Deur : Skriba  /  January 24th, 2020

LERAARSWYKE

Ds NJ Van As:  Wyke 9,10,14-25,32-34, Richelieu, Albatros, Onder Berg en Dal, Groenberg, Blouvlei, Dukes, Krommerivier, Bordeux

Ds Cornis Botha:  Wyke 1-8,11-13,26-31, Patatskloof, Spruitrivier, Uitsig-Suid, Uitsig, Uitsig-Noord, Hertzog, Les Hugenot A&B, Sunfield, Diemersfontein, Laer Uitsig

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

2-5 Februarie – Week van vernuwing met Jaco Strydom

5 Februarie – Sunfield Vrugtefees om 15:00

7-9 Februarie – Belydeniskamp: Ds Cornis

12 Februarie-4 Maart – Ontdek jou gawe kursus

13 Februarie  – Senior Burger ontbyt

14-16 Februarie – Gr 4-7 Kamp:  Ds NJ

20 Februarie – Vroue Kuieraand

21-23 Februarie – Pa & Kind Kamp: Navrae Wouter Viljoen 082 802 7209

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00 in die kerk

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

6 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Oos) 9:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Gemeente se verjaardag

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp

GEBEDSGELEENTHEID VOOR EREDIENS

Vat5ers en lidmate word uitgenooi om 20 minute voor die diens in konsistorie by kerkraad aan te sluit om
voorbidding te doen vir die erediens.

VLEISVERKOPE!!!!!

Daar is nog skaapstertjies,sosaties en salami oor. U is welkom om tydens kantoorure nog te kom koop daarvan.

 ORREL UITVOERING MET WINAND GRUNDLING & MARIO NEL

Sondag, 9 Februarie 2020 om 17:00

By NGK Wellington-Noord

Toegang: Kollekte

 ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGETE

Ons kort nog kategete vir Gr 5 en 10. Indien u kan help, skakel asb met Ds Cornis by 078 973 3307 of met Ansa Oosthuizen (Leierkategeet) 082 562 3604.

 BYBELSTUDIE 70+

Indien u deel wil wees van ‘n bejaarde Bybelstudiegroep, skakel met Ds NJ  084 584 1331

KALENDERS

2020 Kalenders is beskikbaar by vat5ers.

KINDERBEDIENING 2020

KLEUTERKERK  (2-5 jariges) tydens eredienste in Kleuterlokaal (blou deur) in vierkant:  Chantelle Mellet sel. 082 588 5986 & Anne Marie Mellet   076 672 9242

KIX EN TEKKIES   Woensdae 17:30-18:30: Thonell van der Merwe sel. 072 371 5005 (Kix Gr1-3) Theanita Johnston 082 567 8529

Tekkies (Gr 4-7)

KINDERKERK   (Gr R-Gr 3) tydens eredienste in die Sentrum  Antonette O’Ehley sel. 084 357 896

(Ouers maak asseblief seker dat u en u kinders se inligting by kinderkerk is. Dit help met die deurgee van inligting)

Bogenoemde lidmate neem leiding by die bedieninge.  Skakel asb met hulle indien u kan of wil help met die onderskeie bedieninge.

GRAAG 4-7 KAMP

Ons kamp vanjaar weer saam met Moeder en Noord by Bainskloof 1ste Tol van 14-17 Februarie. Die tema is # Survive 2020.Koste is R450. Navrae Ds NJ (Indien u dit nie kan bekostig nie of ‘n kind wil borg,skakel met Ds NJ)  Inskrywingsvorms by kerkkantoor en op webwerf. Kategete en ouers wat wil saam kamp is baie welkom. Ons vergader Donderdag 6 Februarie om 18:00 in die konsistorie.

KERKHERSTEL

Tenders vir die herstel van die kerk se fassies, soffiete en vervanging
van asbesgeute met aliminiumgeute is ontvang.(Die asbesgeute lek en loop
oor met die gevolg dat die soffiete vrot.)

Die kontrak is aan Thinus van Zyl toegeken en hy het reeds met die werk begin. Navrae kan gerig word aan Wimpie Erasmus, die projekkoördineerder. Die skade op die dak langs die toring wat deur die wind veroorsaak is , is  ook herstel deur versekeringseis.

LIG TYDSKRIF

In LiG Februarie-uitgawe vertel Riana Nel dat sy weer ma gaan word. Sy sê ook dat sy gereeld by God kerm.Akteur en pastoor Johan Scholtz inspireer ons om elke dag dankbaar en nederig te leef. En ons vertel die ware verhaal van ‘n vrou wie se man sterf en wie se tweejarige ‘n hartoperasie moes kry – deur dit alles getuig sy hoe God haar dra.Anna Oberholzer is blind en ‘n fisioterapeut. Sy sê: “Dis hóéveel jy leef terwyl jy op aard is wat saak maak.

”Ons kry raad by kenners oor gesonde grense in die klaskamer: Wenke vir ouers en onderwysers. Ons gee ook raad oor hoe om vir jou kind te bid wat die pad byster geraak het.Die eerste aflewering van ons reeks oor onvrugbaarheid begin in ons jongste uitgawe.Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om ‘n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

 

In die Nuus