Deur : Skriba  /  September 6th, 2019

 

9 SEPTEMBER-19 SEPTEMBER

Ds Cornis sal vanaf 9 September-19 September op ‘n stil retraite  wees en sal dus nie telefonies beskikbaar wees nie. In daardie periode kan u enige van die ander leraars kontak vir enige hulp en bystand.

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL:

SEPTEMBER:

13-14 September  – Gr 1-3 Kamp

14 September  – Daniëlkonferensie is gekanselleer, omdat van die ander dorpe waar  aanbieder ook sou optree gekanselleer het.

15 September  – Ons kyk na die “Ds Tienie” fliek en gesels daaroor  (18:00)

20-22 September  – Fietstoer

23-29 September – Nieuwoudtville Tiener Uitreik

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.   Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n kerskaartjie te gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur .

Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.   Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voor kant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier. Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en/of  ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 .    Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175

 

SONDAG 15 SEPTEMBER HUISGELOOF BOEKIE TE KOOP

Sondag 15 September gaan ons saam gesels oor hoe Huishoudings geloofsgewoontes in hulle lewens kan vestig om elke dag aan Tafel met Jesus te leef.

Na die erediens sal daar boekies beskikbaar wees wat as Huisgeloof gebruik kan word in huise. Die boekies sal beskikbaar wees teen R70 elk.

 

 

PLAASBASAARLYSTE IS AAN DIE LOOP

Die jaarlikse Plaasbasaar van 26 Oktober is om die draai en dit beloof om weereens ’n hoogtepunt van die jaar te wees. Hierdie jaar is ons basaarlyste skriftelik, sowel as elektronies (via Whatsapp of e-pos) beskikbaar. Jou Vat 5’er sal jou kontak om uit te vind of jy die basaarlys skriftelik of elektronies wil invul. U kan ook die kerkkantoor kontak vir die elektroniese basaarlys. Op die basaarlys is daar spasie om u bydrae in te vul, kontant sowel as produkte. Neem gerus ook genoeg tyd om te besin of u kan diens doen by ‘n sekere tafel en dui dit gerus aan. Baie dankie vir u bydrae en bereidwilligheid om hierdie jaar se Plaasbasaar weereens ‘n heerlike saam-kuier geleentheid te maak.

 

TIENERKAMP 11-13 OKT 2019 @ BETTIESBAAI R450 P/P

Sit solank hierdie naweek uit vir een groot kuier. Hierdie jaar hou ons weer ‘n community kamp waar Wellington skakel met Hermanus en Durbanville. Ons gaan gesels oor hoe maak ons spasie vir mense wat anders is. Kry jou hele squad en kom kuier saam. Kostes is R450 p/p en dit sluit kos, verblyf en vervoer in. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op Facebook. Vir navrae, Whatsapp Ds. Annelet by 082 337 2161

 

FIETSTOER 20-22 SEPTEMBER

Stof solank jou fiets af, want hierdie jaar trap Wellington fiets t.b.v. Ma’s vir Wellington in die Prins Alfred Hamlet Area. Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, tannie Lida by HHS en by Ds. Annelet. Elke trapper moet tenminste R450 insamel op jul borgvorms. Vir navrae of om ‘n bydrae te lewer kontak gerus vir Ds. Annelet by 082 337 2161

WIT OLIFANTTAFEL

Dit is alweer die tyd van die jaar om kaste uit te sorteer. Alles wat u nie meer wil gebruik nie kan u na die kerkkantoor neem. Ons vra dat u nie gebreekte of stukkende artikels bring nie. Dit moet asseblief heel en nog bruikbaar wees. Enige iets is welkom.

BOEKE GEMEENTEFEES

Ons is opsoek na 2de handse boeke vir die basaar. Verkieslik baie kinderboeke, cd’s en dvd’s. Enige ander boeke is ook baie welkom. Ons vra u om nie die jaar tydskrifte te bring nie. U kan die boeke na die kerkkantoor neem.

FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK

Hou asseblief datum oop van 12         Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.

Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.

Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief  baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.

 

ROAR!!! Gr.1-3 OORSLAAP KAMP 13-14 SEPTEMBER! 

Wie is die Koning van jou oerwoud? Kom gesels saam op die Gr.1-3 kamp. Kry jou slaapsak en tent reg vir ‘n aand vol pret. Die Gr.1-3 groep trek by die kerksaal in vir ‘n aand en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos. Kostes beloop R60p/p. Die kamp begin om 17:00 Vrydag 13 September en 10:00 Saterdag 14 September is dit oplaai tyd (kinders kan vroeër opgelaai word, reël net vooraf). Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of op Facebook. Nooi gerus al jou maatjies van die skool ook saam. Vir navrae kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

 

NIEUWOUDTVILLE TIENER UITREIK 23-29 SEPTEMBER

Het jy ‘n hart vir kinders en wil ander jongmense ook bemagtig om die kinders in hulle dorp te bedien? Kom dan saam op die uitreik! Dis 7 dae van ver pad, baie eet, lekker lag, min slaap, groot verskil maak en Jesus se liefde deel! Kostes beloop R 550 per persoon (Borgvorms is beskikbaar).Vir vorms, om ‘n bydrae te lewer en meer inligting, kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

 

 

 

In die Nuus