Deur : Skriba  /  June 5th, 2020

VOORBIDDING

Johan Anker

Arina Grobbelaar

Nicolene Stander

Maritza Rautenbach

Bekker Van Niekerk  (jnr)

Nonnie Van Zyl

Edward Jones

Joan Schreuder

Anneke Hauptfleisch

Mariana Van Dyk 

 

MILJOENE GESKENK VIR HULPVERLENING

Diaconia, die eenheidsbediening van die NG Kerk Wes-Kaapland en die VGK Streeksinode Kaapland, het reeds skenkings van meer as R2,2-miljoen aan gemeenskappe gemaak sedert die begin van die COVID-19-pandemie.

Teen einde Mei is daar reeds donasies aan onder meer 161 VGK en NG-gemeentes regoor die provinsie gedoen om hoofsaaklik voedselsekuriteit in die mees kwesbare gemeenskappe te verbeter. Dit sluit die verspreiding van kospakkies, voorbereide maaltye sowel as koopbewyse in. Verdere bydraes is ook gemaak om maskers, sanitasiemiddels en ander beskermende kleredrag vir noodsaaklike diensverskaffers te voorsien. Gemeentes vanaf Vishoek in die suide van die Kaapse metropool tot Alexanderbaai in die noorde van die Weskus is reeds so ondersteun.

Daarom moedig ons gemeentes aan om deel te word van netwerke wat reeds in die spesifieke gemeenskap aktief is. Op hierdie manier word hulpbronne saamgevoeg, word die duplisering van hulpverlening uitgesny en maak ons seker dat soveel mense as moontlik bereik word.”

 

KERKKANTOOR PERSONEEL

Die kerkkantoor is steeds gesluit, maar die personeel is tydens kantoor-ure beskikbaar. Die kerkkantoor se personeel werk nog steeds van die huis af , reël asb met hulle indien u kontantinbetalings wil doen of iets van die kerkkantoor benodig.

Mariska: 083 235 1248 (Skriba) vir enige navrae

Therena: 084 702 3937 (Finansies)

 

JUNIE DANKOFFERMAAND

Ons herinner u aan die Junie dankoffermaand.

Junie is ons gemeente se dankoffermaand waar ons die geleentheid kry om ‘n spesiale bydrae te maak, veral as u dit nie maandeliks doen nie. By u kalender is ‘n koevert waarin u die bydrae kan plaas. Aangesien ons nie nou eredienste in die kerk het nie , kan u net met kantoorpersoneel ‘n reeling tref vir inbetaling. U kan  dit ook elektronies oorbetaal met verwysing : Junie Dankoffer. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning om die gemeente nog steeds te laat funksioneer al is die kerkdeure tydelik toe.

2 Kor 9: 7

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

 

MUNNIKFONDS

Michelle Munnik moes op 22 Junie vir haar 26ste operasie gegaan het in ‘n poging om albei bene ewe lank te kry.Die operasie is voorlopig uitgestel weens die Covid 19. Haar ouers moet egter ‘n  R100 000 bybetaling doen voordat die operasie gedoen kan word. Indien u ‘n bydrae wil maak kan u by kerkkantoor inbetaal  met verwysing Munnikfonds.

Ons wil ook graag namens die gesin almal bedank wat reeds ‘n bydrae gemaak het.

 

DIENSTE TYDENS VLAK 3 VAN INPERKING

Dienste gaan nie tydens vlak 3 van die inperking plaasvind nie. Die gesamentlike Digi-dienste gaan voort soos vantevore.

  •  Wellington Digi-dienste  sal op Facebook, Instagram en Whatsapp versprei word.
  •  Ons moedig almal aan om die kerk se Facebook en webwerf dop te hou vir afkondigings . Verdere   kommunikasie sal ook via Vat 5’er leiers en Vat 5’ers gedoen word.
  • ’n Noodlyn is oop vir mense wat in die landwye sluitingstyd enige krisis of nood ervaar. Whatsapp of bel vir   Mariska by 083 235 1248.
  • Vir siekte en sterfte gevalle kan Ds. Cornis  gekontak word by 078 973 3307 asook Ds NJ by 084 584 1331.
  •  Wellington-Oos Gemeente is steeds afhanklik van u maandelikse bydraes, dankoffers en deuroffers. Oorweeg dit om in hierdie tyd op kreatiewe maniere te gee via Zapper, EFT of debiet orders. Alle besonderhede kan op die almanak en webwerf gevind word.

Kontakbesonderhede:

Mariska (Skriba)
Epos: skriba@wellingtonoos.co.za
Sel: 083 235 1248

Therena (Kassier):
Epos: finans@wellingtonoos.co.za
Sel: 084 702 3937

 

 

ZOOM KUIER KERK

Ons kuier weer Sondag, 7 Junie @ 18h00, saam op ZOOM. Die skakel sal Sondag beskikbaar wees.

Onthou: ZOOM moet toestemming hê om jou toestel se video en oudio te gebruik. Indien die settings nie reg is nie, sal jy nie kan deelneem aan die diens nie.

 

KERKBODE

Hiermee die skakels na die digitale kerkbode

  1. kerkbode.co.za en die Kerkbode-app.
  2. Vier uitgawes van die “e-koerant” – https://kerkbode.christians.co.za/e-koerant/
  3. Vier uitgawes van ’n Whatsapp-koerant, waarop vele lidmate tydens grendeltyd ingeteken het via die skakel onderaan hierdie berig: https://kerkbode.christians.co.za/2020/05/22/intekenaars-so-kry-jy-ons-stories/

Ons weet die sprong van papierformaat na digitale formaat is vir sommige lesers ontwrigtend. Ons het van meet af onderneem om daardie belangrike deel van ons diens te heropen sodra dit moontlik is. Ons hou – tesame met die res van die land – die regulasies stip dop om vas te stel wanneer ons daardie punt bereik.

 

 

KYK UIT VIR DIE VOLGENDE DEUR DIE LOOP VAN DIE WEEK:

 

Maandag:

Opvang – Persoonlike kommunikasie met die gemeente

Woensdag:

Midweek Bidstop

Vrydag:

Chrislie se “Jy kan kies reeks” vir ouers en kinders

Sondag:

Wellington Digi-diens

18h00 – Kuier Kerk (Via Zoom)

 

NEEM KENNIS VAN DIE VOLGENDE:

Kerkklok lui 9:00 om ons aan die gesamentlike digi-diens van die 3 gemeentes te herinner.

 

HULP AAN BEHOEFTIGES

NG Kerk Wellington-Oos ondersteun die ACVV om kospakkies aan mense te versprei. U kan deur middel van produkte of kontant ‘n bydrae maak aan die ACVV van Wellington. Daar is ook trollies by die winkels geplaas waarin u produkte kan skenk. Die kontant bydrae kan by die volgende rekening inbetaal word:

ACVV Wellington

Absa Bank

Rek nr: 430140051

Tipe Rek: Tjek

Tak kode: 334510

 

ACVV KOSPAKKIE PROSEDURE

Whatsapp of sms jou naam, van en adres na 083 655 8843 (Geen oproepe kan ongelukkig geneem word nie)

Whatsapp lyn oop van Ma-Wo.

Slegs whatsapps met volledige adresse sal oorweeg word.

Ons sal teen Donderdagmiddag laat weet wie pakkies ontvang vir die week.

Die pakkies word op Vrydae afgehaal. Ons sal plek en tyd bevestig.

Indien jy niks hoor nie, beteken dit dat ons jou ongelukkig nie vir die week kon help nie.

Baie dankie vir u samewerking.

 

WELLINGTON-OOS ALIMENTASIE (NOOD)

Die gemeente se kospakkie projek gaan voort soos in die verlede o.l.v. Helandi Smith. Die kerkraad het ‘n taakspan aangewys wat die gemeente se alimentasiefonds bestuur. Daar is besluit om ‘n bydrae te maak vir die ACVV se kospakkieprojek. Waar ons bewus word van finansiële nood word dit na die taakspan verwys vir hulp.

Indien u finansieel wil bydra vir nood in die gemeente kan u inbetaal op die gemeente se rekening nr.  430 580 116 ABSA met verwysing Alimentasie of noodfonds. Baie dankie vir u ondersteuning in die tyd.

 

 

 

 

 

 

In die Nuus