Deur : Skriba  /  January 31st, 2020

Ons telkom telefoon lyne is vandag Maandag 3 Februarie af en sal hopenlik weer môre aan wees. Daar is fout met die lyne a.g.v loadshedding. Intussen kan die volgende nommer tussen 8:00 en 14:00 geskakel word.

066 301 2011

Baie dankie vir u geduld.

 

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

2-5 Februarie – Week van vernuwing met Jaco Strydom

5 Februarie – Sunfield Vrugtefees om 15:00

7-9 Februarie – Belydeniskamp: Ds Cornis

12 Februarie– 4 Maart: Ontdek jou gawe kursus

13 Februarie  – Senior Burger ontbyt

14-16 Februarie – Gr 4-7 Kamp:  Ds NJ

20 Februarie – Vroue Kuieraand

21-23 Februarie – Pa & Kind Kamp: Navrae Wouter Viljoen 082 802 7209

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00 in die kerk

28 Februarie  – Fliekaand (Magda van Schalkwyk)

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

6 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Oos) 9:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Gemeente se verjaardag

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp

 

 

VLEISVERKOPE!!!!!

Daar is nog skaapstertjies,sosaties en salami oor. U is welkom om tydens kantoorure nog te kom koop daarvan.

 

ORREL UITVOERING MET WINAND GRUNDLING & MARIO NEL

Sondag, 9 Februarie 2020 om 17:00

By NGK Wellington-Noord

Toegang: Kollekte

 

2DE HANDSE KLERE

Ons is weer opsoek na 2de handse klere. Veral kinder en kleiner mansklere. Damesklere ook welkom. Baie dankie vir u bydrae.

 

ONS BENODIG NOG ’N PAAR KATEGETE

Ons kort nog kategete vir Gr 5 en 10. Indien u kan help, skakel asb met Ds Cornis by 078 973 3307 of met Ansa Oosthuizen (Leierkategeet) 082 562 3604.

ONTDEK JOU GAWES KURSUS

Ds Cornis bied ‘n ontdek jou gawes kursus aan op Woensdae 12 &19 Februarie en 4 Maart. Sluitingsdatum vir inskrywings vir die kursus is op Sondag 9   Februarie. Vir verdere navrae kan u vir Ds Cornis skakel by 078 973 3307

KINDERBEDIENING 2020

KLEUTERKERK  (2-5 jariges) tydens eredienste in Kleuterlokaal (blou deur) in vierkant:  Chantelle Mellet sel. 082 588 5986 & Anne Marie Mellet  076 672 9242

KIX EN TEKKIES   Woensdae 17:30-18:30: Thonell van der Merwe                sel. 072 371 5005 (Kix Gr1-3) Theanita Johnston 082 567 8529  Tekkies (Gr 4-7)

KINDERKERK   (Gr R-Gr 3) tydens eredienste in die Sentrum                     Antonette O’Ehley sel. 084 357 896

(Ouers maak asseblief seker dat u en u kinders se inligting by kinderkerk is. Dit help met die deurgee van inligting)

Bogenoemde lidmate neem leiding by die bedieninge.  Skakel asb met hulle indien u kan of wil help met die onderskeie bedieninge.

GRAAG 4-7 KAMP

Ons kamp vanjaar weer saam met Moeder en Noord by Bainskloof 1ste Tol van 14-17 Februarie. Die tema is # Survive 2020.

Koste is R450. Navrae Ds NJ
(Indien u dit nie kan bekostig nie of ‘n kind wil borg,skakel met Ds NJ)  Inskrywingsvorms by kerkkantoor en op webwerf. Kategete en ouers wat wil saam kamp is baie welkom. Ons vergader Donderdag 6 Februarie om 18:00 in die konsistorie. Ons supsidieer ‘n 2de of 3de kind. Dus sal u vir ’n 2de of 3de kind slegs R300 betaal. Inskrywings sluit op 12 Februarie 2020.

 

KAMPVERGADERING GR 4-7

Daar sal op 6 Februarie om 18:00 ‘n vergadering wees in die konsistorie om dinge te bespreek vir die kamp.

 

KATEGESE OUERAAND

Woensdag 5 Februarie tussen 17h30 en 18h30 by die kerk. Ons nooi ouers om saam te dink oor die geloofsvorming van ons kinders in die kerk, kategese en die huis. Daar is Kix op dieselfde tyd as die vergadering, so bring die kinders saam dat hulle lekker kan speel en kuier. Vir navrae kontak vir Ds Cornis by 078 973 3307.

 

KERKHERSTEL

Tenders vir die herstel van die kerk se fassies, soffiete en vervanging
van asbesgeute met aliminiumgeute is ontvang.(Die asbesgeute lek en loop
oor met die gevolg dat die soffiete vrot.)

Die kontrak is aan Thinus van Zyl toegeken en hy het reeds met die werk begin. Navrae kan gerig word aan Wimpie Erasmus, die projekkoördineerder. Die skade op die dak langs die toring wat deur die wind veroorsaak is , word  ook herstel deur versekeringseis.

 

GROEPLEIERS EN VAT 5ERS BYEENKOMS

Ons beplan ‘n worsbraai-en-slaai vir ‘n saamkuier en om mekaar beter te leer ken. Indien daar vrae is sal dit ook hanteer word.

Datum/Tyd: Dinsdag 11 Februarie om 18:30 by die Sentrum.

Bring jouself, eie drinkgoed en eetgerei. Bevestig teen Maandag 3 Februarie by Ronel van Wyk as jy kan kom. (079 5234 587)

HEMDE  TE KOOP BY KERKKANTOOR

Ons het ‘n donasie gekry van splinternuwe gekamovleerde hemde en eenkleurige hemde. Dit is te koop by die kerkkantoor. Daar is ‘n paar verskillende soorte.  Dit is vir enige doel. Kom kyk gerus na ons reeks. Die fondsinsameling is ten bate van ons boufonds.

 

In die Nuus