Deur : Skriba  /  February 7th, 2020

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

12 Februarie– 4 Maart: Ontdek jou gawe kursus (19:00-21:00)

13 Februarie  – Senior Burger ontbyt 10:00

14-16 Februarie – Gr 4-7 Kamp:  Ds NJ

20 Februarie – Vroue Kuieraand

21-23 Februarie – Pa & Kind Kamp: Navrae Wouter Viljoen 082 802 7209

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00 in die kerk

28 Februarie  – Fliekaand (Magda van Schalkwyk)

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

6 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Oos) 9:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Gemeente se verjaardag

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp

FLIEKAAND

Vrydag 28 Februarie hou ons ‘n heerlike fliekaand buite op die gras. Die fliek is ‘n verassing!!! Daar sal gratis popcorn wees bring net jou eie piekniekmandjie, kombers of stoel saam.

Koste: Volw R50 & kinders R20

Tyd: 19:00 vir 19:30.

Almal is welkom

2DE HANDSE KLERE

Ons is weer opsoek na 2de handse klere. Veral kinder en kleiner mansklere. Damesklere ook welkom. Baie dankie vir u bydrae.

 

ONTDEK JOU GAWES KURSUS

Ds Cornis bied ‘n ontdek jou gawes kursus aan op Woensdae 12 &19 Februarie en 4 Maart. Sluitingsdatum vir inskrywings vir die kursus is op Sondag 9   Februarie. Vir verdere navrae kan u vir Ds Cornis skakel by 078 973 3307 Tyd van kursus is vanaf 19:00-21:00

GEMEENSKAP #101

TEMAS VIR DIE KWARTAAL:

  1. Gekoppel aan Jesus
  2. Gekoppel deur die Gees
  3. Gekoppel deur gebed
  4. Gekoppel deur sy woord

G-VOUCHER

Eerskomende week is ons verantwoordelikheid vir geestelike bediening. Skakelpersoon  Johan Carsten Sel 083 234 5703. U kan bydraes by kerkkantoor of elektronies oorbetaal met verw. Voucher Projek. U kan ook etekaartjies by die kantoor afhaal. Gee liewer ’n ete as geld. Haweloses wat wil eet moet voor 11:45 aanmeld met sy kaartjie. Ons benodig ook ’n skakelpersoon tussen die projek en die Gemeente. Skakel met Dr Ryk van Velden of Ds NJ Van As

GRAAG 4-7 KAMP

Ons kamp vanjaar weer saam met Moeder en Noord by Bainskloof 1ste Tol van 14-17 Februarie. Die tema is # Survive 2020.

Koste is R450. Navrae Ds NJ
(Indien u dit nie kan bekostig nie of ‘n kind wil borg,skakel met Ds NJ)  Inskrywingsvorms by kerkkantoor en op webwerf. Kategete en ouers wat wil saam kamp is baie welkom. Ons vergader Donderdag 6 Februarie om 18:00 in die konsistorie. Ons supsidieer ‘n 2de of 3de kind. Dus sal u vir ’n 2de of 3de kind slegs R300 betaal. Inskrywings sluit op 12 Februarie 2020.

NUWE LIDMATE

Kom ontmoet die leraars, kerkraadslede en ander nuwe lidmate op Maandag 17 Februarie om 19:00 in die Sentrum.

WYKSBYEENKOMSTE

Wyksbyeenkomste vind plaas op 18 Februarie. U vat 5er sal u in kennis stel van plek en tyd. Die riglyne vir die wyksbyeenkoms sal vir vat5ers ge-epos word. Op Sondag 16 Februarie om 8:30 is daar toerusting en inligting vir vat5ers in die konsitorie

 HEMDE  TE KOOP BY KERKKANTOOR

Ons het ‘n donasie gekry van splinternuwe gekamovleerde hemde en eenkleurige hemde. Dit is te koop by die kerkkantoor. Daar is ‘n paar verskillende soorte.  Dit is vir enige doel. Kom kyk gerus na ons reeks. Die fondsinsameling is ten bate van ons boufonds.

 

In die Nuus