Deur : Skriba / September 27th, 2019
VERLOF
Ds NJ is met verlof vanaf 26 September – 4 Oktober 2019
KERKRAADSVERGADERING
‘N spesiale kerkraadsvergadering sal gehou word op Sondag 13 Oktober direk na die oggend se erediens.
KOORFEES 3 OKTOBER
Ons nooi ons gemeente uit na ons jaarlikse Senior Koorfees wat vanjaar op Donderdag 3 Oktober in ons kerk sal plaasvind. Kore van sover as Robertson en Yzerfontein kom neem deel. Die toegang is slegs R20 en ons begin stiptelik om 09:30. Kom ondersteun ons asb. (Hetta Cloete 082 717 3062) .
WIT OLIFANTTAFEL
Dit is alweer die tyd van die jaar om kaste uit te sorteer. Alles wat u nie meer wil gebruik nie kan u na die kerkkantoor neem. Ons vra dat u nie gebreekte of stukkende artikels bring nie. Dit moet asseblief heel en nog bruikbaar wees. Enige iets is welkom.
TIENERKAMP 11-13 OKT 2019 @ BETTIESBAAI R450 P/P
Sit solank hierdie naweek uit vir een groot kuier. Hierdie jaar hou ons weer ‘n community kamp waar Wellington skakel met Hermanus en Durbanville. Ons gaan gesels oor hoe maak ons spasie vir mense wat anders is. Kry jou hele squad en kom kuier saam. Kostes is R450 p/p en dit sluit kos, verblyf en vervoer in. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Annelet, die kerkkantoor of op Facebook. Vir navrae, Whatsapp Ds. Annelet by 082 337 2161
FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK
Hou asseblief datum oop van 12 Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.
Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.
Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.
HUISGELOOF BOEKIES
Die huisgeloofboekies sal vanaf Maandag in die kerkkantoor beskikbaar wees teen R70 ‘n boekie.
PLAASBASAARLYSTE IS AAN DIE LOOP
Die jaarlikse Plaasbasaar van 26 Oktober is om die draai en dit beloof om weereens ’n hoogtepunt van die jaar te wees. Hierdie jaar is ons basaarlyste skriftelik, sowel as elektronies (via Whatsapp of e-pos) beskikbaar. Jou Vat 5’er sal jou kontak om uit te vind of jy die basaarlys skriftelik of elektronies wil invul. U kan ook die kerkkantoor kontak vir die elektroniese basaarlys. Op die basaarlys is daar spasie om u bydrae in te vul, kontant sowel as produkte. Neem gerus ook genoeg tyd om te besin of u kan diens doen by ‘n sekere tafel en dui dit gerus aan. Baie dankie vir u bydrae en bereidwilligheid om hierdie jaar se Plaasbasaar weereens ‘n heerlike saam-kuier geleentheid te maak.