Deur : Skriba  /  September 19th, 2019

VERLOF

Ds NJ is met verlof vanaf 26 September  –  4 Oktober 2019

KERKRAADSVERGADERING

N spesiale kerkraadsvergadering sal gehou word op  Sondag 13 Oktober direk na die oggend se erediens.

WIT OLIFANTTAFEL

Dit is alweer die tyd van die jaar om kaste uit te sorteer. Alles wat u nie meer wil gebruik nie kan u na die kerkkantoor neem. Ons vra dat u nie gebreekte of stukkende artikels bring nie. Dit moet asseblief heel en nog bruikbaar wees. Enige iets is welkom.

BOEKE GEMEENTEFEES

Ons is opsoek na 2de handse boeke vir die basaar. Verkieslik baie kinderboeke, cd’s en dvd’s. Enige ander boeke is ook baie welkom. Ons vra u om nie die jaar tydskrifte te bring nie. U kan die boeke na die kerkkantoor neem.

TIENERKAMP 11-13 OKT 2019 @ BETTIESBAAI R450 P/P

Sit solank hierdie naweek uit vir een groot kuier. Hierdie jaar hou ons weer ‘n community kamp waar Wellington skakel met Hermanus en Durbanville. Ons gaan gesels oor hoe maak ons spasie vir mense wat anders is. Kry jou hele squad en kom kuier saam. Kostes is R450 p/p en dit sluit kos, verblyf en vervoer in. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op Facebook. Vir navrae, Whatsapp Ds. Annelet by 082 337 2161

FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK

Hou asseblief datum oop van 12         Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.

Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.

Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief  baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.

HUISGELOOF BOEKIES

Die huisgeloofboekies sal vanaf Maandag in die kerkkantoor beskikbaar wees teen R70 ‘n boekie. 

PLAASBASAARLYSTE IS AAN DIE LOOP

Die jaarlikse Plaasbasaar van 26 Oktober is om die draai en dit beloof om weereens ’n hoogtepunt van die jaar te wees. Hierdie jaar is ons basaarlyste skriftelik, sowel as elektronies (via Whatsapp of e-pos) beskikbaar. Jou Vat 5’er sal jou kontak om uit te vind of jy die basaarlys skriftelik of elektronies wil invul. U kan ook die kerkkantoor kontak vir die elektroniese basaarlys. Op die basaarlys is daar spasie om u bydrae in te vul, kontant sowel as produkte. Neem gerus ook genoeg tyd om te besin of u kan diens doen by ‘n sekere tafel en dui dit gerus aan. Baie dankie vir u bydrae en bereidwilligheid om hierdie jaar se Plaasbasaar weereens ‘n heerlike saam-kuier geleentheid te maak.

 

 

In die Nuus