Deur : Skriba  /  November 8th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

14 November: Vroue Kuieraand

21 November: Senior Burger Kersfunksie

24 November: Belydenis van geloof

24 November: Gesamentlike Kerssangdiens by Moedergemeente 19:00

2-5 Desember: Chill Kamp @ Hermanus

8 Desember: Kersliedpiekniek

 

KATEGESE VIR DIE RES VAN 2019 

Die jaar is op sy rug, maar ons loop nog volstoom saam.

Sondag 17 November is dit uitnaweek. Daar is geen kinderkerk en kategese.

Sondag 24 November vier ons die Gr.11’s se belydenisaflegging as roetemerker saam met hulle.

Na die erediens gaan die jeug saam spekbome plant (bring ‘n houer saam om jou eie boompie huis toe te neem) en daarna gaan ons verdaag.

Daar gaan dus nie in formele groepies na die erediens bymekaar kom nie.

Sondag 1 Desember is ons kategese afsluiting. Ons vier dit die hele diens deur en hou ook partytjie na die erediens.

Ons nooi ook alle ouers om saam te kom kuier.

 

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

 

GR R MAATJIES KERSKONSERT

Ons wil graag ons Gr R maatjies ook ‘n geleentheid gee om in ‘n regte Kersspel te wees.

Hul sal optree by Wellington-Oos en Moederkerk se gesamentlike Kerssangdiens wat plaasvind op 24 November.

Wat behels dit?

Die Gr R maatjie moet beskikbaar wees vir oefeninge op die volgende datums…

8 November 14:00-15:30

14 November 15:30-17:00

21 November 15:30-17:00

Sondag, 24 November oefen ons vir oulaas direk na die oggend erediens 10:30-11:30 en  die aand tree hulle dan op.

Die mammas/Pappas sal moet help met die klere/kostuums wat hoofsaaklik engele en herders sal wees.

Die kindertjies gaan nie self praat nie, maar net die storie uitbeeld.

Whatsapp vir Marne Louw( tel nr  084 628 3059) indien jy wil hê dat jou kind moet deel wees van  hierdie spesiale geleentheid om nog ‘n herinnering te maak.

Jy kan ook jou kind se naam by Moederkerk of Wellington-Oos, se kerkkantoor opgee.

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop.

Die volgende is nog beskikbaar:

Wors, skaapstertjies, biltong, maalvleis, biltongrolletjies, kaasrussians en     patties.

 

WELLINGTON AAN TAFEL

GEMEENSKAPSPROJEK 4 DESEMBER

‘n Lang tafel van ‘n 1000 mense word gedek in Kerkstraat. Die doel is om die hele gemeenskap van Wellington deel te maak. Die kaartjies kos R20 vir ‘n maaltyd. Die fondse gaan vir  Wellington Streetsmart Project.

U kan meer inligting kry omtrent die projek op www,wellingtonaantafel.co.za.

Indien u belangstel om deel te wees van die projek skakel Xania by 082 493 9087

 

ONS PLANT SPEKBOME!

Ons wil mekaar aanmoedig om groener te leef en die skepping wat ons van die Here ontvang het, te bewaar. Daarom gaan ons op 24 November, na die diens, spekboom plantjies maak!

Bring ’n houer en/of spekboom en kom ons help mekaar om groener te lewe en die aarde te help. As almal ’n klein verskil maak, kan ons saam ’n groot impak hê. Vir meer inligting, kontak Cornis by 078 973 3307 of Ryk by 082 857 4368

 

TIENER CHILL KAMP

2-5 DESEMBER @ HERMANUS

Kom vier die einde van die jaar op ‘n hoogtepunt en kom kamp saam in Hermanus.

Bring jou tent, slaapsak  en stranddrag en kom ontspan saam. Kostes is R200  p/p en inskrywings sluit Vrydag 29 November. Vir inskrywings en meer navrae, kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

 

KERSFEES VIR DIE WES-BOESMANLAND KINDERS

Hiermee wil ek graag op u oop hande en ruim  harte vir hulp vra vir die kinders van Wes Boesmanland. Ons wil graag elke kindjie berderf met ietsie klein hierdie Kersfees. Maak u kind deel van ons omgee-harte en laat hulle ‘n maatjie kies en saam met u die geskenkie  gaan koop. Geldelike bydraes ook welkom. Skakel Amanda de Beer 0823541167 vir volle besonderhede

Skakel Amanda de Beer 0823541167 vir volle besonderhede.

 

DS ANNELET SE BEROEP NA SPRINGBOK

Annelet en Etienne is steeds biddend besig om te besluit of sy die beroep na Springbok gaan aanvaar. Sy moet teen 14 November terugvoering gee aan NGK Boesmanland. Hou hulle asb. in hierdie tyd in julle gebede.

 

VROUE KUIERAAND 14 NOVEMBER 19:00

Bring ‘n voorskoot en kom kuier saam in die kerksaal met vroue om ‘n skottel deeg.

Ons wil graag vir die gesinne van Wes-Boesmanland en die gesinne van ons Omgeebediening seën met ‘n roomysbak vol truffles vir Kersfees.

Indien jy ekstra roomysbakke het of kans sien om ‘n beslag aan te maak, kontak gerus vir Suzan 0825360607 of Elsjé 0628840076 of Karen 0824467002

 

OPVOLGHULP AAN WES-BOESMANLAND

Die uitreik is hoofsaaklik vir die huishoudings van die plase, daarom is enige iets welkom wat jy in en om jou huis gebruik. Op die oomblik is daar 24 gesinne(boere en plaaswerkers) met 43 kinders(11mnde-16 jaar). Skenkings kan by die Sentrum afgelewer word vanaf Maandag tot Vrydag 8:00-14:00 en Woensdagaande vanaf half 6 tot half 7.

Hier volg ‘n moontlike lysie:

 Meel,suiker,koffie,tee,tamatiesmoor,pasta,rys,bruismeel,gis,bakpoeier,kookolie,soppoeier,boontjies,ertjies,skoonmaakmiddels,toiletpapier,toiletware,tamatiesous,      chutney,lekkers ens. vir kinders, jellie , blikkieskos, melk en kitspoeding.

Hoendekos vir die skaaphonde. ‘n Nuwe behoefte is vlieëgif vir die huis(skape is in krale om die huise) en basiese medikasie vir kinders en grootmense. Indien u ‘n   finansiële bydrae sou wou maak, kan u dit net in die kerk se rekening plaas met verwysing : WesBoesmanland. Bankbesonderhede: NG kerk Wellington-Oos, Absa, Rek 430 580 116 Takkode 632005.

Ons het reeds vervoer vir al die goedere Vrydag 22 November 2019.

 

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die besige tyd met die gemeentefees en basaar is nou verby,  en kan ons nou begin dink aan Kersfees.  Daarom wil ons weer u hulp vra  asseblief!
Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Getuienisbediening wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n kerskaartjie te gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle familie en geliefdes kan stuur . Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.   Die Kerskaartjies kan eenvoudig gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voor kant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en/of  ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.

Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 .    Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175

 

KERKRAAD 2020

VAT 5 GROEPLEIERS

Krige de waal, Ronel van Wyk, Danita van Zyl, Tinus Broodryk,

Gordon Johnston, Barry Gillespie, Gerda Jansen, Ben Steenkamp,

Johan Labuschagne

Bedieninge:

Gemeentebediening: Roelof Prins  –  082 414 8338

Diensteverhouding: Pe Marais  –  078 710 1353

Eiendomme: Drikus Kotze  –  076 810 9276

Finansies: Pieter du Toit  –  083 638 9823

Getuienis: Ryk van Velden  –  082 857 4368

Omgee: Peter Colling  –  071 609 4345

Jeug: Kobus Oosthuizen  –  082 492 2022

Jongwerkendes: Reynier van Rooyen

Manne: Wimpie Erasmus

Vroue: Suzan Wust

Senior burgers: Jannie Fourie

Kleingroepe: Danie Theart

Visioneering: Johann Swart

Indien u by ’n bediening betrokke wil raak, skakel asseblief die verteenwoordiger op die kerkraad.

 

NGK WELLINGTON NOORD 17 NOVEMBER OM 19:00 KERSSANGDIENS

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die Nuus