Deur : Skriba  /  October 25th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

28 Oktober: Kerkraadsvergadering

7 November: Sunfield Kersfunksie

14 November: Vroue Kuieraand

21 November: Senior Burger Kersfunksie

NUUT VERKOSE KERKRAADSLEDE

Op 13 Oktober is die volgende lede op die
kerkraad verkies. As groepleiers – Lappies Labuschagne, Gerda Jansen en
Ben Steenkamp en Johan Swart vir        visionering.

 

WAMAKERSVALLEI  OPLEIDINGSENTRUM

Wamakers 0pleidingsentrum nooi alle dames en dogters om op 2 November vanaf 10.00 tot 12.00 geïnspireer te word met interessante gedekte KERSTAFELS by Douglas Green Bellingham (DGB), Lady Lochweg, Wellington. Toegangsfooi is R120 vir volwassenes en skoolkinders betaal ‘n donasie van R50. Kom geniet ook ‘n pragtige uitsig vanaf die  proelokaal se stoep met ‘n glas sjampanje/tee/koffie en eetgoed in die hand.  Gebruik die ingang by die groot sekuriteitshekke vanuit die Lady Loch pad. Bring ‘n geldjie saam vir moontlike aankope by interessante uitstallings. Skakel Wamakers    Opleidingsentrum vir kaartjies by 021 8735942 of Elsabe by 083 630 8201

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

 

PLAASMARK  –  DANKIE!

Baie dankie vir almal se bydraes, ondersteuning,hulp en reëlings om van die basaarnaweek ‘n fees tot eer van die Here kon maak.

SAAMRY GELEENTHEID VIR  WELLINGTON-OOS

Ten einde mekaar in Wellington te help om saam te ry en sodoende aardverwarming teen te werk en geld te spaar, wil ons gemeentelede aanmoedig om by Car Trip te registreer as iemand wat geleenthede vir saamry van tyd tot tyd verlang of saamry geleenthede van tyd tot tyd kan aanbied.

Car trip funksioneer as die administratiewe hub vir ons gemeentelede wat by die inisiatief wil inskakel.Wellington-Oos poog om baie gemeentelede in te skakel om sodoende ook ‘n diens aan mekaar te bied, veral ten opsigte van besoeke aan hospitale of geleenthede vir diegene wat nie meer self kan bestuur nie.

Registreer by die volgende adres:

https://cartrip.co.za/

Kontak R van Velden vir meer inligting

082 857 4368

BESTE GEMEENTE

Met my kontrak wat einde April 2020 by die gemeente verval, was ek die afgelope paar maande besig met aansoeke prosesse, aangesien die beroepingsproses redelik tydsaam is.

Ek is laas week na NGK Boesmanland, Springbok beroep en het tot 6 November om op die beroep te antwoord.

Bid asb. saam met my en Etienne vir wysheid en helderheid in hierdie onderskeidingsproses waar hierdie skuif ‘n groot invloed op ons toekoms mag hê.

IN HIERDIE MAAND SE LIG

In LiG se November-uitgawe vertel Rolene Strauss dat sy weer swanger is, en dat sy glo God het haar gemaak net soos Hy wil hê sy moet wees.

Ons gaan kuier by illustreerder Piet Grobler in Portugal, en kry ‘n kykie in die dag van die lewe van veelsydige Johrné van Huyssteen.

Ons gesels ook met ‘n pa wat aan sy gestremde dogter vryheid gee nadat hy vir haar ‘n loopraam gemaak het.LiG skryf hoe jy die seer van onreg kan verwerk, en gee tien wenke om terug te bons as die lewe jou platslaan.

Ons kundiges gee raad as jy in die skadu van ‘n narsis leef.Vir ouers gee ons gee prettige wenke om jou kind van kleure te leer. En ons gee ook raad oor hoe jy jou kind selfvertroue kan leer.

 

ALGEMENE SINODE “APP”

Indien u wil weet wat in die kerk gebeur. Laai die “kerkbode app” af en lees daar oor sinodebesluite en ander nuus. U kan ook op die webwerf van die kerkbode lees. Teken gerus ook in op Vrydagnuus.

 

HOE OM IN TE TEKEN OP VRYDAGNUUS:

Tik in by Google die volgende:

Kaapkerk.co.za

‘n Blad van sinode van Wes-Kaapland sal oopmaak.

Klik op Nuus

‘n “Dropdown” sal verskyn

Klik heelonder op Vrydagnuus.

Klik dan op Teken in.

Voltooi die vormpie en druk “send”

Jy sal ‘n epos terug ontvang wat bevestig dat jy nou ingeteken is.

 

 

In die Nuus