574368) of gee nou naam in by die kerkkantoor.

 

In die Nuus