Deur : Skriba  /  October 20th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

23 Oktober : Gesamentlike Kalenderbespreking

25-26 Oktober: Gemeentefees te Linton Park

26 Oktober: Hoenderbraai ete

28 Oktober: Kerkraadsvergadering

7 November: Sunfield Kersfunksie

14 November: Vroue Kuieraand

21 November: Senior Burger Kersfunksie

 

ALGEMENE SINODE

U kan op die kerkbode app lees wat daar gebeur

 

 PLAASBASAAR: GROOT PASTEIE (Tuisgebak)

Voorafbestellings kan by Ronel Van Wyk geplaas word:079 523 4587.

Hoender/Bees/Wildsvleis @ R60 elk.

Betaalbaar op 26 Oktober by Sunfield se stalletjie.

 

HOENDERBRAAI ETE HULP

Ons is opsoek na mense wat bereid sal wees om ons Saterdagaand 26 Oktober tussen 17:30 en 19:00 sal help met die opskep van die kos. U kan vir Karen Van As  skakel by (021)8735222 / 082 446 7002

 

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

 

SAAMRY GELEENTHEID VIR WELLINGTON-OOS

Ten einde mekaar in Wellington te help om saam te ry en sodoende aardverwarming teen te werk en geld te spaar, wil ons gemeentelede aanmoedig om by Car Trip te registreer as iemand wat geleenthede vir saamry van tyd tot tyd verlang of saamry geleenthede van tyd tot tyd kan aanbied.

Car trip funksioneer as die administratiewe hub vir ons gemeentelede wat by die inisiatief wil inskakel.

Wellington-Oos poog om baie gemeentelede in te skakel om sodoende ook ‘n diens aan mekaar te bied, veral ten opsigte van besoeke aan hospitale of geleenthede vir diegene wat nie meer self kan bestuur nie.

Registreer by die volgende adres:

https://cartrip.co.za/

Kontak R van Velden vir meer inligting

082 857 4368

 

FAMILIE  PRETDAG.

Ons wil net vir almal wat gehelp het by die familie pretdag en wat deel geneem het aan alles en wat so hard gewerk het baie dankie sê. Baie dankie vir almal se ondersteuning en wat gehelp het om dit ‘n suksesvolle dag te maak.

 

HOENDERBRAAI ETEKAARTJIES

26 OKTOBER

Die hoenderbraai etekaartjies sal vanaf vandag direk na die erediens beskikbaar wees in die kerkkantoor. Vir bespreking kan u ook die kerkkantoor skakel by (021) 873 2690

HOENDER-ETE SPYSKAART
Die alombekende *Wellinton-Oos hoender, gebraai tot perfeksie.
*Lekker stuk boerewors.
*Ciabatta rolletjie met die nodige pasmaats van botter, konfyt en kaas.
*’n Laaaaang en heerlike slaaistok met tuisgemaakte slaaisous.
*n Hele aartappel met botter of suurroom om die laaste holkol te vul

PLEK: NG Kerk Wellington-Oos

TYD: 18:00

KOSTE: R 75

BRING EIE BORDE GLASE EN EETGEREI

 

KINDER SPYSKAART

Pizza, Melkie & Donut

KOSTE: R 30

 

HUISGELOOF BOEKIES

Die huisgeloofboekies is beskikbaar in die kerkkantoor  teen R70 ‘n boekie. Dit is ‘n baie handige boekie om in u huise te behandel.

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons het weer die heerlikste namibiese vleis. Ons hou op Maandag 21 Oktober weer vleisverkope in die sentrum vanaf 17:30-19:00

 

MIDWEEKKAMP VAN 1-3 NOVEMBER SKUIF NA N LATER DATUM

A.g.v. klomp aktiwiteite aan by die skool en gemeenskap, gaan ons die Midweek kamp skuif na ‘n ander datum. Verdere inligting sal nader aan die tyd deur gegee word.

 

BASAARLYSTE

Indien u n bydrae vir die basaar wil maak of wil help en u het nog nie ‘n lys ontvang nie, skakel asb met u vat 5er  of groepleier( sien indeling agter in kalender) of kerkkantoor.

 

LOERIESFONTEIN DROOGTEHULP

Ons het voer gekry vir Loeriesfontein plus die brandstof wat gebruik word op die plaas. Ons moet die sny, baal en vervoer daarvan egter betaal. Dit is twee groot vragmotor vragte en die koste beloop ongeveer R40 000. Skenkings sal baie waardeer word en kan by kerkkantoor inbetaal of EFT word in kerk se rekening.

Bankbesonderhede: NG Kerk Wellington-Oos, Absa, Rek no: 430 580 116, Takkode

632 005, Verw: Loeries Vervoer.

 

POEDINGTAFEL

Ons sal dankbaar wees as daar iemand is wat kans sien om koue poeding, boksies vla of gebakte poeding vir ons te skenk. Dit kan Vrydagaand, 25 Oktober, tussen 17:30 en 18:00 by die saal afgelaai word. Ons sal dit dan plaas toe vervoer, of dit kan die oggend van die basaar by die stalletjie afgelaai word.

Kontak gerus vir Amanda Anker by 082 3271 102 of 021 873 7263 indien u enige   navrae het. Baie dankie vir almal wat reeds betrokke is en almal wat nog ‘n skenking gaan maak .

 

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sendelinge) ontmoet weer op Sondag 20 Oktober 2019 om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Wellington se sendelinge in baie lande sal vars gebedsonderwerpe beskikbaar stel om ons te help. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 0825579796.

 

VREUGDEDIENSKOMITEE

Die Vreugdedienskomitee vergader Woensdag 23 Oktober om 10:00 in Sarembockstraat 12.

 

VERTREK TYE van BUSSIE TYDENS BASAAR

Die bussie sal op die volgende tye ry vanaf die kerkkantoor na  Linton park.

8:00

9:30

11:00

12:30 sal die laaste rygeleentheid terug wees na kerkkantoor.

 

KERKRAAD 2020

VAT 5 GROEPLEIERS

Krige de waal, Ronel van wyk, Danita van zyl, Tinus Broodryk, Gordon Johnston, Barry Gillespie,Gerda Jansen, Ben Steenkamp, Johan labuschagne

Bedieninge:

Gemeentebediening: Roelof prins

Diensteverhouding: Pe marais

Eiendomme: Drikus kotze

Finansies: Pieter du toit

Getuienis: Ryk van Velden

Omgee:

Jeug: peter colling

JongwerkendesReynier van Rooyen

Manne: Wimpie erasmus

Vroue: Suzan wust

Senior burgers:Jannie Fourie

Kleingroepe: Danie theart

Visionering: Johan swart

 

In die Nuus