Deur : Skriba  /  March 5th, 2020

 

TELKOM LYNE

Ons Telkom lyne is tans dood. Daar is ‘n probleem met die lyne. Kontak ons gerus op die volgende nommer tussen 8:00 en 14:00. 066 301 2011. Baie dankie.

 

WAT GEBEUR DIE KWARTAAL

11 Maart  – Bybelstap om die perdeskoen 17:30 

13 Maart – Gemeente Ete (steak) – Johann Swart (079 873 1493)

15 Maart  – Aandnagmaal in die kapel van Andrew Murray Sentrum 18:00

27-29 Maart  – Imagine Tienerkamp te Bredasdorp (Ds Cornis)

3 April  –  Fliekaand

 

TERUGVOERVERGADERING

Terugvoering na aanleiding van ‘n gemeentevergadering verlede jaar vind plaas op Woensdag 11 Maart om 19:30 in die konsistorie.

 

FLIEKAAND

Vrydag 3 April 2020  hou ons ‘n heerlike fliekaand buite op die gras. Die fliek is ‘n verassing!!! Daar sal gratis popcorn wees, bring net jou eie piekniekmandjie, kombers of stoel saam.

Koste: Volw R50

Kinders  R20

Tyd: 19:00 vir 19:30.

Almal is welkom

Vir verdere navrae kontak Magda Van Schalkwyk  by 083 234 8239

 

BYBELSTAP 11 MAART 2020

Vat jou hond en jou kinders en kom stap saam met ons. Daar is ‘n keuse van 3 of 5km stap. Almal kry medaljes!!

Koste: R25 per person (Kinders kan ook saam as spanne stap vir R25) Kix & Tekkies

Tyd: 17:30

Wegspring plek: Regoor Hugenote Laerskool se hek.

Vir verdere navrae kontak  Hentas by 067 405 5030

 

VERLOF

Ds Cornis is met verlof van 12 Maart-18 Maart

Ds NJ is met verlof van 17 Maart-19 April

 

KINDERKERK BENODIG HULP

Indien u dalk die volgende het wat net rondlê by die huis en nie gebruik word nie wil ons vra of u dit aan ons sal skenk vir die kinderkerk:

Ons benodig uitdraaikryte, koki’s, inkleurboeke, lego blokkies, houtblokke en leë bake bean grote blikkies. By voorbaat dankie aan almal wat ons kan help. Indien u enige verdere navrae het kan u vir Antoinette skakel by 084 357 8967

 

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS

Vakature: Junior Kinderwerker

Die ideale kandidaat is ’n NG lidmaat wat toegewyd, bekwaam en pro-aktief is om ’n besonderse bediening aan kinders te lei en te bestuur. Liefde vir kinders, vermoë om kinders te begelei in geloofsgroei en geloofsekerheid, die bou van verhoudinge en die vermoë om onafhanklik te funksioneer is kritiese aspekte van die pos. ’n Toepaslike akademiese kwalifikasie in Kinder- of Jeugbediening  of Onderwys (Voorskool / Grondslagfase / Laerskool) en toepaslike ondervinding sal jou aansoek versterk.

Die pligte behels onder andere:

  • Koördinering en administrasie van:
  • Kinderkerk (Graad R-3)
  • Peuterkerk (2-3 jr)
  • Kleuterkerk (4-5 jr)
  • Graad 4-6 kategese in samewerking met leierkategeet
  • Woensdagmiddag se Midweekbediening nl. Kix (gr R – 3), Tekkies (Gr 4 – 6) en Graad 7’s
  • Beskikbaarstelling van  kategese-lesmateriaal in samewerking met leraars en leierkategeet/jeugbediening
  • Jaarbeplanning asook dienslyste van bogenoemde
  • Aanbied van bogenoemde indien aanbieder nie beskikbaar is nie
  • Aanbied van Kinderpinkster tydens Pinkster
  • Aanbied van Bybelskool tydens die Junie/Julie vakansie
  • Kinderuitreike
  • Reël en aanbied van kampe (Gr 1-7)
  • Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die bediening
  • Ander verwante take

Rig u gedetailleerde CV aan skriba@wellingtonoos.co.za. Vir navrae kontak Kobus Oosthuizen (Voorsitter: Jeugbediening) by 082 492 2022. CV moet ons bereik  voor of op Dinsdag 31 Maart 2020 (17:00). Meld kwalifikasies, ondervinding en ook verwagte salaris. Dit is ‘n beperkte termyn pos, aanvanklik vir 2 jaar met ‘n verlengingsopsie.  

www.welingtonoos.co.za

 

MUNNIKFONDS

Michelle Munnik moet op 22 Junie vir haar 26e operasie gaan in ‘n poging om albei bene ewe lank te kry. Die ouers moet R100 000 bybetaling doen voordat die operasie gedoen kan word. Indien u ‘n bydrae
wil maak kan u by kerkkantoor inbetaal  met verwysing Munnikfonds.

 

HIER IS KORTLIKS MICHELLE MUNNIK SE GEVAL

Michelle is gebore met PFFD waarvan die regter femur stadiger groei as die linker kant. Sy het vanaf 3jr oud tot en met hede al 25 operasies ondergaan om die groei proses aan te help. Sy gaan op 22 Junie 2020 operasie no.26 kry waar daar ‘n pen deur haar regter femur geplant gaan word en dan van buite af verleng gaan word met ‘n magneet. Hierdie operasie gaan in 3 operasies opgedeel word vir die volgende paar jaar aangesien haar been 12cm kort is. Die Precise pen wat ingeplant word is ons laaste hoop om haar te help om haar been te verleng.

 

RUGBYTRUIE

Klaas wat by die kerk werk se kerk wil graag kinders en volwassenes
motiveer om deel te neem aan sport. Hulle het behoefte aan rugbytruie/of
borg vir rugbytruie. Indien kan help of ou rugbytruie het , skakel kerkkantoor.

 

Pa’s, ma’s, oupas, oumas, onderwysers en almal wat lief is vir kinders.

Kom woon ’n inligtingsessie met praktiese demonstrasies by oor

Die belang en praktyk van musiek, sang en beweging in die ontwikkeling van klein kindertjies.

Ontdek en leer hoe jy alle dele van die brein van klein kindertjies kan ontwikkel deur musiek, sang en beweging. Ontwikkel die luister en musikale potensiaal van kindertjies.

Spreker en fasiliteerder: Stefné van Dyk

Handevat Music

Praktiseer in verskillende gemeenskappe na

nagraadse studie oor die belang van musiek, sang in die ontwikkeling van kinders.

Wanneer: 14 Maart 2020

Waar: Kerksaal NG Kerk Wellington-Oos

Tyd: 0900-1200

Inskrywing:  Inskrywingsvorms beskikbaar by Mariette van Velden: mariettevanv@gmail.com en by

Die kerkkantoor NG Kerk Wellington Oos:skriba@wellingtonoos.co.za; Tel. 021-8732690

Navrae: Mariette van Velden: 0798816861

 

WORSHIP BAND

Ons soek steeds mense wat kan sing of instrumente kan speel vir die kerk band.

 

GEMEENTE ETE

Datum:  13 Maart 2020

Tyd: 19:00

Plek: NG Kerk Wellington-Oos

SPYSKAART

Mediumgaar sirloin steak met ‘n romerige sampioensous

Feestafel met slaaie en brode

Ietsie soet

KOSTE: R100 pp

Kom geniet die feesmaal saam met ons en kom kuier onder die sterre.

 

In die Nuus