Deur : Skriba  /  November 1st, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

7 November: Sunfield Kersfunksie

10 November: Bevestiging van kerkraad

14 November: Vroue Kuieraand

21 November: Senior Burger Kersfunksie

24 November: Belydenis van geloof

NUUT VERKOSE KERKRAADSLEDE

Op 13 Oktober is die volgende lede op die kerkraad verkies. As groepleiers – Lappies Labuschagne,  Gerda Jansen en Ben Steenkamp en Johan Swart vir visionering.

BASAARNABETRAGTING

Dinsdag 18:00 hou ons nabetragting oor die basaar in die konsistorie- bestuur en sameroepers.

GEMEENTEVERGADERING 4 NOVEMBER OM 19:00-20:00

Die kerkraad wil graag gemeentelede die geleentheid bied om groeiareas en sterkpunte van Wellington-Oos met die kerkraad te deel.

Kom gesels gerus Maandagaand met die kerkraadslede in die konsistorie of plaas ‘n geskrewe nota vir ons in die kollektebord of kerk se posbus op die hoek van Barlinkastraat.

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

VLEISVERKOPE

Daar sal vandag direk na die erediens vleis te koop wees in die sentrum.

Daar sal ook Woensdagaand vleis te koop wees vanaf 17:30-18:30.

GR R MAATJIES KERSKONSERT

Ons wil graag ons Gr R maatjies ook ‘n geleentheid gee om in ‘n regte Kersspel te wees.

Hul sal optree by Wellington-Oos en Moederkerk se gesamentlike Kerssangdiens wat plaasvind op 24 November.

Wat behels dit?

Die Gr maatjie moet beskikbaar wees vir oefeninge op die volgende datums…

8 November 14:00-15:30

14 November 15:30-17:00

21 November 15:30-17:00

Sondag, 24 November oefen ons vir oulaas direk na die oggend erediens 10:30-11:30 en  die aand tree hulle dan op.

Die mammas/Pappas sal moet help met die klere/kostuums wat hoofsaaklik engele en herders sal wees.

Die kindertjies gaan nie self praat nie, maar net die storie uitbeeld.

Whatsapp vir Marne Louw( tel nr  084 628 3059) indien jy wil hê dat jou kind moet deel wees van  hierdie spesiale geleentheid om nog ‘n herinnering te maak.

Jy kan ook jou kind se naam by Moederkerk of Wellington-Oos, se kerkkantoor opgee.

WELLINGTON AAN TAFEL

GEMEENSKAPSPROJEK 4 DESEMBER

‘n Lang tafel van ‘n 1000 mense word gedek in Kerkstraat. Die doel is om die hele gemeenskap van Wellington deel te maak. Die kaartjies kos R20 vir ‘n maaltyd. Die fondse gaan vir  Wellington Streetsmart Project.

U kan meer inligting kry omtrent die projek op www,wellingtonaantafel.co.za.

Indien u belangstel om deel te wees van die projek skakel Xania by 082 493 9087

ALGEMENE SINODE “APP”

Indien u wil weet wat in die kerk gebeur. Laai die “kerkbode app” af en lees daar oor sinodebesluite en ander nuus. U kan ook op die webwerf van die kerkbode lees. Teken gerus ook in op Vrydagnuus.

HOE OM IN TE TEKEN OP VRYDAGNUUS:

Tik in by Google die volgende:

Kaapkerk.co.za

‘n Blad van sinode van Wes-Kaapland sal oopmaak.

Klik op Nuus

‘n “Dropdown” sal verskyn

Klik heelonder op Vrydagnuus.

Klik dan op Teken in.

Voltooi die vormpie en druk “send”

Jy sal ‘n epos terug ontvang wat bevestig dat jy nou ingeteken is.

BREI PROJEK

Aan almal wat betrokke was, brei of wol skenkings wil ons baie, baie dankie sê. Elkeen se bydrae word opreg waardeer. Die volgende items is versprei na Smartstart, VGK Bergrivier en Kronenburg Dienssentrum (langs verkeers department).

Beertjies: 90

Musse: 266

Sokkies: 65 paar

Serpe: 9

Truitjies: 54

Hempies: 3

Handskoene: 1 Paar

BASAAR

Die basaar inkomste tot op huidige datum is R264,100.

ONS PLANT SPEKBOME!

Ons wil mekaar aanmoedig om groener te leef en die skepping wat ons van die Here ontvang het, te bewaar. Daarom gaan ons op 24 November, na die diens, spekboom plantjies maak!

Bring ’n houer en/of spekboom en kom ons help mekaar om groener te lewe en die aarde te help. As almal ’n klein verskil maak, kan ons saam ’n groot impak hê. Vir meer inligting, kontak Cornis by 078 973 3307 of Ryk by 082 857 4368

KERKRAADSVERGADERING – 28 OKTOBER 2019

Terugvoer aan Gemeente

Versekering

Die watertenke, pompe en tente moet op die kerk se versekering bygevoeg word.

Behuising: Jacob Dampies

Die kerkraad versoek Edmund O’Ehley om die behuisingskontrak van Jacob Dampies met hom en sy gesin te bespreek en aanbevelings te maak wat die gesin van ‘n langtermyn behuisingoplossing sal verseker.

Brief aan Kerkraad insake Finansies

Uit die notule van die Finansiële Kommissie word oplossings voorgestel om die bekommernis oor die gebrek aan instandhouding van die gemeente se geboue aan te spreek.  Een van die voorstelle is die tot stand bring van ‘n boufonds om voorsiening te maak noodsaaklike onderhoud.4 Deurkollektes per jaar word ook toegewy aan die Boufonds.

Toekoms van Jeugbediening

Die kerkraad herbevestig opnuut die belangrikheid van ‘n sterk bediening aan ons jeug.   Daar heers egter kommer oor die swakker bywoning van kategese.  Die saak sal in prediking aangespreek word om ouers opnuut aan hul doopbeloftes te herinner. Verder word die Jeug en Eiendomskommissies getaak om ondersoek in te stel na die aanbieding van kategese tydens die erediens deur onder andere te kyk na geskikte lokale.

Afstel van 2 aanddienste

Die Kerkraad verleen goedkeuring aan die afstel van die aanddiens van 17 November weens die betrokkenheid van begeleiers by Wellington-Noord se kerssangdiens en ook die behoefte van lidmate om die spesiale diens by te woon.

Die gemeente word ook versoek om kennis te neem van ‘n vorige besluit dat daar geen aanddienste tussen 16 Desember tot en met die eerste Sondag van die skoolkwartaal sal wees nie.  In die verband is daar dus geen aanddienste op die volgende dae nie:

22 & 29 Desember  en  5 Januarie

Terugvoer van Sinode-besluite

Die kerkraad onderneem om die gemeente in te lig oor die  besluite van die jongste algemene sinode.Tans word geen standpunte geformuleer nie omrede geen gesprekke nog binne die gemeente gevoer is nie en die kerkraad graag die reis saam met die gemeente wil neem wanner die besluite oorweeg word.

Gesprek tussen kerkraad en gemeente

Na aanleiding van bepaalde groeipunte binne die gemeente wat onlangs deur een van die kerkraadslede op sosiale media gedeel is, het die kerkraad besluit om op Maandag 4 November ‘n gespreksessie te reël waartydens lidmate hul kommer oor enige leemtes/groeipunte asook sterkpunte van die gemeente met die kerkraad te deel. Die kerkraad nooi graag lidmate uit na hierdie oop gesprek.

Bedieningsverteenwoordigers op Kerkraad

Die Kerkraad stel voor dat Peter Colling die verteenwoordiger vir die Omgee-bediening bly terwyl Kobus Oosthuizen die Jeugbediening sal verteenwoordig. Die 2 lede aanvaar die nominasies.

Jaartema 2020

Daar is ‘n voorstel van die leraars dat daar ‘n sentrale predikingtema vir 2020 sal wees.  Die tema wat voorgestel word is “Gemeenskap 101”. Die tema sal in 4 sub-temas afgebreek word en sal fokus op die handelinge van die vroeë kerk soos beskryf word in Handelinge 2. Die Leesrooster sal ook nog gebruik word.

Aan Tafel Funksie

Die kerkraad neem kennis van die “Aan Tafel” funksie wat op 4 Desember in Kerkstraat aangebied sal word.  ‘n 3-Gang langtafel-ete gaan aangebied word vir 1000 mense. Die idee het ontstaan na aanleiding van die 40 dae “Aan Tafel tema”. Die koste per kaartjie is R20 per persoon.

Kerkraad ontmoet Belydenisklas

Afgevaardigdes van die Kerkraad ontmoet die Belydenisklas op Sondag 3 November om 18:00.

Groepindeling van Wyke

Die nuwe Groepleiers sal die indeling van wyke in die 9 groepe behartig

 

 

In die Nuus