Deur : Skriba  /  December 19th, 2019

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

16 Januarie – Kategete Toerusting 19:00

31 Januarie – 02 Februarie  – CSV Kamp

2-5 Februarie – Week van vernuwing met Jaco Strydom

5 Februarie – Sunfield Vrugtefees om 15:00

7-9 Februarie – Belydeniskamp

14-16 Februarie – Gr 4-7 Kamp

20 Februarie – Vroue Kuieraand

21-23 Februarie – Pa & Kind Kamp

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00

5 Maart – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

6 Maart – Wêreldbiddag vir vroue (Oos) 9:00

7 Maart – Wêreldbiddag vir mans 07:00

11 Maart – Bybelstap 17:30

13 Maart – Gemeente Ete

VLEISVERKOPE!!!!!

Ons gaan elke Woensdag tussen 10:00 tot 14:00 vleis verkoop vanaf die kerkkantoor. Diegene wat nog vleis wil koop is dan meer as welkom om by ons te kom aanklop. Die volgende is nog beskikbaar: Skaapstertjies, maalvleis, sosaties, salami en patties.

VERLOF VAN PREDIKANTE

Ds NJ sal met verlof wees vanaf 15 Des-3 Januarie 2020

Ds Cornis sal met verlof wees vanaf 1-14 Januarie 2020

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat 5ers en lidmate word uitgenooi om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om voorbidding te doen vir die erediens.

BROODMANDJIES

5 Van die kerk se broodmandjies is vermis na die basaar. Indien u dit dalk geleen het vra ons dat u  dit asseblief sal terug besorg aan die kerk.

ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGESE GROEPLEIERS VIR 2020

Ons gemeente is geseënd met ‘n groep jongmense wat die Here wil dien en sy liefde wil uitdra. Kom raak deel hierdie groep se geloofsreis deur ‘n kategese groepleier te word.

Ons kort nog groepleiers vir Gr. 4, 5, 8 en 9. Ons kort ook mense wat sal help met die aanbied van Kinder en Kleuterkerk.

Laat weet vir Ds Cornis by 078 973 3307 of jy by die span wil aansluit. Selfs al oorweeg jy dit net, gee haar gerus ‘n luitjie en sy sal alles met jou bespreek.

 

In die Nuus