Deur : Skriba  /  October 4th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

11-13 Oktober: Tienerkamp te Bettiesbaai

12 Oktober: Familiedag te Linton Park

23 Oktober : Gesamentlike Kalenderbespreking

25-26 Oktober: Gemeentefees te Linton Park

26 Oktober: Hoenderbraai ete

28 Oktober: Kerkraadsvergadering

KERKRAADSVERGADERING

N spesiale kerkraadsvergadering sal gehou word op  Sondag 13 Oktober direk na die oggend se erediens.

 

TIENERKAMP 11-13 OKT 2019 @ BETTIESBAAI R450 P/P

Hoe leef mens ANDERS? Kom gesels saam by die Tiener Community kamp die naweek van 11-13 Oktober @ Bettiesbaai. Kostes is R450 p/p en dit sluit kos, verblyf en vervoer in. Whatsapp Ds. Annelet vandag nog vir die insksrywingsvorm by 082 337 2161. Nooi jou hele squad saam.

 

WIT OLIFANTTAFEL (DRINGEND)!!!!!

Ons kort nog baie artikels vir die wit olifanttafel. Ons vra dat u weer so bietjie deur die huis sal stap of die motorhuis en kyk wat daar is wat u vir die afgelope tyd nie gebruik het nie. Ons almal het sulke artikels wat al vir 5 jaar of meer net in ’n kas lê. Dankie vir diegene wat reeds gebring het. Lewe af by kerkkantoor.

FAMILIEDAG – 12 OKTOBER 2019 TE LINTON PARK

Hou asseblief datum oop van 12         Oktober vir ons eerste Familiedag by Linton Park. Daar gaan wees: “Trail-Run” (asook pretdraf), bergfietsroete (asook gewone roetes vir fietse en / of fietsies), kindersports en aktiwiteite (wat profesionele kinder oppas insluit indien ouers wil saam deelneem), verskillende stapafstande en ook hindernisbane vir voertuie (4×4 of gewone voertuie) wat baie opwinding insluit.

Daar is wynproe en koop , kosstalletjies en baie plek vir rustige ontspanning. Fondse ingesamel die dag gaan vir die Omgee (Barmhartigheid) en Jeug bedieninge.

Kom geniet asseblief ‘n lekker FIETS-VOET-VOERTUIG-VETPRET-LAGDAG saam. Kontakpersone Peter Colling 071 609 4345 of Toit Fourie 082 375 3244. Ons benodig asseblief  baie hande om te help asook borge vir pryse en ander uitgawes.

DORPSKOOR

Stel jy belang om weer in ‘n dorpskoor te sing o.l.v. van Johann Enslin?

Almal wat belangstel om deel te wees van dié Kerssangdiens-koor, moet asb. vir Johann e-pos by                              jenslin@hugenoteskool.co.za of stuur ‘n whatsapp na 074 359 8069 met jou naam & van.

Hy sal dan direk met jou kontak maak oor die eerste bymekaarkoms en dan ook oefeninge bespreek.

 

HEAR X OPEDAG 29 NOVEMBER 2019   ACVV

Raak jou familie en vriende soms frustreerd met jou omdat jy hul nie goed kan hoor nie? Voel jy soms alleen en uitgesluit? Stel jy belang in beter kommunikasie tegnieke? Will jy graag weet of jy dalk ‘n mate van gehoorverlies ervaar? Indien u antwoord JA is op enige van die vrae, nooi ons u hartlik na ons OPEDAG!

Spreker: Fanie du Toit (RSG program-aanbieder).

Tema: Leef ten volle ten spyte van gehoorverlies/  Kommunikasie met mense met gehoorverlies.

Gratis gehoorsiftings-toetse.

Datum en tyd: Vrydag, 29 November 2019 van 9:30 – 11:30 (gehoorsiftings-toetse word gratis voor en na die aanbieding gedoen).

Plek: Drakenstein NG Kerk (h/v Kotze en Antoinettestraat, Denneburg, Paarl).

Koste: Gratis

Navrae: Maggy Botha by 083 289 9180

 

HOENDERBRAAI ETEKAARTJIES

26 OKTOBER

Die hoenderbraai etekaartjies sal vanaf vandag direk na die erediens beskikbaar wees in die kerkkantoor. Vir bespreking kan u ook die kerkkantoor skakel by (021) 873 2690

HOENDER-ETE SPYSKAART
Die alombekende *Wellinton-Oos hoender, gebraai tot perfeksie.
*Lekker stuk boerewors.
*Ciabatta rolletjie met die nodige pasmaats van botter, konfyt en kaas.
*’n Laaaaang en heerlike slaaistok met tuisgemaakte slaaisous.
*n Hele aartappel met botter of suurroom om die laaste holkol te vul

PLEK: NG Kerk Wellington-Oos

TYD: 18:00

BRING EIE BORDE GLASE EN EETGEREI

HUISGELOOF BOEKIES

Die huisgeloofboekies is beskikbaar in die kerkkantoor  teen R70 ‘n boekie. Dit Iis ‘n baie handige boekie om in u huise te behandel.

NEEM DEEL AAN N WERKSWINKEL VKO IN BELVILLE

Die Wes-Kaap Sinode borg 3 lidmate van ons gemeente vir ’n werkswinkel op 15 en 16 Oktober 2019 in Bellville oor gemeentes se betrokkenheid by Vroeë Kind Ontwikkeling. Reis en verblyf word betaal. Onderwerpe wat bespreek word is o.a.:    VKO in die armoede konteks;  Die wetenskap wat VKO onderlê ; Benaderings en modelle.  Eureka Smit woon reeds die werkswinkel by. Enige ander lidmaat wat belangstel om die werkswinkel by te woon moet asb. vir Eureka Smit (0844614028) of Ryk van Velden (0828574368) skakel.

WES BOESMANLAND SE DANKIE

Vandag waai hier weer ‘n warm, stowwerige wind in die Boesmanland, maar vandag is dit anders. Vandag staan ons met ons gesigte in die wind en kyk oor die Boesmanlandse vlaktes met hoop. Hierdie week het ons ‘n wonderwerk beleef…Vir elf gesinne en hulle plaaswerkers het daar ‘n bui reën op ‘n wolklose, blou-lug dag geval.

Daar hang ‘n aanvoelbare opgewondenheid in die lug. Dit is soos Kersfees in September. Die vrouens vertel hoe hulle skielik items in hulle huise het wat ‘n jaar of meer laas daar was. Hulle weet nie wat om vir hulle gesinne gaar te maak nie, want waar daar altyd nie opsies was nie, is daar nou so baie. Hulle probeer sommer nuwe resepte. Die kinders lag ‘n bietjie harder en die plaaswerkers stap sommer met so ‘n huppel op die werf rond. Vandag het boere met harde hande en sagte harte ‘n traan van dankbaarheid wat vlak lê. Selfs die skaaphonde wat gewoontlik lusteloos rondlê se ore is vandag beide regop.

“Hoe sê ‘n mens dankie vir so ‘n groot geskenk?” Dit is die vraag wat byna elke gesin vir my vra. Ek weet self nie, want dankie kan nie werklik die dankbaarheid oordra nie. Elke pakkie is nie net kos, skoonmaakmiddels, badkamer items, hondekos of groente nie. Dit is hoop. Dit is liefde wat gedeel word. Dit is daardie ekstra paar sakke voer wat jy vir jou diere kan koop of ‘n rekening wat nie nog ‘n maand hoef oor te staan nie. Dit is gebede wat verhoor is…

Dankie Wellington-Oos dat julle die Here se hande en voete hier op aarde is. Dankie dat julle oë oop is om ander se nood te sien. Dankie dat julle harte so groot is vir julle medemens. Dankie dat julle na Sy roeping luister.

Baie, baie dankie

Boesmanland groete

Chrismari, Franchwa, Mischa en Mia

 

In die Nuus