Deur : Skriba  /  December 13th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

15 Desember: Geen aanddiens

16 Desember: Versoeningsdagdiens Moedergemeente (9:00)

24 Desember: Kersliedere by Silwerkruin om 18:00 (Navrae: Ds Cornis Botha)

22 & 29 Desember: Geen aanddiens

25 Desember: Kersfeesdiens begin om 8:00 (Oos)

25 Desember: Middernagdiens by Wellington Noord (11H30)

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat 5ers en lidmate word uitgenooi om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om voorbidding te doen vir die erediens.

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop.

Die volgende is nog beskikbaar:Wors, skaapstertjies, maalvleis, salami en patties.

 

VERLOF VAN PREDIKANTE

Ds Cornis sal met verlof wees vanaf 1-14 Januarie 2020

Ds Annelet: 6 Desember – 31 Desember

Ds NJ: 15 Desember – 3 Januarie 2020

Die kerkkantoor sluit 20 Desember en open weer op 6 Januarie 2020.

Vanaf 1-3 Januarie skakel Dr Eddie Orsmond vir enige bystand en hulp by 084 580 3013 of Dr Ryk Van Velden by 082 857 4368

BROODMANDJIES

5 Van die kerk se broodmandjies is vermis na die basaar. Indien u dit dalk geleen het vra ons dat u  dit asseblief sal terug besorg aan die kerk.

 

ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGESE GROEPLEIERS VIR 2020

Ons gemeente is geseënd met ‘n groep jongmense wat die Here wil dien en sy liefde wil uitdra. Kom raak deel hierdie groep se geloofsreis deur ‘n kategese groepleier te word.

Ons kort nog groepleiers vir Gr. 4, 5, 8 en 9. Ons kort ook mense wat sal help met die aanbied van Kinder en Kleuterkerk.

Laat weet vir Ds Cornis by 078 973 3307 of jy by die span wil aansluit. Selfs al oorweeg jy dit net, gee haar gerus ‘n luitjie en sy sal alles met jou bespreek.

ONS SOEK MENSE VIR DIE KERK BAND!!!

As jy ‘n instrument kan speel of kan sing, oorweeg om volgende jaar jou gawes te gebruik in die kerk. Vir navrae kontak Ds Cornis by 078 973 3307.

In die Nuus