Deur : Skriba  /  November 29th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

2 Desember: Visionering  –  Bedieningsgroepe

3 Desember: Groepleiers & Vat 5ers ontmoet

8 Desember: Kersliedpiekniek

24 Desember: Kersliedere by Silwerkruin om 18:00

 

VISIONERING VIR VERSKILLENDE  BEDIENINGSGROEPE 2 DESEMBER OM 19:00

By die geleentheid wil ons saam gesels en beplan aan 2020 se jaartema.

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat5ers en lidmate word uitgenooi
om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om
voorbidding te doen vir die erediens.

HERSTELWERK AAN DIE KERK

Die Eiendomskommissie is tans besig om vas te stel wat alles aandag nodig het. Hulle is tans besig om ‘n tenderdokument op te stel, sodat kwotasies ingewin kan word en herstelwerk in 2020 gedoen kan word. Navrae Drikus Kotze sel 076 810 9276

KERSLIEDPIEKNIEK

Die aand van 8 Desember om 19:00 sing ons kersliedere en hou piekniek in die vierkant. Bring jou gesin en jou kleingroep en kom kuier lekker saam. Elkeen bring sy eie stoel, eet en drinkgoed.

VERLOF VAN PREDIKANTE

Ds Cornis Botha sal met verlof wees vanaf 1-14 Januarie 2020

Ds Annelet: 6 Desember – 31 Desember

Ds NJ: 15 Desember – 3 Januarie 2020

Die kerkkantoor sluit 20 Desember en open weer op 6 Januarie 2020.

VOORBIDDING VIR DS KHOZA IN MOSAMBIEK

Ons gemeente ondersteun Ds. Khoza in Mosambiek. Hy is betrokke by die
vestiging van nuwe gemeentes. Ds. Khoza het ‘n operasie in Malawi ondergaan
om ‘n gewas aan sy gesig te verwyder. Bid vir sy genesing en vir voorgesette
seen op sy groot werk in Mosambiek.

BROODMANDJIES

5 Van die kerk se broodmandjies is vermisna die basaar. Indien u dit dalk geleen het vra ons dat u  dit asseblief sal terug besorg aan die kerk.

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop.

Die volgende is nog beskikbaar: Wors, maalvleis, patties, biltongrolletjies en kaasrussians.

SAAMRYGELEENTHEID

Weens gesondheidsredes benodig Deon Van der  Spuy ’n saamrygeleentheid van Wgt tot by BP garage naby tonnel. Hy moet 7:30 daar wees. Indien u kan help skakel Deon by 073 823 0082 of vir Ds NJ by

084 584 1331

KERKRAADSVERGADERING (KONSTITUERING) GEHOU OP 11 NOV 2019
Besluite:-

Verkiesing van bestuur/dagbestuur:

Voorsitter – Pieter du Toit

Ondervoorsitter – Drikus Kotzé

Ander dagbestuurslede – Ds NJ van As, Ds Cornis Botha, Ronel van Wyk, Danie Theart, Pé Marais, Kobus Oosthuizen en Wimpie Erasmus.

Groepleiers en Vat5ers:

Daar is 9 groepleiers  wat die take en verantwoordelikhede van die vat5ers wat onder elk van hulle resorteer, sal koördineeer. Ronel van Wyk sal as sameroeper optree en so gou doenlik  ‘n inligtingsessie vir al die vat5ers reël. Opgedateerde lidmatelyste per groepleier en per vat5er sal binnekort aan al die betrokkenes beskikbaar gestel word.

Kursus vir gemeentelede:

Ds Cornis Botha sal reël vir ‘n “Ontdek-jou Gawes”-kursus vir vroeg in die nuwe jaar.

Die gedagte is ook dat lidmate met behulp van die kursus vir spesifieke bedieninge sal aanmeld nadat hulle onder andere agtergekom het waarin hulle belangstel en waarmee hulle gemaklik sal voel.

ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGESE GROEPLEIERS VIR 2020

Ons gemeente is geseënd met ‘n groep jongmense wat die Here wil dien en sy liefde wil uitdra. Kom raak deel hierdie groep se geloofsreis deur ‘n kategese groepleier te word.

Ons kort nog groepleiers vir Gr. 4, 5, 8 en 9. Ons kort ook mense wat sal help met die aanbied van Kinder en Kleuterkerk.

Laat weet vir Ds Cornis by 078 973 3307 of jy by die span wil aansluit. Selfs al oorweeg jy dit net, gee haar gerus ‘n luitjie en sy sal alles met jou bespreek.

DIE LIG TYDSKRIF

In LiG se Kersfees-uitgawe vier ons ‘n saamwees-Kersfees, en wys jou hoe om die hele familie te betrek.

Ons vind uit wie, volgens Jesus, die eintlike geseëndes is.Op die voorblad is Demi Lee Moore, en sy vertel hoe sy nou nog meer glo na ‘n noue ontkoming. Ons kuier by die skeppers van Alles Malan, en gesels met Mnr Suid-Afrika, Heinrich Gabler.

Ons gaan kuier ook in die Boesmanland en hoor van boervroue se geloof en hoop in die droogte. Ons gee wenke as jy voel jy kán nét nie meer nie.Vir ouers gee ons raad om jou kind teen ontvoering te beskerm.

Moet ook nie ons oorlewingsgids vir die somer misloop nie – ons gee raad oor goggabyte tot karsiek.Kom bak saam koekies vir Kersfees, en hekel oulike Kersversierings!

KERK BAND

Ons soek mense vir die kerk band!!!!

As jy ‘n instrument kan speel of kan sing, oorweeg om volgende jaar jou gawes te gebruik in die kerk.

Vir navrae kontak Ds Cornis by 078 973 3307

In die Nuus