Deur : Skriba  /  February 26th, 2012

FINANSIëLE JAAREINDE 28/2/2012

Enige aankope wat nog in Februarie moet plaasvind, moet asb  eers deur die kantoor gemagtig word en die strokies moet asb onmiddellik ingehandig word.

 

BEGROTING!

Die Finansiële kommissie begroot vir ‘n tekort van R164 000-00 vir die nuwe boek- jaar nadat al die kommissies moes besnoei op hul werksaamhede.  Dit blyk dat ons vanjaar gaan afsluit met ‘n tekort van R80 000-00.  Ons besef dat dit ekonomies taai met almal gaan, maar as elke lidmaat ten minste R10-00 gee of net sy dankoffer met R10-00 verhoog, gaan dit beslis ‘n verskil maak en kan die gemeente soveel meer doen. (R10-00 X 1 400 lidmate X 12 maande = R168 000-00).  Baie dankie vir die lidmate wat reeds reageer het.

 

GEMEENTE-ETE

Sondag 11 Maart om 12:30.  Lekker 3 vleis ete – kaartjies is tot 2 Maart by diakens en kerkkantoor beskikbaar @ R50-00 vir volwassenes en R20-00 vir kinders.  Kom vier die gemeente se 39ste verjaarsdag.

 

STAP TEN BATE VAN BYBELVERSPREIDING

Op 10 Maart stap ons om die Perdeskoen.  Sien die afkondigings van 4 Maart vir meer inligting.

 

VREUGDEDIENS

Sal almal wat 50 jaar en langer getroud is, asb vir Hetta Cloete of die kerkkantoor u naam deurgee.

 

GEBEDSSPAN

Wil u medewerker van God wees?  Kom bid dan saam om die wil van die Here en strewe saam om ʼn gebedskultuur in die gemeente te vestig.  Name aan Danie Theart 084 517 2610.

 

WILDSFEES BEPLANNINGSVERGADERING

Op 5 Maart om 19:00 in Die Sentrum.  Almal wat wil help of idees het hoe ons die Wildsfees kan bemark en benut om fondse vir die gemeente te in, word uitgenooi na die vergadering.  Jagpakkette is ook nou uit – net vir 16 jagters in groepe van 4.  Datums 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Praat met Danie Theart

 

KERKHORLOSIE

Aangesien die koste vir die vervanging van die kerkhorlosie baie hoog is, staan dit oor tot daar voldoende fondse is.

 

SOP EN BROOD RESEPTEBOEK

Groep 6 wil graag ‘n “Sop en Brood Resepteboek”  uitgee as ‘n woekerprojek vir die basaar.  Gee of stuur asb u resep na die kerkkantoor.  Ons sal dit veral waardeer as ons resepte van groep 6 kan kry.

 

POEDINGTAFEL

Benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.

 

SONDAG SONDER SKOENE

Op Sondag 4 Maart kan u sonder skoene kerk toe kom om te voel hoe dit is om sonder skoene te wees.  U kan ook skoene wat u wil skenk saambring kerk toe.

 

BESOEK AAN ALTA DU TOIT

Op 7 Maart besoek ons gemeente dié inrigting vir intellektuele gestremdes.  ‘n Bus vertrek om 09:00 v/a Die Sentrum en die koste is R50-00 pp.  Vir verdere navrae kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deelkan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

 

ROLSTOEL

Iemand in die ouetehuis benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig.  Kom ons wend nog steeds in 2012 ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel.  U kan dit in die spesiale houer in die kerk se voorportaal plaas of dit by die kerkkantoor inhandig.

 

ALTASORG KERMIS

Op 3 Maart om09:00 op die Boston Primêre Skool se sportvelde.  Ons hou ook ‘n 5km “I LOVE Alta” pretloop om 07:30.  Sien uit na ‘n marktent, teetuin, springkasteel vir die kinders, eetgoed en baie meer. Kontak kerkkantoor vir vleisbestellingslys vir vleis vanaf Merweville voor 23 Februarie.  Die vleis word op die dag by die vleisstalletjie betaal.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 (sluitingsdatum 1 Maart) by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za of info@ngwellnoord.co.za

 

PORTERVILLE CHRISTUSFEES 2012

V/a 9 -11 Maart – ‘n Christusfees met topgehalte musiek en talle stalletjies.  Kunstenaars sluit in:  Elvis Blue, Heinz Winckler, Piet Smit, Neil Büchner en vele ander.  Vir meer inligting, kontak Willie 083 650 1640 of sien die volledige program op www.christusfees.co.za  Kaartjies is ook beskikbaar by Computicket.

 

SILWERKRUIN OPEDAG

Saterdag 3 Maart.  Vriende, familie, kinders, kleinkinders – kom loer in by Silwerkruin.

10:00 – Inligtingsessie oor Eden benadering vir Silwerkruin aangebied deur Rayne Stroebel.

10:30 – Kom geniet gratis koek en tee saam met die Ouer Persone.

11:30 – Kuier om braaivleisvure.  Worsbroodjies, pannekoek en drinkgoed te koop.

Ons Ouer Persone is vir ons kosbaar – wys dat jy omgee.

 

DEUROFFER

Ramot is die NG kerk se behandelingsentrum vir alkohol – en ander dwelmverslawing en bestaan reeds vir 45 jaar.  Gedurende hierdie tyd het meer as 160 000 mense direk of indirek hulp ontvang met verslawing aan alkohol en ander dwelms.  Alkohol is egter steeds die grootste probleem en kan met reg ‘n wolf in skaapsklere genoem word.  Ramot bied ‘n omvattende behandelingsprogram aan met onder meer  sielkundiges, ‘n pastorale konsultant, ’n dieetkundige, ’n biokinetikus, mediese personeel en ’n kreatiwiteitsbeampte as deel van die span.  Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag.  Die kerk kan met reg trots wees op Ramot.

Verslaafdes is om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie.  Niemand wil hulle hê nie en die wêreld verwerp hulle grootliks.  Maar mag ons as Christene dieselfde doen?  Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die verslaafde.  Help ons asseblief om aan verslaafde mense ’n tweede kans te gee.  Die kans van ’n nuwe lewe in Jesus Christus.  U kan ons help deur te bid vir genade en wysheid asook deur ’n bedrae te maak om meer mense te help teen bekostigbare pryse.

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012

Diaken:

Wyk Laer-Uitsig                      –           Marius Truter

In die Nuus