Deur : Skriba  /  February 14th, 2020

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

12 Februarie– 4 Maart: Ontdek jou gawe kursus (19:00-21:00)

20 Februarie – Vroue Kuieraand

21-23 Februarie – Pa & Kind Kamp: Navrae Wouter Viljoen 082 802 7209

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00 in die kerk

28 Februarie  – Fliekaand (Magda van Schalkwyk)

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

6 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Oos) 9:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Gemeente se verjaardag

15 Maart  – Aandnagmaal in die kapel van Andrew Murray Sentrum 18:00

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp

FLIEKAAND

Vrydag 3 April 2020  hou ons ‘n heerlike fliekaand buite op die gras. Die fliek is ‘n verassing!!! Daar sal gratis popcorn wees bring net jou eie piekniekmandjie, kombers of stoel saam.

Koste: Volw R50 & kinders R20

Tyd: 19:00 vir 19:30.

Almal is welkom

2DE HANDSE KLERE

Ons is weer opsoek na 2de handse klere. Veral kinder en kleiner mansklere. Damesklere ook welkom. Baie dankie vir u bydrae.

 

GEMEENSKAP #101

TEMAS VIR DIE KWARTAAL:

  1. Gekoppel aan Jesus
  2. Gekoppel deur die Gees
  3. Gekoppel deur gebed
  4. Gekoppel deur sy woord

BYBELSTUDIE BO 70

Indien u wil deel word van die groep, skakel met Giel en Annaline Haasbroek by 082 762 9659

WYKSBYEENKOMSTE

Wyksbyeenkomste vind plaas op 18 Februarie. U vat 5er sal u in kennis stel van plek en tyd. Die riglyne vir die wyksbyeenkoms sal vir vat5ers ge-epos word. Op Sondag 16 Februarie om 8:30 is daar toerusting en inligting vir vat5ers in die konsitorie

NUWE LIDMATE

Kom ontmoet die leraars, kerkraadslede en ander nuwe lidmate op Maandag  17 Februarie om 19:00 in die Sentrum.

KURSUS

Ds NJ is van 17-20 Februarie besig met kursusse te Stellenbosch

WES-BOESMANLAND

“Hier by ons is dit nog baie droog en die nood is maar hoog. Hier by ons was die weer so mooi, maar dit reën net nie. Baie dankie vir al die moeite wat julle weereens vir ons gedoen het en  vir die voortdurende ondersteuning in ons uur van nood. Ek dink die meeste mense se koskaste is redelik leeg na Januarie. Deur Spar vouchers vir ons te gee word Spar ook ondersteun. Sodoende help ons die gesinne en die plaaslike winkel”

Chrismari

R17 000 se donasies, uit ons Gemeente, is oorbetaal aan Spar Loeriesfontein vir vouchers vir die 11 plase in Wes-Boesmanland. Baie dankie vir almal se deurlopende ondersteuning.

BOEK BESTELLING

Indien daar nog enige iemand is wat Jaco Strydom se boek wil bestel kan u enige tyd u bestelling plaas by die kerkkantoor. Die koste van die boek beloop R150

ASWOENSDAG

Op 26 Februarie  begin Lydenstyd met Aswoensdag. Ons herdenking van die tyd wat Jesus gely het, begin met ‘n diens in die kerk om 19:00

 

KERKRAADSVERGADERING 10 FEBRUARIE 2020

OPSOMMING VAN BESLUITE VIR GEMEENTE TERUGVOERING

Omgee-bediening:  Na voorsitter se bedanking word Ds NJ as tussentydse koördineerder aangewys totdat die bediening ‘n nuwe voorsitter sowel as verteenwoordiger op die kerkraad aangewys het.

Erediens-bywoning:  Kommer oor kwynende bywoning-getalle (nie net Wellington-Oos nie maar ook in die algemeen in kerke) noop die kerkraad om d.m.v. o.a. die bedieninge na voorstelle vir oplossings en aksieplanne te soek.

Gemeente se webwerf:  Daar  word besluit op inisiatiewe om die webwerf te hernu en deurlopend relevant en minstens weekliks op datum te hou.

Gemeente-vergadering:  Die kerkraad se wel-oorwoë reaksie op die kwessies soos geopper word tans gefinaliseer en terugvoer sal mettertyd aan die gemeente deurgegee word.

Verlof goedgekeur:  Ds NJ – Sabbatsverlof 17 Maart tot 15 April; Ds Cornis – gewone verlof 12 tot 18 Maart; Ds Cornis sal voortaan sy weeklikse afdag op Maandae neem.

Kinderwerker:  Die pos word in beginsel goedgekeur (aanvanklik halfdag). Dit sal geadverteer word met die oog op ‘n permanente aanstelling. Die eerste kandidaat is reeds onderhoude mee gevoer en is baie geskik bevind vir ‘n tydelike aanstelling. ‘n Aanbod sal aan haar gemaak word om onmiddellik te begin en sodoende aan ‘n dringende behoefte te voldoen.

Aanwending van vaste bates: Goedkeuring word daaraan verleen om woonhuisplanne (pastorie) aan ’n argitek (kosteloos) beskikbaar te stel vir kreatiewe pogings tot moontlike aanpassings met die oog op dalk alternatiewe aanwendings. Dit mag lei tot netto-besparings maar alle moontlikhede sal ter tafel moet wees om uiteindelik ‘n ingeligte besluit te kan neem.  Die predikant en sy gesin se behoeftes sal ook weldeeglik in ag geneem word.

Landlyn-telefone:  Na deeglike oorweging en konsultasie word besluit om, vir kostebesparingsdoeleindes, die pastorieë Telkom-kontrakte te kanselleer.

Gemeente finansiële begroting:  ‘n Tekort-begroting R61 500 vir die 2020/2021-boekjaar word goedgekeur. Die huidige jaar gaan waarskynlik ook met ‘n tekort afgesluit word en daar word kennisgeneem van ernstige druk op gemeente-finansies. Daar is kommer oor spesifiek die maandelikse dankofferbydraes van die gemeente wat nie byhou nie.

Kursusse:  Therena & Mariska – 21 & 22 April, kerkkantoor sal dan gesluit wees maar telefone sal wel beantwoord word; Ds NJ – 17 tot 20 Februarie.

Brief van waardering:  Aan Ds Jaco Strydom na die Week van Vernuwing.

Weeklikse gebedsbulletin:  Danie Theart word van harte bedank vir sy besondere insette met die samestelling daarvan. Die kerkraad versoek dat enige vrywilligers uit die gemeente asb. by Danie moet aanmeld om te help met die saamstel van die gebedsbulletin – hy sal dit baie waardeer.

HEMDE  TE KOOP BY KERKKANTOOR

Ons het ‘n donasie gekry van splinternuwe gekamovleerde hemde en eenkleurige hemde. Dit is te koop by die kerkkantoor. Daar is ‘n paar verskillende soorte.  Dit is vir enige doel. Kom kyk gerus na ons reeks. Die fondsinsameling is ten bate van ons boufonds.

 

In die Nuus