Deur : Skriba  /  October 10th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

11-13 Oktober: Tienerkamp te Bettiesbaai

12 Oktober: Familiedag te Linton Park

23 Oktober : Gesamentlike Kalenderbespreking

25-26 Oktober: Gemeentefees te Linton Park

26 Oktober: Hoenderbraai ete

28 Oktober: Kerkraadsvergadering

7 November: Sunfield Kersfunksie

14 November: Vroue Kuieraand

21 November: Senior Burger Kersfunksie

ALGEMENE SINODE

U kan op die kerkbode app lees wat daar gebeur

 

WIT OLIFANTTAFEL (DRINGEND)!!!!!

Ons kort nog baie artikels vir die wit olifanttafel. Ons vra dat u weer so bietjie deur die huis sal stap of die motorhuis en kyk wat daar is wat u vir die afgelope tyd nie gebruik het nie. Ons almal het sulke artikels wat al vir 5 jaar of meer net in ’n kas lê. Dankie vir diegene wat reeds gebring het. Lewe af by kerkkantoor.

 

PLAASBASAAR: GROOT PASTEIE (Tuisgebak)

Voorafbestellings kan by Ronel Van Wyk geplaas word:079 523 4587.

Hoender/Bees/Wildsvleis @ R60 elk.

Betaalbaar op 26 Oktober by Sunfield se stalletjie.

 

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

DORPSKOOR

Stel jy belang om weer in ‘n dorpskoor te sing o.l.v. van Johann Enslin?

Almal wat belangstel om deel te wees van dié Kerssangdiens-koor, moet asb. vir Johann e-pos by                              jenslin@hugenoteskool.co.za of stuur ‘n whatsapp na 074 359 8069 met jou naam & van.

Hy sal dan direk met jou kontak maak oor die eerste bymekaarkoms en dan ook oefeninge bespreek.

 

HEAR X OPEDAG 29 NOVEMBER 2019

ACVV

Raak jou familie en vriende soms frustreerd met jou omdat jy hul nie goed kan hoor nie? Voel jy soms alleen en uitgesluit? Stel jy belang in beter kommunikasie tegnieke? Will jy graag weet of jy dalk ‘n mate van gehoorverlies ervaar? Indien u antwoord JA is op enige van die vrae, nooi ons u hartlik na ons OPEDAG!

Spreker: Fanie du Toit (RSG program-aanbieder).

Tema: Leef ten volle ten spyte van gehoorverlies/  Kommunikasie met mense met gehoorverlies.

Gratis gehoorsiftings-toetse.

Datum en tyd: Vrydag, 29 November 2019 van 9:30 – 11:30 (gehoorsiftings-toetse word gratis voor en na die aanbieding gedoen).

Plek: Drakenstein NG Kerk (h/v Kotze en Antoinettestraat, Denneburg, Paarl).

Koste: Gratis

Navrae: Maggy Botha by 083 289 9180

 

HOENDERBRAAI ETEKAARTJIES

26 OKTOBER

Die hoenderbraai etekaartjies sal vanaf vandag direk na die erediens beskikbaar wees in die kerkkantoor. Vir bespreking kan u ook die kerkkantoor skakel by (021) 873 2690

HOENDER-ETE SPYSKAART
Die alombekende *Wellinton-Oos hoender, gebraai tot perfeksie.
*Lekker stuk boerewors.
*Ciabatta rolletjie met die nodige pasmaats van botter, konfyt en kaas.
*’n Laaaaang en heerlike slaaistok met tuisgemaakte slaaisous.
*n Hele aartappel met botter of suurroom om die laaste holkol te vul

PLEK: NG Kerk Wellington-Oos

TYD: 18:00

BRING EIE BORDE GLASE EN EETGEREI

 

HUISGELOOF BOEKIES

Die huisgeloofboekies is beskikbaar in die kerkkantoor  teen R70 ‘n boekie. Dit is ‘n baie handige boekie om in u huise te behandel.

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons het weer die heerlikste namibiese vleis. Die volgende is beskikbaar: Wors, maalvleis, kerrie sosaties, patties, droëwors, biltong, kaasrussians, biltongrolletjies.   Ons hou op Maandag 14 Oktober  vleisverkope in die sentrum vanaf 17:00-18:30

NEEM DEEL AAN N WERKSWINKEL VKO IN BELVILLE

Die Wes-Kaap Sinode borg 3 lidmate van ons gemeente vir ’n werkswinkel op 15 en 16 Oktober 2019 in Bellville oor gemeentes se betrokkenheid by Vroeë Kind Ontwikkeling. Reis en verblyf word betaal. Onderwerpe wat bespreek word is o.a.:    VKO in die armoede konteks;  Die wetenskap wat VKO onderlê ; Benaderings en modelle.  Eureka Smit woon reeds die werkswinkel by. Enige ander lidmaat wat belangstel om die werkswinkel by te woon moet asb. vir Eureka Smit (0844614028) of Ryk van Velden (0828574368) skakel.

MIDWEEKKAMP VAN 1-3 NOVEMBER SKUIF NA N LATER DATUM

A.g.v. klomp aktiwiteite aan by die skool en gemeenskap, gaan ons die Midweek kamp skuif na ‘n ander datum. Verdere inligting sal nader aan die tyd deur gegee word.

NUWE LIDMATE EN INTREKKERS

Ons nooi alle nuwe en voornemende lidmate om saam met die leraars en kerkraad te kom kuier in die Sentrum Maandag om 19:00. Dis ‘n geleentheid waar ons mekaar kan leer ken en waar u meer omtrent die gemeente te wete kan kom.

BASAARLYSTE

Indien u n bydrae vir die basaar wil maak of wil help en u het nog nie ‘n lys ontvang nie, skakel asb met u vat 5er  of groepleier( sien indeling agter in kalender) of kerkkantoor.

PREDIKANTEBEGELEIDING

Ds NJ is 17 en 18 Oktober betrokke by Predikantebegeleiding by Andrew Murray Sentrum.

LOERIESFONTEIN DROOGTEHULP

Ons het voer gekry vir Loeriesfontein plus die brandstof wat gebruik word op die plaas. Ons moet die sny, baal en vervoer daarvan egter betaal. Dit is twee groot vragmotor vragte en die koste beloop ongeveer R40 000. Skenkings sal baie waardeer word en kan by kerkkantoor inbetaal of EFT word in kerk se rekening.

Bankbesonderhede: NG Kerk Wellington-Oos, Absa, Rek no: 430 580 116, Takkode

632 005, Verw: Loeries Vervoer.

G-VOUCHER

14-18 Oktober is weer Wellington-Oos se G-Voucher week. As iemand ‘n produk of geld wil skenk kan u vir Du Toit Fourie skakel by 082 375 3244. Ons benodig ook  mense wat kan kom help met die opskep van die kos. Kontak gerus indien u kans sien om ons te help.

LINTON PARK

Linton Park Wines soek studente wat in die proelokaal kan werk oor naweke en vakansies. Die persone moet 18 jaar of ouer wees. Kontak vir Susan Kits by (021) 224 0231

 

VRYDAG 25 OKTOBER

17:00 TOT 20:00

GEMEENTEKUIER OP WELLINGTON-OOS KERKTERREIN

17:00    Treintjie loop gratis vir die kinders

17:30    Wegneem-etes of piekniek op die gras

  • Boereworsrolle •Wors in die deeg •Sosaties  •Roomys  •Koeldrank

(Bring jou gunsteling kampstoel saam)

18:30    KARAOKE-AAND IN DIE BUITELUG

‘n Eerste vir Wellington-Oos.  Ons daag alle Oosers uit om hul sangtalent te kom wys!

20:00  Treintjie gaan stoom volmaak en sangers sing hul laaste note

 

SATERDAG 26 OKTOBER

09:00 tot 13:00

WELLINGTON PLAASBASAAR

by Linton Park Landgoed

Basaartafels – Brood, Beskuit, Pannekoek, Groot gebak, Klein gebak, Koeksisters, Vrugte en Groente, Konfyte, Speserye en souse, Quiches, Heuning, Vintage porselein, Handgemaakte produkte, Kersfeestafel, 2de handse boeke, Poedings, Jaffels, Skaapstertjies, Roosterkoeke, Afvalpotte, Juwele, Parfuum, Kwekery, Botter, Gemmerbier, Koeldrank, Slush Puppies, Beesboud op die spit, Ribs, Pulled Pork op Roosterkoek, Chips, Kerrie en rys, Groente en Vrugte, Bier, Vleis uit Namibië, Koedoe salami’s uit Middelburg, Musiek, Hamburgers, Kaas Russians, Sosaties, Baie kindervermaak, Koffie en Tee, Linton Park Wynuitverkoping, Wit Olifanttafel, Droëvrugte, Radiobeheerde karre

*  Koelhou-fasiliteite om vleis te stoor  * Kinder-oppasdiens

*  Pendeldiens na plaas       * OTM beskikbaar

*  Rugby Wêreldbeker Semi-finaal op Grootskerm

 

SATERDAG 26 OKTOBER

17:30 tot 20:00

ONS BEKENDE HOENDERBRAAI

op Wellington-Oos se kerkterrein

17:30  Treintjie loop gratis vir die kinders

18:00  Wegneem-etes of kom sit aan by ons buitelug-tafels

(Bring eie eetgerei en glase.  Kaartjies by die kerkkantoor.)

 

In die Nuus