Deur : Skriba  /  March 4th, 2012

BEGROTINGSTEKORT!

Die Finansiële kommissie begroot vir ‘n tekort van R164 000-00 vir die nuwe boekjaar nadat al die kommissies moes besnoei op hul werksaamhede.  Dit blyk dat ons vanjaar gaan afsluit met ‘n tekort van R80 000-00.  Ons besef dat dit ekonomies taai met almal gaan, maar as elke lidmaat ten minste R10-00 gee of net sy dankoffer met R10-00 verhoog, gaan dit beslis ‘n verskil maak en kan die gemeente soveel meer doen. (R10-00 X 1 400 lidmate X 12 maande = R168 000-00).  Baie dankie vir die lidmate wat reeds reageer het.

 

GEMEENTE-ETE

Kom vier die gemeente se 39ste verjaarsdag!  Sondag 11 Maart om 12:30.  Lekker 3 vleis ete – kaartjies is tot 5 Maart by die kerkkantoor beskikbaar @ R50-00 vir volwassenes en R20-00 vir kinders.

 

BYBELSTAP OM DIE PERDESKOEN

Ten bate van die Bybelgenootskap.  Saterdag 10 Maart om 07:30.  Inskrywings en beginpunt in Gen Hertzog Blv regoor Hugenote Laerskool.  Kom stap saam vir 3km of 5km – elke deelnemer ontvang ʼn medalje – bring die familie saam. R20 per persoon en as die hond betaal en saamstap kry hy ook ʼn medalje!!!

 

DR PIETER VAN JAARSVELD

Kenner op die gebied van emosionele intelligensie preek volgende Sondag 11 Maart.

 

BEHEERLIGGAAM VAN SKOLE

Gedurende Maart is daar weer verkiesings en ons moedig ouers aan om betrokke en verkiesbaar te wees.

 

VREUGDEDIENS

Sal almal wat 50 jaar en langer getroud is, asb vir Hetta Cloete 021 873 3158 of die kerkkantoor u naam deurgee.

 

GEBEDSSPAN

Wil u medewerker van God wees?  Kom bid dan saam om die wil van die Here en strewe saam om ʼn gebedskultuur in die gemeente te vestig.  Name aan Danie Theart 084 517 2610.

 

WILDSFEES BEPLANNINGSVERGADERING

Op 5 Maart om 19:00 in Die Sentrum.  Almal wat wil help of idees het hoe ons die Wildsfees kan bemark en benut om fondse vir die gemeente te in, word uitgenooi na die vergadering.  Jagpakkette is ook nou beskikbaar – net vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Praat met Danie Theart.

 

KERKHORLOSIE

Aangesien die koste vir die vervanging van die kerkhorlosie baie hoog is, staan dit oor tot daar voldoende fondse is.

 

SOP EN BROOD RESEPTEBOEK

Groep 6 wil graag ‘n “Sop en Brood Resepteboek”  uitgee as ‘n woekerprojek vir die basaar.  Gee of stuur asb u resep na die kerkkantoor.  Ons sal dit veral waardeer as ons resepte van groep 6 kan kry.

 

POEDINGTAFEL

Benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.

 

OU KOERANTE EN TYDSKRIFTE

Gooi gerus u ou koerante en tydskrifte in die houer oorkant die kerkkantoor.  Dit word verkoop ten bate van die Getuienisfonds.

 

ACVV WINKEL

Die ACVV winkel agter die Spar wat tweedehandse klere verkoop, het vrywilligers nodig om te help in die winkel.  Indien u bereid is om te help, kontak asb vir Susette Hugo 084 244 6380.

 

BESOEK AAN ALTA DU TOIT

Op 7 Maart besoek ons gemeente dié inrigting vir intellektuele gestremdes.  ‘n Bus vetrek om 09:00 v/a Die Sentrum en die koste is R50-00 pp.  Vir verdere navrae kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deelkan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy onskan help met die beplanning.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

ROLSTOEL

Iemand in die ouetehuis benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig.  Kom ons wend nog steeds in 2012 ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel.  Ukan dit in die spesiale houer in die kerk se voorportaal plaas of dit by die kerkkantoor inhandig.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 (sluitingsdatum 1 Maart) by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za of info@ngwellnoord.co.za

 

PORTERVILLE CHRISTUSFEES 2012

V/a 9 -11 Maart – ‘n Christusfees met topgehalte musiek en talle stalletjies.  Kunstenaars sluit in:  Elvis Blue, Heinz Winckler, Piet Smit, Neil Büchner en vele ander.  Vir meer inligting, kontak Willie 083 650 1640 of sien die volledige program op www.christusfees.co.za  Kaartjies is ook beskikbaar by Computicket.

 

BASAAR WELLINGTON MOEDER

Saterdag 17 Mrt v/a 08:00!  Vleis, groente, vrugte, ingelegde produkte, pannekoek, basaarpoeding, gebak, koekies, brood en beskuit, geriefsvoedsel, boereworsrolle, hamburgers, sosaties, geskenke, handwerk en ‘n heerlike Koffie/Tee Tuin. Kinderpret: poppekas, kettie skiet, “paintball”, cupcake versier kompetisie, kom bederf jouself by die “beauty parlour”, skopfiets resiesbaan, sandput vir die peuters, lekkernye by die dosyne, slush puppy & vele meer verrassings soos Nickerbol die Nar om jou dag vol pret te maak!  Kom kuier heerlik saam met jou kinders onder die bome en tente terwyl julle smul aan ons lekkernye.

 

DEUROFFER

Die fondse word aangewend vir gemeentelede wat in finansiële en/of kosnood verkeer.

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012

Diaken

Wyk Laer-Uitsig                      –           Marius Truter

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 4 – 10 Maart

1 Kon 11 – 14.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees. 

In die Nuus