Deur : Skriba  /  February 28th, 2020

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

 4 Maart: Ontdek jou gawe kursus (19:00-21:00)

5 Maart  – Wêreldbiddag vir vroue (Noord)19:00

7 Maart  – Wêreldbiddag vir mans 07:00 (Manneontbyt) Roelof Prins (082 414 8338)

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30 

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Johann Swart (079 873 1493)

15 Maart  – Aandnagmaal in die kapel van Andrew Murray Sentrum 18:00

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp (Ds Cornis)

3 April  –  Fliekaand

WERELDBIDDAG VIR VROUE 

Daar sal nie ‘n wêreldbiddag vir vroue  byeenkoms by Wellington-Oos wees op Vrydag 6 Maart nie.

Almal kom bymekaar by Wellington-Noord op Donderdag  5 Maart om 19:00

Tema: Tel jou bed op en loop

 

SILWERKRUIN BASAAR

Datum 6 Maart, Tyd: 17h00, Plek Ingang by Bainstraat

Heerlike gebraaide hoenderetes te koop @ R85 elk

Musiek, Kinder Aktiwiteite, Pannekoek, Poeding, Hamburgers, Jaffles, Roosterbrode , Wit Olifant, Kuiertuin, Handwerk, Groente & Vrugte en nog vele meer.

FLIEKAAND

Vrydag 3 April 2020  hou ons ‘n heerlike fliekaand buite op die gras. Die fliek is ‘n verassing!!! Daar sal gratis popcorn wees, bring net jou eie piekniekmandjie, kombers of stoel saam.

Koste: Volw R50

Kinders  R20

Tyd: 19:00 vir 19:30.

Almal is welkom

Vir verdere navrae kontak Magda Van Schalkwyk  by 083 234 8239

BYBELSTAP 11 MAART 2020

Vat jou hond en jou kinders en kom stap saam met ons. Daar is ‘n keuse van 3 of 5km stap. Almal kry medaljes!!

Koste: R25 per person (Kinders kan ook saam as spanne stap vir R25) Kix & Tekkies

Tyd: 17:30

Wegspring plek: Regoor Hugenote Laerskool se hek.

Vir verdere navrae kontak  Hentas by 067 405 5030

 

MAKHATHINI

Die gemeente bestaan tans uit sowat 700 lidmate en 220 Sondagskoolleerlinge met 23 bedieningspunte. Diegene wat tans daar werk, is di. Dalisu Kunene en Louwrens van der Westhuizen, kinderevangelis Themba Mahlangu, geestelike werkers Bonginkosi Mtembu, Lucky Kunene, Zacheus Ngwenya en Bheka Manzini, en Lungani Mandlakazi wat maatskaplike dienste lewer.

Evangelisasie-veldtogte bedien die totale gemeenskap met die Woord  en ook met kos en klere (volgens behoefte).

By Mapaya (naby Jozini) is ‘n groot, goed-toegeruste gemeentesentrum waar toerustingsprogramme aangebied word. Die gemeente fokus daarop om ‘n dissipelmakingkultuur te vestig.

Die jongmense neem sterk leiding tydens evangelisasie-veldtogte en is ook ingeskakel met ’n uitreikaksie (Transformers) by skole. Kinderbediening geniet hoë prioriteit in die bediening.Daar is tans vier kleuterskole onder gemeentelike beheer. Daar word voortdurend aandag gegee aan die opleiding van kleuterskool-personeel regoor die hele vlakte.

Sorgwerkers word opgelei om siek mense in hulle huise te versorg en sodoende ook die gemeenskap op te voed in basiese gesondheidsorg, trauma-berading, sterwensbegeleiding, ens.  Weeskinders oor die hele Makhathini-gebied wat geen toelaes ontvang nie, word deurlopend geïdentifiseer en word deur die sorgwerkers bedien met kospakkies en klere.

Verskeie lewensvaardigheidsprogramme (bv. ABED (volwasse geletterdheidsklasse) word in samewerking met organisasies soos ACAT (Africa Cooperation Action Trust) aangebied. Die gemeente beskik oor ‘n 10 hektaar bloekomboom-plantasie naby KwaNgwanase.  Die plantasie word elke ses jaar geoes.

Ondersteunende gemeentes, indiwidue en instansies kan, in noue samewerking met mekaar, daarop fokus om die bediening in die Makhathini-gemeente te versterk. Kom, word deel van hierdie besondere vennootskap.

Kontak Louwrens van der Westhuizen by weshuis7@gmail.com vir inligting.

 

VISIONERING

  • 9 Maart om 18:00 in konsistorie
  • Onderwerp:

Die rol van sosiale media in die kerk van die toekoms

Spreker: Neil Büchner

 

KINDERKERK BENODIG HULP

Indien u dalk die volgende het wat net rondlê by die huis en nie gebruik word nie wil ons vra of u dit aan ons sal skenk vir die kinderkerk: Ons benodig uitdraaikryte, koki’s, inkleurboeke, lego blokkies, houtblokke en leë bake bean grote blikkies. By voorbaat dankie aan almal wat ons kan help. Indien u enige verdere navrae het kan u vir Antoinette skakel by 084 357 8967

INTEREM KINDERWERKER

Ons tydelike kinderwerker is Chrislie Dreyer 0736467566. Die permanente pos sal nog adverteer word.

 GETUIENIS NAWEEK (MAAK DISSIPELS)

Jy word persoonlik uitgenooi om saam te kom dink,bid en droom oor dissipelskap en geloofsgewoontes in Wellington-Oos.

Vrydag: 18:30-21:00

Saterdag: 14:30-18:00 @ Wellington-Oos

Bevestig asb @Cornis (078 973 3307) of jy dit sal bywoon.

GEMEENTE-ETE

Datum: 13 Maart 2020

Tyd:19:00

Plek: NG Kerk Wellington-Oos

Koste: R100 pp

Spyskaart:

Mediumgaar sirloin met ‘n romerige sampioensous

Feestafel met slaaie en brode

Ietsie soet

Bring eie eetgerei en drinkgoed saam

WORSHOP BAND 2020

Ons soek steeds mense wat kan sing of instrumente kan speel vir die kerk band.

Kontak vir Ds Cornis @ 078 973 3307 indien jy wil inskakel.

 

Pa’s, ma’s, oupas, oumas, onderwysers

en almal wat lief is vir kinders

Kom woon ’n inligtingsessie met praktiese demonstrasies by oor

Die belang en praktyk van musiek, sang en beweging in die ontwikkeling van klein kindertjies.

Ontdek en leer hoe jy alle dele van die brein van klein kindertjies kan ontwikkel deur musiek, sang en beweging. Ontwikkel die luister en musikale potensiaal van kindertjies.

Spreker en fasiliteerder: Stefné van Dyk Handevat Music

Praktiseer in verskillende gemeenskappe na nagraadse studie oor die belang van musiek, sang in die ontwikkeling van kinders.

Wanneer: 14 Maart 2020

Waar: Kerksaal NG Kerk Wellington-Oos

Tyd: 0900-1200

Inskrywing:  Inskrywingsvorms beskikbaar by Mariette van Velden: mariettevanv@gmail.com en by

Die kerkkantoor NG Kerk Wellington Oos:

skriba@wellingtonoos.co.za; Tel. 021-8732690

Navrae: Mariette van Velden: 0798816861

 WERELDBIDDAG VIR MANS

Manneontbyt 7 Maart 2020 om 07:00 by die Spur Wellington

Gebedsgeleentheid: o.l.v Gerrit Coetzee van “There4Ministries

Koste: R50 per kop – Ontbyt met 2 koffies

In die Nuus