Deur : Skriba  /  February 21st, 2020

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

12 Februarie– 4 Maart: Ontdek jou gawe kursus (19:00-21:00)

26 Februarie – Aswoensdag diens om 19:00 in die kerk

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Gemeente se verjaardag

15 Maart  – Aandnagmaal in die kapel van Andrew Murray Sentrum 18:00

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp

KLEREVERKOPING

Saterdag 29 Februarie verkoop ons 2de handse klere ten bate van die omgee en jeugbediening.

Plek:  Voor Moedergemeente se saal

Tyd: Vanaf 07:00

Indien u sou belangstel om te kom help met verkope kan u enige tyd vir  Ansa Oosthuizen skakel by 082 562 3604

Ons is opsoek na 2de handse klere. Veral kinder en kleiner mansklere. Damesklere ook welkom. Baie dankie vir u bydrae.

U kan dit aflewer by die kerkkantoor.

GEMEENSKAP #101

TEMAS VIR DIE KWARTAAL:

  1. Gekoppel aan Jesus
  2. Gekoppel deur die Gees
  3. Gekoppel deur gebed
  4. Gekoppel deur sy woord

BYBELSTUDIE BO 70

Indien u wil deel word van die groep, skakel met Giel en Annaline Haasbroek by 082 762 9659

VAKANTE POS: JUNIOR WEBONTWIKKELAAR

Bybel-Media is op soek na ‘n WordPress webontwikkelaar met ‘n sterk tegniese vermoë.  Ons soek ‘n jong persoon met ‘n “kan-doen” houding wat graag in ‘n Christelike media omgewing wil werk.  Die maatskappy is gebaseer in Wellington.

As jy dink jy is die geskikte kandidaat vir hierdie pos, stuur asseblief jou CV aan Adèle Lombaard by adele@bmedia.co.za  – 021 864 8219.  Salaris:  Onderhandelbaar.

BYBELSTAP 11 MAART 2020

Vat jou hond en jou kinders en kom stap saam met ons. Daar is ‘n keuse van 3 of 5km stap. Almal kry medaljes!!

Koste: R25 per person

Tyd: 17:30

Wegspring plek: Regoor hugenote laerskool se hek.

Vir verdere navrae kontak  Hentas by 067 405 5030

VISIONERING

  • 9 Maart om 18:00 in konsistorie
  • Onderwerp:

Die rol van sosiale media in die kerk van die toekoms

Spreker: Neil Büchner

KINDERKERK BENODIG HULP

Indien u dalk die volgende het wat net rondlê by die huis en nie gebruik word nie wil ons vra of u dit aan ons sal skenk vir die kinderkerk: Ons benodig uitdraaikryte, koki’s, inkleurboeke, lego blokkies, houtblokke en leë bake bean grote blikkies. By voorbaat dankie aan almal wat ons kan help. Indien u enige verdere navrae het kan u vir Antoinette skakel by 084 357 8967

BOEK BESTELLING

Indien daar nog enige iemand is wat Jaco Strydom se boek wil bestel kan u enige tyd u bestelling plaas by die kerkkantoor.

Die koste van die boek beloop R150 

WERELDBIDDAG VIR VROUE

Daar sal nie ‘n wêreldbiddag vir vroue  byeenkoms by Wellington-Oos wees op Vrydag 6 Maart nie.

Almal kom bymekaar by Wellington-Noord op Donderdag  5 Maart om 19:00.

VKO

Pa’s, ma’s, oupas, oumas, onderwysers en almal wat lief is vir kinders

Kom woon ’n inligtingsessie met praktiese demonstrasies by oor

Die belang en praktyk van musiek, sang en beweging in die ontwikkeling van klein kindertjies.

Ontdek en leer hoe jy alle dele van die brein van klein kindertjies kan ontwikkel deur musiek, sang en beweging. Ontwikkel die luister en musikale potensiaal van kindertjies.

Spreker en fasiliteerder: Stefné van Dyk

Handevat Music

Praktiseer in verskillende gemeenskappe na nagraadse studie oor die belang van musiek,  sang in die ontwikkeling van kinders.

Wanneer: 14 Maart 2020

Waar: Kerksaal NG Kerk Wellington-Oos

Tyd: 0900-1200

Inskrywing:  Inskrywingsvorms beskikbaar by

Mariette van Velden: mariettevanv@gmail.com en by

Die kerkkantoor NG Kerk Wellington Oos:

skriba@wellingtonoos.co.za; Tel. 021-8732690

Navrae: Mariette van Velden: 0798816861

 

 

In die Nuus