Deur : Skriba  /  November 22nd, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

24 November: Belydenis van geloof

24 November: Gesamentlike Kerssangdiens by Moedergemeente 19:00

2 Desember: Visionering  –  Bedieningsgroepe

3 Desember: Groepleiers & Vat 5ers ontmoet

1-4 Desember: Chill Kamp @ Hermanus

8 Desember: Kersliedpiekniek

24 Desember: Kersliedere by Sunfield om 18:00

 

KERKRAAD

Op 11 November is die volgende persone verkies tot:

Voorsitter  –  Pieter du Toit

O/Voorsitter  – Drikus Kotzé

Dagbestuur  – Ds NJ Van As, Ds Cornis

Botha, Ds Annelet Slazus, Pieter Du Toit, Drikus Kotzé, Ronel Van Wyk, Pé Marais, Kobus Oosthuizen, Wimpie Erasmus, Danie Theart.

 

 

VISIONERING VIR VERSKILLENDE BEDIENINGSGROEPE            2 DESEMBER OM 19:00

By die geleentheid wil ons saam gesels en beplan aan 2020 se jaartema.

 

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat5ers en lidmate word uitgenooi
om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om
voorbidding te doen vir die erediens.

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop.

Die volgende is nog beskikbaar:Wors, skaapstertjies, biltong, maalvleis, biltongrolletjies, kaasrussians en     patties.

 

SAAMRYGELEENTHEID

Weens gesondheidsredes benodig Deon Van der  Spuy ’n saamrygeleentheid van Wgt tot by BP garage naby tonnel. Hy moet 7:30 daar wees. Indien u kan help skakel Deon by 073 823 0082 of vir Ds NJ by

084 584 1331

 

KLEREVERKOPE SATERDAG

30 NOVEMBER

Die laaste klere verkope vir die jaar vind plaas hierdie Saterdag 07:00-12:00 voor Moedergemeente se kerksaal. Kom sit gerus ‘n handjie by. Ons benodig ook nog enige heel, skoon klere en plastiek sakkies om die klere in te sit. Laai dit gerus by die kerkkantoor af.

 

SMARTSTART UITREIK VIR JONGKLOMP

Moenie verveeld na die eksamen by die huis sit nie. Kom help vir ‘n laaste keer die jaar om ons Smartstart groepies se skooltjies op te kikker.

Hou Woensdag en Donderdagmiddag oop en kom dien saam. Whatsapp vir Annelet (082 337 2161) as jy wil saam kom.

 

TIENER KUIER BY SILWERKRUIN

Hou jy van kuier en gesels? Of dalk is jy eerder iemand wat van omgee hou. Ons gaan bietjie liefde wys aan die oupas en oumas van Silwerkruin, Dinsdag 26 November 14:00-15:00. Laat weet vir Annelet as jy wil saam kom en vir verdere details.

EKOLOGIE

Om iets as kerk aan die omgewing te doen deel ons vanaggend spekboomsteggies uit in die vierkant. Neem asb en gaan plant in u tuin en help so om koolstofdioksied te omskep in suurstof. Mag ons as gelowiges ook oral waar ons gaan en beweeg duisternis omskep in lig.

 

FLIEKAAND VRYDAG 29 NOVEMBER

Kom vier die einde van die jaar saam met ons met ‘n heerlike fliekaand Vrydag 29 November 18:00-20:00. Alle maats van 4jr-Gr.7 is welkom.Die fliekaand is R50 en dit sluit Pizza, popcorn en koeldrank in. Bespreek jou plek teen Vrydag 29 November 10:00 deur vir Annelet te Whatsapp (082 337 2161) met jou kind(ers) se naam en enige allergieë.

 

JEUG@6 EN MUURPROP AFSLUITING   SATERDAG 30 NOVEMBER

Hierdie jaar het geloop soos stroop. Kom rol dit saam met ons uit met ‘n Ten pin Bowling sessie Saterdag by GrandWest. Ons vertrek 16:00 vanaf die Sentrum en sal ongeveer 22:00 terug wees. Bring R60 saam vir die “rolbal sessie” en ‘n ekstra geldjie as jy ietsie wil koop om te eet.

Laat weet vir Annelet by 082 337 2161 as jy wil saam kom teen Donderdag 28 November.

 

TIENER CHILLKAMP 1-4 DESEMBER @ HERMANUS            

Ons chill dit weer uit vir einde van die jaar. Kom sluit by ons aan. Die kostes is R200 p/p. Kontak gerus vir Annelet vir meer inligting.

Die reëlings is soos volg:

Ons vertrek 1 Desember 16:00 vanaf die Sentrum.

3 Desember keer ons terug na Wellington en almal slaap by hulle eie huise.

4 Desember na die rapporte afhaal by die skole, kan almal wat wil weer om 10:00 by die Sentrum ontmoet vir ‘n laaste saam kuier.

 

ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGESE GROEPLEIERS VIR 2020

Ons gemeente is geseënd met ‘n groep jongmense wat die Here wil dien en sy liefde wil uitdra. Kom raak deel hierdie groep se geloofsreis deur ‘n kategese groepleier te word.

Ons kort nog groepleiers vir Gr. 4, 5, 8 en 9. Ons kort ook mense wat sal help met die aanbied van Kinder en Kleuterkerk.

VERLOF VAN PREDIKANTE

Ds Cornis Botha sal met verlof wees vanaf 21-27 November asook  1-14 Januarie 2020

Ds Annelet: 6 Desember – 31 Desember

Ds NJ: 15 Desember – 3 Januarie 2020

Die kerkkantoor sluit 20 Desember en open weer op 6 Januarie 2020.

 

BEROEP DS ANNELET SLAZUS

Ds Annelet het die beroep na Springbok aanvaar en haar dienstermyn begin op 1 Januarie 2020.

 

HERSTELWERK AAN DIE KERK

Die Eiendomskommissie is tans besig om vas te stel wat alles aandag nodig het. Hulle is tans besig om ‘n tenderdokument op te stel, sodat kwotasies ingewin kan word en herstelwerk in 2020 gedoen kan word. Navrae Drikus Kotze sel 076 810 9276

 

KERSLIEDPIEKNIEK

Die aand van 8 Desember om 19:00 sing ons kersliedere en hou piekniek in die vierkant. Bring jou gesin en jou kleingroep en kom kuier lekker saam. Elkeen bring sy eie stoel, eet en drinkgoed.

 

In die Nuus