Deur : Skriba  /  November 15th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

17 November: Kerssangdiens by Noord

21 November: Senior Burger Kersfunksie

24 November: Belydenis van geloof

24 November: Gesamentlike Kerssangdiens by Moedergemeente 19:00

2-5 Desember: Chill Kamp @ Hermanus

8 Desember: Kersliedpiekniek

24 Desember: Kersliedere by Sunfield om 18:00

 

KERKRAAD

Op 11 November is die volgende persone verkies tot:

Voorsitter  –  Pieter du Toit

O/Voorsitter  – Drikus Kotzé

Dagbestuur  – Ds NJ Van As, Ds Cornis

Botha, Ds Annelet Slazus, Pieter Du Toit, Drikus Kotzé, Ronel Van Wyk, Pé Marais, Kobus Oosthuizen, Wimpie Erasmus, Danie Theart.

 

BEPLANNING EN VISIONERINGSVERGADERING

2 Desember van 18:00-20:00. Getuienis wil graag saam ander bedieninge beplan aan 2020 se jaartema.

 

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat5ers en lidmate word uitgenooi
om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om
voorbidding te doen vir die erediens.

 VERLOF

Ds Cornis Botha sal met verlof wees vanaf 21-27 November 2019.

ONDERSTEUNINGSGROEP

WELLINGTON

TEMA: JOU DENKE EN HOE DIT JOU GEMOEDSTOESTAND BEINVLOED.

SPREKER: Dewald Scholtz

PLEK: Martha Saal Moedergemeente

DATUM: 19 November 2019

TYD: 19:15

Kom luister hoe verander jy jou negatiewe denke.

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop.

Die volgende is nog beskikbaar:

Wors, skaapstertjies, biltong, maalvleis, biltongrolletjies, kaasrussians en     patties.

OPVOLGHULP AAN WES-BOESMANLAND

Die uitreik is hoofsaaklik vir die huishoudings van die plase, daarom is enige iets welkom wat jy in en om jou huis gebruik. Op die oomblik is daar 24 gesinne(boere en plaaswerkers) met 43 kinders(11mnde-16 jaar). Skenkings kan by die Sentrum afgelewer word vanaf Maandag tot Vrydag 8:00-14:00 en Woensdagaande vanaf half 6 tot half 7.

Enige onbederfbare produkte is welkom.

Hoendekos vir die skaaphonde. ‘n Nuwe behoefte is vlieëgif vir die huis(skape is in krale om die huise) en basiese medikasie vir kinders en grootmense. Indien u ‘n finansiële bydrae sou wou maak, kan u dit net in die kerk se rekening plaas met verwysing :

WesBoesmanland. Bankbesonderhede: NG kerk Wellington-Oos, Absa, Rek 430 580 116 Takkode 632005.

Ons het reeds vervoer vir al die goedere Vrydag 22 November 2019.

TIENER CHILL KAMP

2-5 DESEMBER @ HERMANUS

Kom vier die einde van die jaar op ‘n hoogtepunt en kom kamp saam in Hermanus.

Bring jou tent, slaapsak  en stranddrag en kom ontspan saam. Kostes is R200  p/p en inskrywings sluit Vrydag 29 November. Vir inskrywings en meer navrae, kontak Ds. Annelet by 082 337 2161

SAAMRYGELEENTHEID

Weens gesondheidsredes benodig Deon Van der  Spuy ’n saamrygeleentheid van Wgt tot by BP garage naby tonnel. Hy moet 7:30 daar wees. Indien u kan help skakel Deon by 073 823 0082 of vir Ds NJ by

084 584 1331

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die besige tyd met die gemeentefees en basaar is nou verby,  en kan ons nou begin dink aan Kersfees.

Daarom wil ons weer u hulp vra  asseblief!
Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.

Die Getuienisbediening wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n kerskaartjie te gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle familie en geliefdes kan stuur . Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.

Die Kerskaartjies kan eenvoudig gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voor kant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.

Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en/of  ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.

Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15. Tel nr. 082 7749039 / 021864 317

JEUGSTRATEGIE 2020

Die droom van enige kerk se jeugbediening is dat ons kinders en tieners vir Jesus persoonlik sal ken en sal aanhou om in ‘n verhouding met Hom te groei.

Die uiteinde is dat ons geloof by jongmense wil help vorm wat hulle help om as dissipels te leef en ‘n verskil te maak in die wêreld. Jongmense moet, waar hulle ook al gaan, “kerk” kan wees.

Kom deel in hierdie reis en word deel van die Jeugbediening span van 2020 as kategeet.

Indien die Here dit op jou hart druk om ‘n ook hier te dien, kontak gerus vir Annelet by 082 337 2161.

ONS PLANT SPEKBOME!

Ons wil mekaar aanmoedig om groener te leef en die skepping wat ons van die Here ontvang het, te bewaar. Daarom gaan ons op 24 November, na die diens, spekboom plantjies maak!

Bring ’n houer en/of spekboom en kom ons help mekaar om groener te lewe en die aarde te help. As almal ’n klein verskil maak, kan ons saam ’n groot impak hê. Vir meer inligting, kontak Cornis by 078 973 3307 of Ryk by 082 857 4368

 

 

In die Nuus