Deur : Skriba  /  June 5th, 2020

ONS VRA DAT U VIR DIE VOLGENDE PERSONE VOORBIDDING SAL DOEN

  • Mossie Mostert
  • Shaun Steyn
  • Hannetjie Steenkamp
  • HJ Labuschagne
  • Adell Strachen
  • Arno Van Zyl
  • Frankie Horn
  • Gustav Gilliland
  • Anja Mostert
  • Willie Liebenberg
  • Sandra Coetzee
  • Sophia Claassen
  • Sunette Le Roux

MEDELYE:

Ons harte gaan uit na Theanita Johnston en familie met die afsterwe van hul geliefde pa.

PREDIKER BEURTE (KWARTAAL 3)

21 Julie – Ds Cornis Botha

28 Julie – Ds NJ Van As

4 Aug – Ds Cornis Botha

11 Aug – Ds NJ Van As

18 Aug – Ds NJ Van As

25 Aug – Ds Cornis Botha

1 Sep – Ds NJ Van As

8 Sep – Ds NJ Van As

15 Sep – Ds Cornis Botha

22 Sep – Ds Cornis Botha

KWARTAAL PROGRAM

22-24 Julie – Bedieninge Vergaderings

27 Julie – Getuienis Ete

4 Aug – 40 Dae Begin

12 Aug – KR Vergadering

13, 20 & 27 Aug – Doopkursus

15 Aug – Vreugdediens Pannekoek Verkope

23 Aug – Vis Ete Platters

24 Aug – Vroue Oggendtee

6 Sep – Wildsvleis Verkope

13-14 Sep – Gr 1-3 Kamp

20-21 Sep – Fietstoer

NEEM KENNIS ASB:

Dat Ds NJ die naweek weg sal wees saam met sy kleingroepie.

In geval van nood kontak asb vir Ds Cornis by  078 973 3307

ONS NOOI U HARTLIK UIT OM

Die Kapel te kom besoek.

Dit is ‘n plek wat jou met oop omhelsing in nooi, die Kapel is ook ‘n ruimte wat na buite strek tot in die vallei en berge daarbuite, wat die bewustheid van God se skepping in die onmiddellike omgewing verhoog. Dit is ‘n plek waar jy net kan kom stil word in die teenwoordigheid van die Here.

Ons dienste vind plaas op die volgende dae en tye:

Maandae: 12:30 / 17:30

Di–Do: 07:30 / 12:30 / 17:30

Vrydae: 07:30

 

 

 

 

 

 

 

 

40 DAE BEGIN 4 AUGUSTUS

 

 

 

 

 

 

 

 

Die 40 Dae boekie is beskikbaar by die Kerkkantoor. Ons moedig u aan om aan te sluit by ‘n kleingroep van u keuse of om saam met ons die 40 Dae reis te kom stap vanaf Dinsdag 30 Julie.

Daar sal elke Dinsdag oggend om 10:00 en elke Dinsdagaand om 19:00 ‘n groep bymekaar kom in die konsistorie vanaf die 30ste Julie vir die daaropvolgende 6 weke.

Vir Navrae:

Kontak die Kerkkantoor by

078 665 5481

40 DAE TEMAS

 

 

 

 

 

 

ANJA MOSTERT FONDS

As gevolg van beperkings met haar medikasie by die kliniek, moet Anja se ouers die onkoste van haar medikasie self dra. Indien u dit in u hart vind om ‘n bydrae te maak aan die fonds kan u dit in die kerk se rekening inbetaal met verwysing:

Anja Fonds

JONGWERKENDE SELGROEP 

Kom sluit aan by die Jongwerkende selgroep wat gelei word deur Ds Cornis Botha elke Dinsdagaand om 19:00 in die Sentrum. Ons drink ‘n lekker koppie koffie en gesels en kuier.

Indien u meer wil weet kan u gerus vir Cornis kontak by 078 973 3307

WELLINGTON AA

Wellington se AA (Alkoholiste Anoniem) vergader Dinsdae van 19:00-20:00 in die ou Jeuglokaal. Skakel persoon is Theunis Uys. Kontak hom gerus by 072 980 3816

WELLINGTON-OOS KOSPAKKIES ALGEMEEN

Die gemeente se kospakkie projek gaan voort soos in die verlede o.l.v. Helandi Smith. Indien u finansieel wil bydra vir nood in die gemeente kan u inbetaal op die gemeente se rekening nr.  430 580 116 ABSA met verwysing Alimentasie of noodfonds. Baie dankie vir u ondersteuning in die tyd. U is ook welkom om enige iets nie berfbaar na die kantoor te bring.

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hul bydrae in die tyd van nood.

ONS ZAPPER & BANKBESONDERHEDE

Zapper Afkondigings - Copy

 

 

 

 

 

 

 

 

BANKBESONDERHEDE

NG Kerk Wellington-Oos                   

ABSA                                                   

Rekno:  430 580 116                            

Takkode:  632 005                               

Verw:  Naam + waarvoor

Foto Album
In die Nuus